Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Het iemand dalk n goeie motivering wat ek kan copy?
Moet dringend n hernuwingaansoek ingooi. Soos in vanmiddag/more ogend.
Sal baie waardeer.
Email is petrie@greyghostgear.co.za
Moet dringend n hernuwingaansoek ingooi. Soos in vanmiddag/more ogend.
Sal baie waardeer.
Email is petrie@greyghostgear.co.za
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Is dit nodig om n motiveering in te gee vir n hernuwing>
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Volgens die checklist wat ek by Saps gekry het, ja.Hugo wrote:Is dit nodig om n motiveering in te gee vir n hernuwing>
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Ek moet sê dis flippen belaglik. Wat sou aan die vorige motivering verander. Dis tog 'n wapen vir selfverdediging.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Ja nee kyk. Dit maak n man maar grommerig.Jean Marais wrote:Ek moet sê dis flippen belaglik. Wat sou aan die vorige motivering verander. Dis tog 'n wapen vir selfverdediging.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Ag dammit, so as iemand n 38Spl of enige SD motiveering vir Petrie stuur, copy my ook asb.
hugof99@gmail.com
hugof99@gmail.com
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
GreyGhostGear wrote:Het iemand dalk n goeie motivering wat ek kan copy?
Moet dringend n hernuwingaansoek ingooi. Soos in vanmiddag/more ogend.
Sal baie waardeer.
Email is petrie@greyghostgear.co.za
ek sal vir kobus aanbeveel, maar ek dink hy word nou oorval met werk!
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Ja nee verseker, maar ek het gou n kitsoplossing nodig, anders sou ek hom verseker gebruik het.alecjohnson wrote:GreyGhostGear wrote:Het iemand dalk n goeie motivering wat ek kan copy?
Moet dringend n hernuwingaansoek ingooi. Soos in vanmiddag/more ogend.
Sal baie waardeer.
Email is petrie@greyghostgear.co.za
ek sal vir kobus aanbeveel, maar ek dink hy word nou oorval met werk!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Hier is my motivering wat ek destyds gebruik het. Ek gaan hom weer netso gebruik. Alle redes nog presies dieselfde. Hoop dit kan jou idees gee.
Ek woon in ‘n huis te "waarookal". My huis is redelik goed beskerm met ‘n alarmstelsel, en diefwering voor alle vensters wat kan oopmaak. Ek het ook 3 honde wat los op die perseel rondloop as verdere beskerming, en ook om as vroeë waarskuwing te dien. Oorkant my huis is ‘n groot op stuk veld met hoë gras en bosse. Ek gaan reeds vroeg werk toe soggens, en kom gereeld laat terug in die aand. Misdaadstatistiek in ons omgewing spreek vanself. Ek het my handwapen nodig om my en my gesin teen misdaad te beskerm in situasies waar ons lewens bedreig word. Ek sal slegs my handwapen gebruik in situasies wat dit regverdig, en as laaste uiterste uitweg.
Verder is ek ook ‘n persoon wat gereeld gaan jag en visvang, en neem ek my handwapen saam op die geleenthede, om my in die jagveld te help beskerm teen ongediertes soos slange, waar dit nie moontlik is om my jaggeweer te gebruik nie. Misdaadstatistieke langs die hengelwaters spreek vanself, en is daar gereelde berigte in die koerante van hengelaars wat langs die viswaters aangeval en beroof/vermoor word. Alhoewel ek meeste van die tyd in groepe gaan hengel, wil ek in situasies waar ek en my medehengelaars se lewens bedreig word, in staat wees om myself en die ander te kan verdedig. Die gebruik van my handwapen sal slegs in uiterste omstandighede aangewend word.
U word vriendelik versoek om in die lig van bogenoemde, my aansoek goed te keur.
Ek woon in ‘n huis te "waarookal". My huis is redelik goed beskerm met ‘n alarmstelsel, en diefwering voor alle vensters wat kan oopmaak. Ek het ook 3 honde wat los op die perseel rondloop as verdere beskerming, en ook om as vroeë waarskuwing te dien. Oorkant my huis is ‘n groot op stuk veld met hoë gras en bosse. Ek gaan reeds vroeg werk toe soggens, en kom gereeld laat terug in die aand. Misdaadstatistiek in ons omgewing spreek vanself. Ek het my handwapen nodig om my en my gesin teen misdaad te beskerm in situasies waar ons lewens bedreig word. Ek sal slegs my handwapen gebruik in situasies wat dit regverdig, en as laaste uiterste uitweg.
