Verbod op geteelde leeu jag

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Verbod op geteelde leeu jag

Post by Wouter Roets »

More Manne

Ek het n voeltjie hoor fluit dat PHASA ook nou posisie ingeneem het teen die jag van leeus wat geteel is vir die jagbedryf. Verder klink dit my Fish and Wildlife het ook n onmiddelike verbod geplaas op invoere van leeutrofees na die VSA. Ek kon dit nog nie bevestig nie so plaas dit hier indien iemand ook iets gehoor het of weet.

Groetnis
Wouter
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Giepie »

Ek het niks daaroor gehoor en wil ook nie dinge vooruit loop nie maar.....

Seker 90% van die wild in die RSA word geteel vir jag.
Beeste, skape, bokke, hoenders, volstruise, forrelle, word geteel om geslag te word. Wat is die verskil?

Ek stel nie daarin belang om 'n geteelde, geblikte leeu te skiet nie. Dit is nie vir my jag nie. Maar my vooroordeel en emosie kan mos nie die logika van ekonomie, vraag en aanbod, vir ander uitskakel nie.

As emosie opgaan, gaan die verstand af.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by henried »

"PHASA DISTANCES ITSELF FROM CAPTIVE-BRED LION HUNTING
Polokwane, 19 November 2015 – At the 38th annual general meeting of the Professional Hunters’ Association of South Africa (PHASA) held in Polokwane yesterday, the majority of PHASA members present voted to distance the association from captive-bred lion hunting until such time as the South African Predators’ Association (SAPA) could prove the conservation value of this practice to both PHASA and the International Union for the Conservation of Nature (IUCN)."

As ek reg onthou was die stemme iets soos 147 teen vs 104 vir....nie dood seker nie.

http://www.wideopenspaces.com/breaking- ... n-hunting/
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Capt. Yoda »

Het op die radio gehoor vanogend.Die huggers het almal n wetdream gehad gister
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Dankie Heried

Ai manne hierdie is vir my bitter kortsigtig. Ek verstaan eerlikwaar nie mense se redenasie oor die voortbestaan van n spesie nie. Wat is beter, 10 000 leeus(9000 wat in teel programme is) of 1000 wilde en dieretuin leeus? Die bottom line is dat die bedryf veroorsaak dat daar meer leeus is, sommer aansienlik, so hoe is dit nie ten voordeel van die spesie nie? Hierdie is die absolute beginsel van enige ding in die lewe, as daar nie n mark/vraag of afset gebied is nie, is daar nie n rede vir die produk nie.

Met leeus wat n duur en moeilike dier is om te teel gaan daar mos nou wragtig geen of weinig motivering wees om hulle aan te hou nie. Wie wen nou hierdeur? Soos almal se wat is die verskil tussen hom en enige ander dier wat geteel word? Eenvoudig, dis net die metode van teel wat verskil. Die probleem is almal wil nou op n high horse klim insluitende jagters agv hierdie verskil.

As mense spesifiek die jag van die dier wil aanvat het ek ook nuus vir hulle. Dit is by verre die mees gereguleerde jag in ons land op die stadium. Die meeste mense dink nog steeds die dier word in n 100 hektaar kamp gejag wat geensins die geval is nie. Weereens gaan onkunde hierdie geveg wen. En wat erger is is dat hierdie hele storie net weer die anti jagter se saak versterk. So ek se geluk aan Phasa sowel as die jagters wat hierdie besluit ondersteun. Julle dink julle het iets vermag soder dat jy eers n vae benul het wat jy nou eintlik reg gekry het.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Dankie Heried

Die probleem is almal wil nou op n high horse klim insluitende jagters agv hierdie verskil.

Groetnis
Wouter

Wouter dit is mos maar die SA manier. As daar 11.1.11 is gooi jou maats onder die bus en hoop maar jy word oor gesien
Dit is soos jy se as jy met iemand praat oor Leeu jag wat nie weet waar van hulle praat nie hoor jy maar die Leeu word dan die ogend in n kamp af gelaai en later di edag ry die jagter in en skiet hom gou so wat is eintlik die doel van die jag behalwe om die jagter goed te laat voel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Smirre »

Nou wat stel hulle voor moet met die leeus gebeur wat in die teelprogramme is?

Om leeus te voer is nie goedkoop nie , en as dit nie ekonomies is nie , wat gaan die boere met die leeus maak?

Dis UITERS kortsigtig.

ANdre
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by PWV »

Wouter Roets
Wat is beter, 10 000 leeus(9000 wat in teel programme is) of 1000 wilde en dieretuin leeus? Die bottom line is dat die bedryf veroorsaak dat daar meer leeus is, sommer aansienlik, so hoe is dit nie ten voordeel van die spesie nie? Hierdie is die absolute beginsel van enige ding in die lewe, as daar nie n mark/vraag of afset gebied is nie, is daar nie n rede vir die produk nie.
As die 10 000 leeus wat geteel word, ook aangewend word om die wilde leeus se getalle aan te vul en die genepoel te vergroot, het dit bestaansreg met betrekking tot die voortbestaan van die spesie in sy natuurlike staat. Ek weet nie hoe dit tot voordeel van die voortbestaan van die spesie strek nie, want soos dit nou gaan, wil dit voorkom asof die 10 000 en die 1 000 ast'ware "apparte spesies" is.

Giepie
Seker 90% van die wild in die RSA word geteel vir jag.
Beeste, skape, bokke, hoenders, volstruise, forrelle, word geteel om geslag te word. Wat is die verskil?

Hiermee kan ek saamleef.

Groetnis
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by kopskoot »

"As die 10 000 leeus wat geteel word, ook aangewend word om die wilde leeus se getalle aan te vul en die genepoel te vergroot, het dit bestaansreg met betrekking tot die voortbestaan van die spesie in sy natuurlike staat. Ek weet nie hoe dit tot voordeel van die voortbestaan van die spesie strek nie, want soos dit nou gaan, wil dit voorkom asof die 10 000 en die 1 000 ast'ware "apparte spesies" is. "

Oom PW

Dit is inderdaad so, dat die twee as "verskillende spesies" ( as mens dit so wil noem) gesien word, en dat die een nie die ander kan aanvul nie. Die verskil kom egter daarby, dat die jag van geteelde leeus, die druk afhaal, van van die' wat nog in die natuur voorkom. Dit, omdat elke jagter wat graag 'n leeu wil skiet, 'n geleentheid kan kry, sonder om al die leeus in die Selous,Caprivi,Damaraland ens ens te gaan uitwis

Groete
Ronald
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Geno »

kopskoot wrote:Die verskil kom egter daarby, dat die jag van geteelde leeus, die druk afhaal, van van die' wat nog in die natuur voorkom. Dit, omdat elke jagter wat graag 'n leeu wil skiet, 'n geleentheid kan kry, sonder om al die leeus in die Selous,Caprivi,Damaraland ens ens te gaan uitwis
Net so!
Goed, beter, 6millimeter!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by PWV »

kopskoot wrote:"As die 10 000 leeus wat geteel word, ook aangewend word om die wilde leeus se getalle aan te vul en die genepoel te vergroot, het dit bestaansreg met betrekking tot die voortbestaan van die spesie in sy natuurlike staat. Ek weet nie hoe dit tot voordeel van die voortbestaan van die spesie strek nie, want soos dit nou gaan, wil dit voorkom asof die 10 000 en die 1 000 ast'ware "apparte spesies" is. "

Oom PW

Dit is inderdaad so, dat die twee as "verskillende spesies" ( as mens dit so wil noem) gesien word, en dat die een nie die ander kan aanvul nie. Die verskil kom egter daarby, dat die jag van geteelde leeus, die druk afhaal, van van die' wat nog in die natuur voorkom. Dit, omdat elke jagter wat graag 'n leeu wil skiet, 'n geleentheid kan kry, sonder om al die leeus in die Selous,Caprivi,Damaraland ens ens te gaan uitwis

Groete
Ronald
Ronald
As dit die reël is en gebeur, koop ek jou verduideliking.
Groetnis
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Oom Pieter

Ons moet regtig versigtig wees dat die defeniesie van n dier en sy omstandighede die oorhand hier kry. Logika se vir my dat 10 000 diere n groter voordeel vir daai spesie is as 1000 diere. Of die dier in n teelhok is of op vrye voet is moet nie die skeidslyn of bepaling vorm nie. Dit bly n leeu en klaar. Die een senario het 10 000 diere en die ander het 1000. Dit is so simple soos dit. Nou watter een is die meer voordelige een vir die voorbestaan en gesondheid vir die spesie? Ons moet nie vir oomblik vergeet in hoeveel moeilikheid die "wilde leeu" populasie is met veral siektes soos TB nie. Is dit beter of slegter om dan n groot getal leeus te he wat eksklusief daar is vir die jagbedryf sou jy nodig het om hierdie populasies te moet aanvul?

n Rukkie terug en in n mate nou nog was die meeste roans en sables ook maar in teelkampe. Die wat daar te jag was het juis van die projekte gekom. Was daar n bohaai oor die diere? Wat het daai teelprogramme vir die spesie gedoen? Het dit nie die voortbestaan van hulle bevoordeel nie? Hoe is die leeu teelprogramme anders?

Ons moet bietjie begin ons koppe om hierdie hele bedryf kry. Al die diere op ons plaas is teeldiere en word vir een ding en een ding alleen geteel/aangehou en dit is die jag van daai dier. Ja die omstandighede is so bietjie anders, maar dit kom op presies dieselfde neer as leeus wat geteel word vir die eksklusiewe doel om gejag te word. Dit is net hulle normle optrede wat n mens noodsaak om hulle op n ander manier te teel en aan te hou. Dit is tog sekerlik by die meeste mense te verstane dat dit so moet wees. Dit is net n praktiese oorweging en noodsaaklikheid wat dit noodsaak. Hoekom haak almal nou daarop vas? Hoekom speel emosie weereens so n groot rol in die saak? Hoekom kan praktiese en logiese denke nie hier seevier nie?

Groetnis
Wouter
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by kopskoot »

Geno wrote:
kopskoot wrote:Die verskil kom egter daarby, dat die jag van geteelde leeus, die druk afhaal, van van die' wat nog in die natuur voorkom. Dit, omdat elke jagter wat graag 'n leeu wil skiet, 'n geleentheid kan kry, sonder om al die leeus in die Selous,Caprivi,Damaraland ens ens te gaan uitwis
Net so!

Ek moet ook net byse, dat die totale druk op die spesie, nie noodwendig net van jagters afkom nie, maar ook van poachers (vir die Chinese mark), komersiele wildboere en ook bestaansboere en gemeenskappe wat daagliks in konflik met die spesie saamleef!

Verder glo ek, dat leeus, net soos renosters uitgemoor sal sal word,totdat hulle basies uitgesterf is, indien daar geen komersiele waarde aan hulle geheg word nie. Niemand gaan bereid wees om hulle op te pas nie, niemand gaan hulle wil voer nie en dan gaan niemand hulle meer aanhou nie. Elke Chinees wat dan leeu poot wil snuif,sal dit dan van n poacher langs die Selous moet koop. Die prys gaan dus die hoogte inskiet, en dan is die koeel deur die kerk, wamt dan is geen honger Afrikaan, meer bang om om leeu te jag nie.

My siening :(
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Marc »

Geno wrote:
kopskoot wrote:Die verskil kom egter daarby, dat die jag van geteelde leeus, die druk afhaal, van van die' wat nog in die natuur voorkom. Dit, omdat elke jagter wat graag 'n leeu wil skiet, 'n geleentheid kan kry, sonder om al die leeus in die Selous,Caprivi,Damaraland ens ens te gaan uitwis
Net so!
Sit my stem ook hier, coach potatoes maak my naar
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Manne

Kan iemand hier vir my se wat die verskil is tussen n geteelde leeu en n wilde een? Moet nou nie se die een het TB en die ander een nie! ;D Hierdie is n kunsmatige ding wat geskep is as teenfoeter vir die ant-jag brigade en om te keer dat Fish and Wildlife nie n verbod sit op die invoer van leeu trofees in die VSA. Wel dit het toe nou nie gewerk nie.

Groetnis
Wouter
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Smirre »

Lees nou op Netwerk 24 daar n boer wat 38 leeus onwettig gejag het

Sulke mense doen ook maar skade

ANdre
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by PWV »

Die feit dat daar 9 000 leeus in teelprogramme is, moenie as rede aangevoer word om die verbod op geteelde leeujag te verhoed nie.
Ronald se rede wat hy hiervoor aanvoer, is omtrent al rede wat water hou.
Daardie 10 000 leeus wat op leeuplase voorkom, kan nie gesien word as 'n "bewaringsprojek vir die nageslag nie". Hierdie leeus word nooit deur die algemene publiek gesien nie. Ek was al op verskeie sulke plase - is toegelaat waar net 'n paar uitgeleses toegelaat word. Die leeus is 'n hokke of klein kampies waar hulle gevoer word. Hulle sal nooit in die natuur kan aanpas nie.
Ja, dit sou baie mooi en eties wees as daar telers is wat leeus se voortbestaan wil bewerk deur hulle so te teel dat hulle wel in die natuur kan oorleef - dit kan gedoen word en is al gedoen. Maar helaas, daar is geen geldlike voordeel uit te kry nie.
Die een senario het 10 000 diere en die ander het 1000. Dit is so simple soos dit. Nou watter een is die meer voordelige een vir die voorbestaan en gesondheid vir die spesie?

Niemand anders trek voordeel uit die 10 000 nie; net die leeuboer. Dit is net voordelig vir die voorbestaan van die spesie, vir die leeuboer. Dit is so simpel as dit.

Gebruik ander redes om die verbod op geteelde leeujag te verhoed - nie die meer leeus en gevolglike "behoud van die spesie", as gevolg van die teelprogramme nie.

LW. Ek is nie gekant teen die jag van geteelde leeus nie. Hulle word vir die spesifieke doel geteel. Soos Ronald sê, skape word geteel om geslag te word. Dit is die primêre doel van teelprogramme. Om geld te maak uit die jag en nie om die spesie te bewaar nie!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by kopskoot »

PWV wrote:Die feit dat daar 9 000 leeus in teelprogramme is, moenie as rede aangevoer word om die verbod op geteelde leeujag te verhoed nie.
Ronald se rede wat hy hiervoor aanvoer, is omtrent al rede wat water hou.
Daardie 10 000 leeus wat op leeuplase voorkom, kan nie gesien word as 'n "bewaringsprojek vir die nageslag nie". Hierdie leeus word nooit deur die algemene publiek gesien nie. Ek was al op verskeie sulke plase - is toegelaat waar net 'n paar uitgeleses toegelaat word. Die leeus is 'n hokke of klein kampies waar hulle gevoer word. Hulle sal nooit in die natuur kan aanpas nie.
Ja, dit sou baie mooi en eties wees as daar telers is wat leeus se voortbestaan wil bewerk deur hulle so te teel dat hulle wel in die natuur kan oorleef - dit kan gedoen word en is al gedoen. Maar helaas, daar is geen geldlike voordeel uit te kry nie.
Die een senario het 10 000 diere en die ander het 1000. Dit is so simple soos dit. Nou watter een is die meer voordelige een vir die voorbestaan en gesondheid vir die spesie?

Niemand anders trek voordeel uit die 10 000 nie; net die leeuboer. Dit is net voordelig vir die voorbestaan van die spesie, vir die leeuboer. Dit is so simpel as dit.

Gebruik ander redes om die verbod op geteelde leeujag te verhoed - nie die meer leeus en gevolglike "behoud van die spesie", as gevolg van die teelprogramme nie.

LW. Ek is nie gekant teen die jag van geteelde leeus nie. Hulle word vir die spesifieke doel geteel. Soos Ronald sê, skape word geteel om geslag te word. Dit is die primêre doel van teelprogramme. Om geld te maak uit die jag en nie om die spesie te bewaar nie!
Oom PW

Jy weerspreek jouself dan nou.

As die leeus nie geteel word vir jag nie, gaan die leeus in die natuur uitgewis word. Daarom is die teel van leeus (vir jagdoeleindes) mos 'n poging om die spesie in die natuur te bewaar?
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Eugene »

Wouter Roets wrote:Manne

Kan iemand hier vir my se wat die verskil is tussen n geteelde leeu en n wilde een? Moet nou nie se die een het TB en die ander een nie! ;D Hierdie is n kunsmatige ding wat geskep is as teenfoeter vir die ant-jag brigade en om te keer dat Fish and Wildlife nie n verbod sit op die invoer van leeu trofees in die VSA. Wel dit het toe nou nie gewerk nie.

