Pa en seun jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Pa en seun jag

Post by Monrique (SJ) »

Johann (grumpy) het my gevra om die foto's vir hom te plaas.  Hy sal self n beskrywing gee van die foto's

Foto 1(Donkie)
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... C00212.jpg[/img]

Foto 2(Koedoe koei)
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... AG0126.jpg[/img]

Foto 3(Rooibok ooi)
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... AG0129.jpg[/img]

Foto 4(Pa & seun)
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... AG0131.jpg[/img]

Foto 5(Koedoe bul)
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... AG0134.jpg[/img]


Netjies my maat!!! ;)


Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Mon Jun 06, 2011 8:39 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Pa en seun jag

Post by Jaco Swart »

Daai is baie netjies.

Dit is darem maar 'n groot voorreg om saam jou seun sulke dinge in die lewe te kan meemaak.

Se sommer vir jou seun ook geluk met die Rooibok.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Pa en seun jag

Post by Jagtersdok »

Grumpy

Baie mooi. Daai koedoe bul se horings vertoon ook vit my baie mooi, nie te ver uit mekaar of te nou nie

Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
gaaf

Re: Pa en seun jag

Post by gaaf »

Baie geluk met daai rooibok!!

Watse kaliber is daai?

Ja ek stem saam Neels, die koedoe horing is mooi!

Ek moet se ek jag al van 9 jarige ouderdom saam my pa en ons jag nogsteeds saam, ons het al baie wonderlike ervarings in die bos en op die vlaktes gehad. Sal dit vir niks verruil nie.

Ek en broer en juis die ander dag bespreek hoe bevoorreg ons is om so tyd saam ons pa te kan spandeer.

Groete

Gaaf
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Pa en seun jag

Post by JPS »

Grumpy,

Dit is great, weet presies hoe jy moes gevoel het hier.
Kan ook net beaam, dit is 'n prag koedoe daai.

Groete
JP
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

SJ,

Baie dankie vir die fotos wat jy geplaas het.
No 1. Die donkie is baie mak. Die eerste aand kom kuier hy sommer waar ons kos maak en toe my seun om draai is hy agter hom. Hy het hom half pankolikag geskrik.
No 2. My Koedoe koei wat die karkas 90kg geweeg het. Ek het so +- 220m geskiet met 30-06 en 180gr PMP. Sy het so 30m gehardloop en toe af gegaan. Blad skoot.
No 3. My seun se Rooibok ooi op so 90m en het net daar geval. 165gr self gelaai. Het n rib geskiet en bo by die rug uit gekom.
No 4.Die Koedoe bul het my vriend geskiet met n 375. Hy het n Koedoe koei gekwes met sy 30-06. Ek vermoed dit was baie hoog. Ons kon nie bloed kry nie maar hy het steeds betaal vir die koei wat nou nog hardloop iewers.

My geweer is n 30-06. Thumbstok spesiaal laat maak vir my so +- 10 jaar terug deur Jadri. Scope is n Lynx 3-9x42, knaldemper is n Thor wat ek by Wouter oor gevat het, patroon op die Koedoe koei was 180gr PMP en op die Rooibok was 165gr self gelaaide patroon.
gaaf

Re: Pa en seun jag

Post by gaaf »

grumpy wrote: patroon op die Koedoe koei was 180gr PMP en op die Rooibok was 165gr self gelaaide patroon.
grumpy

Baie nice geweer,  ek moet nou dan die vraag vra, as julle die patrone ruil 180gr en 165gr skiet jy die geweer eers weer in of maak dit nie 'n verskil in jou skoot nie?

Groete

Gawie
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Gaaf,

ek het die geweer weer gaan in skiet maar hy het reg geval so ek het niks gestel nie. Ek het die geweer destamp op pad om my Koedoe op te tel want die man het in n vlakvark gat in gery. Ek het my skouer en elmboog seer gemaak en my loop gestamp en wou gaan inskiet net om seker te maak alles was ok.
gaaf

Re: Pa en seun jag

Post by gaaf »

Dankie, ek het self ook 'n 30-06 en het al die toet gedoen met 180gr en 150gr PMP's. en dit het so 2" geval.

Bly die geweer het saam gewerk met daai kudu!
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Pa en seun jag

Post by Rooies »

Grumpy

Ek sien jy het van daai Buffalo River Camo aan, waar het jy dit gekoop en weet iemand waar ek van dit in die hande kan kry.
Mooi kolf op daai roer van jou.

Dankie
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Pa en seun jag

Post by Monrique (SJ) »

Nog foto's  van Johann

Foto 6

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... C00234.jpg[/img]

Foto 7

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... C00244.jpg[/img]


Groetnis
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Die laaste foto is van my vriend, Hendrik1. Sy bok het baie skuins gestaan en die skoot het die bok net daar laat le.

Baie geluk Hendrik. Ons sal nog vele jagte saam maak as die Here ons dit toelaat.
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Rooies,

Dis nie buffalo river camo nie, dis Ridgeline. Koop hier in Benoni.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Pa en seun jag

Post by Gerhard »

Baie nice,

Baie geluk met die bokke en geniet daai biltong
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Nou net weer klaar gemaak met droe wors hang en die biltong gespice. More aand word die Koedoe biltong gehang! Jou eie biltong is darem maar lekkerder as gekoopte biltong.

Die plesier en die werk maak dit alles die moeite werd.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Pa en seun jag

Post by Monrique (SJ) »

Lekker my maat, geniet dit

Groetnis
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

SJ,

Ek wil jou weer bedank vir die fotos. Ek het my seun gewys en hy was baie trots. Hy het my gevra of ek hom sal toelaat om weer n bok te skiet. Die antwoord, NATUURLIK OU SEUN! Ek is trots op hom en alles wat hy deur is wil ek hom net die beste gee wat ek kan.

Ek wil kyk as finansies dit toelaat dan wil ek hom weer vat om te gaan jag. Ek sal dit dan hou vir n verrassing vir hom. Hy wil graag n Blesbok skiet en ek sal seker maak ek gaan sy droom bewaarheid.

Groete
Johann
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Pa en seun jag

Post by Monrique (SJ) »

Dis n groot plesier my maat, doen dit graag.  Se vir jou seun baie geluk.  Oor n paar jaar van nou het daar al mooi goed voor hom en die 30-06 geval!!

Groetnis
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Ek kyk nou rond om vir hom n 308 te kry. Ek sal nie nog n lisensie kry vir 30-06 nie so die 308 sal die volgende opsie wees.
gaaf

Re: Pa en seun jag

Post by gaaf »

Dis darem maar lekker as dai billies so hang! Laat weet as daai oudjies droog is, sal 'n paar stukkies kom haal. :)
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Pa en seun jag

Post by PITSMIT »

grumpy

geluk aan julle altwee met julle ervaring.  ek kry n knop in my keel as ek al hierdie eerste ervarings op die forum raakloop en dit lees.

dis ook prysenswaardig om te lees hoeveel moeite jy sal doen om vir hom jag ervarings geleenthede te kan reel. pa duisend

oor daai ander kaliber wat jy wil kry,  oorweeg maar gerus n .270win  jy het mos klaar n .30 kaliber.  n .270 is is n puik kaliber vir julle teiken wild wat julle wil jag en dis seker die beste allrounder vir middelslag wild.  skiet self met een en my seun van 10 geniet hom net so.  het ook n 308 en tussen hulle twee skiet ons alles

sterkte met jul jagte vorentoe 

pitsmit
uitenhage
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Gaaf, het nog biltong gehang gister aand. Die wors wat ek gehang het is amper droog. Nog so dag dan is dit reg.

Pitsmit, alles wat die seun van my deur is dink ek hy verdien dit. As ek moet vertel wat hy deur is dan het ek nie geld vir al die tissues wat ek moet koop nie. Hy het Dwayen sindroom. Dit is die verlamming van die oog spier. Met sy regter oog kan hy op, af en links kyk maar die oog kan glad nie regs beweeg nie. Sy linker oog is 100%. Hy laat hom nie daardeur af sit nie. Hy het saam met my pro paintball gespeel  en in een jaar kon niemand ons wen nie. Hy skiet meer akuraat as wat die ouens met geen gebrek kon skiet nie. As die ander spanne teen ons gespeel het was daar net vloek woorde want hulle het geweet wat kom!

Met my skei van sy ma het hy deur baie dinge gegaan. Goed soos sy wou hom nie he met geboorte en al sulke dinge en wat sy aan my gedoen het.

Maar, ons is daardeur en sterker en beter mense. Ek is weer getroud met n wonderlike vrou wat baie goed is vir ons.

Ek wil nou kyk of ek iewers iets kan doen om hom en my stiefseun te vat om weer n bok te skiet voor die seisoen klaar is as God my spaar en gesondheid gee..

Groete en lekker jag.

Jag veilig manne.

Johann
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Pa en seun jag

Post by PITSMIT »

johan

ek moes nou sluk aan n knop in my keel. jy is n besondere mens en jou twee seuns is bevoorreg om jou as pa te he.

jy sal beloon word eendag vir die goedheid in jou.  ek wed alles wat ek het daai twee van jou en jy gaan nog groot goeters deel in die veld.

genit julle jagte saam en se vir hulle die forum het n se ding van "MAAK MOOI"  en "GOOI REGUIT"

maak mooi julle drie

jackie
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Dankie Jackie,

Jong, jy bring sommer trane in my oe. Ek probeer alles doen wat ek kan want ek het nooit so vooreg gehad nie. Ek het by my groot ouers groot geword en hulle was maar arm gewees en daar was nie geld nie. Ky eerste kennis met n geweer was in die weermag. Ons het net gebond. Dit was seker maar n ou gelukkie. Ek was n skerp skutter en was met 32 bat vir die res van my 2 jaar. Dit is waar my liefde vir wapens gekom het.

Wat ek nie gehad het nie wil ek nou vir my eie seun doen en ook vir my vrou se seun. Ek probeer om alles met my seuns te doen wat ek kan. Finansies laat dit nie altyd toe nie maar ek maak seker ek doen dit op n later stadium met hylle. Ek wil he hulle moet dit ook eendag met hulle kinders doen en hulle vertel hoe ek dit met hulle gedoen het.

Ek probeer elke dag leef asof dit my laaste dag is. Ek sal laat niks my onder kry nie want ek moes teveel baklei in die lewe vir wat ek wou he.

Ek het n se ding: IF GOD IS FOR ME WHO CAN BE AGAINST ME!!!

Lekker dag vir al die manne en die mooi se goed. Ek wardeer dit opreg. Die manne hier is nou my familie.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Pa en seun jag

Post by spekieries »

Dag ou Grumpy

Ek het 'n tweeling, seuntjie en dogtertjie. Boeta het ook dwayne sindroom. Dra al dik brilletjie van hy 2 jaar oud is. Gelukkig het die mannetjie redelik selfvertroue. Dit hou hom ook nie terug nie. Hy skiet redelik goed met die .22 en die Hornet. Hy is nou 8 en ek voel die tyd is nog nie heeltemal ryp vir die eertse bok nie. As hy 'n volle dag saam met my in die veld kan stap is sy geleentheid daar.

Ek het o? geknip oor jou en jou seun. Ek knip o? oor my ou Seun. Ek hoop ek kan in hierdie land die geleentheid wat jy en jou seun gehad het h?.
Voor ek nou te sentimenteel raak. 
Lekker saam jag!   
Post Reply