Verder is ek ook ‘n persoon wat gereeld gaan jag en visvang, en neem ek my handwapen saam op die geleenthede, om my in die jagveld te help beskerm teen ongediertes soos slange, waar dit nie moontlik is om my jaggeweer te gebruik nie. Misdaadstatistieke langs die hengelwaters spreek vanself, en is daar gereelde berigte in die koerante van hengelaars wat langs die viswaters aangeval en beroof/vermoor word. Alhoewel ek meeste van die tyd in groepe gaan hengel, wil ek in situasies waar ek en my medehengelaars se lewens bedreig word, in staat wees om myself en die ander te kan verdedig. Die gebruik van my handwapen sal slegs in uiterste omstandighede aangewend word.
U word vriendelik versoek om in die lig van bogenoemde, my aansoek goed te keur.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Dankie Jean.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Al wat ek dan sommer by bg motivering byvoeg, is fisiese koerant uittreksels van misdaad in my omgewing, en ook in die beoefening van my hengelsport. Google is your friend met dit, en dit werk soos 'n bom.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
1. Julle kan ook noem van voorvalle in en om julle area wat onlang plaas gevind het.
2. Ek het genoem hoe ver ek van die polisie stasie af bly en dat dit 5min sal vat as hulle dadelik in hulle karre spring en na my toe jaag - te lank.
3. As jy gereeld in slegte areas moet werk of deurry sit dit op
4. As jy eie besigheid het se dat indien die alarm afgaan snags jy gebel word deur die sekuriteit om uit te gaan om te gaan kyk en nie ongewapen wil uitgaan nie.
2. Ek het genoem hoe ver ek van die polisie stasie af bly en dat dit 5min sal vat as hulle dadelik in hulle karre spring en na my toe jaag - te lank.
3. As jy gereeld in slegte areas moet werk of deurry sit dit op
4. As jy eie besigheid het se dat indien die alarm afgaan snags jy gebel word deur die sekuriteit om uit te gaan om te gaan kyk en nie ongewapen wil uitgaan nie.
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Dankie manne.
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Google__ geweld inbrake hi jackings en diefstal in jou area of dorp dan gebruik jy dit
Gert
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Hieruit kan julle/ons sommer 'n bul van 'n motivering bou. Ek dink steeds dis belaglik maar nouja...
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
DawieKotze (madako) wrote:Gebruik SAPS se statistieke hier.....
http://www.saps.gov.za/resource_centre/ ... _stats.php
Great, baie dankie!
- Henry
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Ekke wonder nog steeds hoe SAPS dink dat statistiek jou kan help om 'n SD wapen te motiveer. Wat dan as jy op 'n baie stil dorp bly waar niks aangaan nie. Dit beteken nie dat daar daai een geval gaan wees in die toekoms waar iemand jou wil beroof en sommer wil termineer nie. Dit nodig net een keer om jou lewe te neem. Dis alles net oëverblindery.
My vrou se een tannie is so op Niewoudtville vermoor, saam met ander mense.
BTW, die NSA webtuiste het templates vir motiverings dink ek.
My vrou se een tannie is so op Niewoudtville vermoor, saam met ander mense.
BTW, die NSA webtuiste het templates vir motiverings dink ek.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Gebruik dieselfde motivering wat jy laaskeer gebruik het (nuwe aansoek of vorige hernuwing). Las net onlangse koerantknipsels met berigte oor geweldsmisdaad in jou omgewing by.
Ek hoop jy't 'n afskrif van jou vorige motivering gehou?
Ek hoop jy't 'n afskrif van jou vorige motivering gehou?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Motivering vir 9mm Hernuwing? SD
Ek stem dit is 'n fantastiese idee. As daaiAlwin Fleischmann wrote:Gebruik dieselfde motivering wat jy laaskeer gebruik het (nuwe aansoek of vorige hernuwing). Las net onlangse koerantknipsels met berigte oor geweldsmisdaad in jou omgewing by.
Ek hoop jy't 'n afskrif van jou vorige motivering gehou?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution