Nog 'n paar Kalahari-varke

Post Reply
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by Ben Remington »

Morning aan almal...

Verlede week Donderdag- aand kom Myburgh by my en vra pa wanneer gaan ons weer 'n slag Kalahari se kant toe...ek sê vir hom ons was dan 2 weke gelede daar...ek vra hom toe wat hy daar wil gaan maak en hy sê vir my hy is lus om die Remington weer in sy skouer te sit en om by 'n lekker kameelhout vuur te sit en die jakkalse te luister....toe bel ek maar 'n vriend en hy sê ons is welkom soos altyd. Die varke was aktief van so 05h00 af in die veld soggens en het eers so van 18h00 begin water toe kom. Die eerste aand so 19h00 het 'n lekker opgeskote beer so op 120m skerp skuins weg van my gestaan en met paar minute se son oor het ek die skoot maar geskiet en ek kon aan die klap hoor die skoot was nie wat ek verwag het nie en die beer is met 'n stofstreep oor die duin...dis toe wat Myburgh my aankap en vir my sê pa is dan altyd die man wat sê 'n mens skiet nie meer die tyd van die aand nie en nou maak pa dat ons gevaarlik moet gaan spoor sny...ek het net daar in die afgekoelde Kalaharisand gaan sit en uitgebars van die lag met hom reeds oppad na waar die vark weggespring het. Ek was baie trots toe hy die eerste bloed kry en ek het hom laat voor stap op die spoor en ek kon sien na so 60m op die spoor het die vark die bosse begin stamp en so 50m verder het hy gelê met die skoot deur die lewer. Terwyl ons daar staan het hy vir my gesê pa het eintlik soos pa se gat geskiet ;D ;D ...hy het dit maar tevore al by my gehoor , toe vat ek hom om sy skouertjies en besef die onskuld van 'n kind en ek sê vir hom dis nou tyd vir daardie lekker vuur waarvan hy gepraat het. Of die Kalahari nou droog is en of die gras in die saad staan , dit sal altyd vir my die mees besonderse streek in ons land bly.
Hier is so paar fotos....die afstande het gewissel van so 60m tot 190m.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151115_071103_resized_zps4g6hnch7.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151115_071842_resized_zpstgegsjk6.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_192031_LLS_resized_zps0esymwmj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_185403_resized_zpscw8v8mrh.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_160236_resized_zpsw3bgdkqo.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151113_203513_resized_zpsgi8egdzq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151113_184821_resized_zpssiatwq3o.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151113_190556_resized_zpsrcbxjbnw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151115_073236_resized_zpspe2ic6fx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_093418_resized_zpsdah7acbx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_171247_resized_zpsasz1jozf.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_171520_resized_zpsjf7vkpl4.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151113_191707_resized_zpsaqvavyiu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151113_192828_resized_zps4iocweae.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151113_182659_resized_zpsp8iwigay.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_154352_resized_zpsswxetu5s.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_064925_resized_zpsjvmreax4.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151114_194420_resized_zpsngv7k39n.jpg
User avatar
dsmerrills
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by dsmerrills »

I always enjoy your write ups, congrats!
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by Chevvy SS »

Priceless!
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by Suikermuis »

Dankie vir die deel, altyd lekker om van jul pa-en-seun jagte te lees!
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by Ben Remington »

Dis 'n plesier...nou hoor ek vanoggend by een van my pelle Myburgh is klaar weer 'n ding aan die reel :o :o ;D
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by VdWalt »

HAHA Die vark koors het daai man met 'n spoed gevat. Ek dink hy kom net deur die
skool dag as as hy aan die volgende jag trippie kan dink!!!
Last edited by VdWalt on Mon Nov 16, 2015 9:16 am, edited 1 time in total.
User avatar
dsmerrills
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by dsmerrills »

Ben Remington wrote:Dis 'n plesier...nou hoor ek vanoggend by een van my pelle Myburgh is klaar weer 'n ding aan die reel :o :o ;D
Hahahaha very cool!
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2115
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by vossie1 »

Geluk man,daai man van jou gaan wonderlikke herhineringe van jou he,soos elke seun van sy pa moet he.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by Ben Remington »

VdWALT ...

Lyk my Myburgh dink punte en kruit is gratis bekombaar by die geweer winkel....iewers sal ek hom moet begin briek, maar ai man ek geniet dit net soveel soos hy...ek sal maar nog toegee waar ek kan... ;D

Groetnis
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by Ben Remington »

vossie1...

Ek is baie bevoorreg om dit saam met hom kan te doen...toe ons om die vuur sit toe sê hy vir my dis darem lekker rustig sonder die vroumense so om ons.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2115
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by vossie1 »

;D ;D Ja ons manne is net anders gebou,ons luister as die kampvuur praat!!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by ruaanb »

Wat 'n voorreg Ben om dit so met jou seun te kan deel. Luister nou maar na hom hy weet wat hy van praat LOL
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by Ben Remington »

ruaanb die ergste is net iewers hoor hy die goed...ek wonder net by wie...klink dan ek hoor myself hier ;D ;D
User avatar
OU VOORSLAG
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am

Re: Nog 'n paar Kalahari-varke

Post by OU VOORSLAG »

Klink my daai mannetjie het n liefde vir vark skiet. En een ding is verseker daai gedeelte van die land her vir my n rustigheid soos geen ander nie. Baie dankie vir die deel. Dis amper asof mens dir saam met julle geniet met al die mooi fotos.
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
Post Reply