Groetnis
Wouter
Is daar enige wilde leeus wat gejag kan word in SA? Indien wel, waar loop hulle waar hulle nie "captive" is nie, met ander woorde, nie deur drade ingehok word nie? Want as daar nie is nie, dan is leeujag in totaal mos gestop, al laat die slim woorde dit anders klink......
Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Marc »

Wouter Roets wrote:Manne

Kan iemand hier vir my se wat die verskil is tussen n geteelde leeu en n wilde een? Moet nou nie se die een het TB en die ander een nie! ;D Hierdie is n kunsmatige ding wat geskep is as teenfoeter vir die ant-jag brigade en om te keer dat Fish and Wildlife nie n verbod sit op die invoer van leeu trofees in die VSA. Wel dit het toe nou nie gewerk nie.

Groetnis
Wouter

Wouter ......

Die een het TB en die ander nie ^-^
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Oom Pieter

Soos Ronald teregtelik se Oom mis die hele punt. Met die teelprogramme is die leeus wel daar. Of Oom hulle nou mag sien of nie maak nie n verskil aan die feit dat hulle wel daar is nie. Dit is die bottom line dat daar meer is met die teel program as daarsonder. Soos reeds gese moet nie die fout maak om n spesifieke definisie te gee aan wat jy as voorbestaan beskou nie. Of daar is meer of daar is minder.

Wie het vir Oom laat verstaan n geteelde leeu kan nie in die natuur aanpas nie? Laat daai einste persoon dit vir die bok kom se wat deur die geteelde leeu gevang is n paar dae nadat hy los gelaat is. Ek se weer mense maak uitsprake en basseer hulle opinies op totale onkunde.

Ek het ook nie Ronald se baie geldige argument ingesluit nie, want hy het dit mos klaar genoem en dus was dit nie nodig om te herhaal nie. My argument of standpunt vat dit net verder en ek glo dit is geldig en relavant.

Kom ek sit Oom so bietjie op die spot hier. Gee vir my asb n alternatief waar leeugetalle dieselfde sal wees as wat dit huidig is. Want dit is die bottomline hier, getalle van n spesie kan niemand meer stry nie.

Groetnis
Wouter
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by ANDRIES »

Ek weet nie van 1 plek in ons land waar nog vrylopende diere gejag word nie,of dit nou 'n Eland of 'n grysbok is nie,alles is agter draad.Wouter as jy bv 'n trop leeus sou laat loop in 'n wildkamp kan hulle leer jag of is daardie instink weg by geteelde diere.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Andries

Ek dink nie n mens sal daai instink ooit uit hulle geteel kry nie. Vat maar net jou normale huiskat as voorbeeld. Nee wat as daai hongerpyne begin deurkom sak kietsie grond toe as hy n bok gewaar. Daar is heelwat gevalle waar daai losgelate leeu in sy eerste dag al n vangs maak.

Groetnis
Wouter
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Sarel »

Dit gaan nie net oor die jag nie, maar ook oor die aanvraag na die bene, vleis ens. Ek glo die gedeelte van die saak word nie genoeg beklemtoon nie.

As daar 'n verbod op leeu jag geplaas word, gaan die Leeu spesie vinniger afneem as wat enige iemand besef a.g.v poachery

http://www.theguardian.com/environment/ ... ones-trade
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteeltde leeu jag

Post by Wouter Roets »

PWV wrote: Om geld te maak uit die jag en nie om die spesie te bewaar nie!
Oom PW

Soms kom daar iets positief uit geldgierigheid. Skokkend ne, dat die twee soms hand aan hand kan loop. Is dit nie die huidige grondslag van sustainable utilization deur middle van jag nie? So wat Oom nou se is dat dit net werklik bewaring is as daar seker regulasies is op die motiewe wat betrokke is? Wel dan het ek skokkende nuus vir Oom dat daar dan werklik min bewarings projekte in hierdie hele wereld is. Ek weet dit is vir baie mense moeilik om te aanvaar maar money really makes this world go round and round.

Groetnis
Wouter
Post Reply