Page 1 of 1

wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 9:04 am
by Jake1
Sy 308 is op self defence, geldig vir 5jr


Op sy pistool en .22 staan target shooting net geldig vir 2 jaar.

Hy moet dringend sy lisensies hernu voor hy oorsee gaan.

Re: wat gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 9:06 am
by Jake1
Fotos verwyder

Re: wat gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 9:08 am
by Jake1
Dis baie vreemd hoe hernu mens so iets

Re: wat gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 9:10 am
by Jake1
Restricted firearm vir self defence weet ek is net geldig vir 2 jaar....... ?

Re: wat gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 9:12 am
by Jake1
Hy het ook nie toegewyde status nie

Re: wat gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 9:45 am
by NJ_v_N
Weet nie of as jy n SAPS 521 (notification of incorrect information) invul of hulle die datum sal regstel nie, maar dit is nie n slegte idee om te probeer nie.

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 11:41 am
by Jean Marais
Jake, met die hoeveelheid ID diefstal wat daagliks plaasvind, dink ek die foto met die ID besonderhede is bietjie "onverantwoordelik" Ek sou daardie deel van die foto uithaal as ek jy was.

Dis maar net my opinie. Maak daarmee wat jy goeddink.

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 11:44 am
by Jake1
Jean ek stem saam ek wou eers net vinnig vir die manne wys, nog nie kans gehad om dit te edit nie, die probleem is dat hy dringend moet hernu voor hy Ooste toe gaan

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 11:47 am
by Jake1
Het enige iemand n idee wat hier aangaan met die datums en seksies wat so vreemd is?

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 4:45 pm
by Boogjagter
Ek het my pistool en haelgeweer se aansoeke dieselfde dag ingehanding; all die besondehede is reg itv reeksnommers, maar is nou volgens my lesensie kaartjie die eienaar van 'n Glock haelgeweer....

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 5:15 pm
by Hein M.
Boogjagter wrote:Ek het my pistool en haelgeweer se aansoeke dieselfde dag ingehanding; all die besondehede is reg itv reeksnommers, maar is nou volgens my lesensie kaartjie die eienaar van 'n Glock haelgeweer....
Ek wil ook een hê!!!

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 5:38 pm
by Deon R
Wat van 'n brief aan die SAPS dat hy oorsee gaan?

Dan soos NJ_v_N voorstel, die regstellings vorms invul. Dit gaan maar wees soos 'n hernuwing (voor 90 dae!). Dis die selfde moeite. Al verskil tussen 'n nuwe aansoek en 'n hernuwing is dat jy twee minder bladsye in vul. As die nuwe lisensies een dag kom en hulle is nog nie reg nie, begin weer by ...

Die ander lang afstand liefdes briefies is hier:
http://www.saps.gov.za/services/flash/f ... rmseng.php
Kyk hoe min verskil 'n nuwe ansoek van 'n hernuwing, maar min.

As hy gou voor hy oorsee gaan die veranderings aanvra dan kom die nuwe kaartjies mos met nuwe verval datum ver in die toekoms, of hoe?

Dit raak nou baie werk, vir ons en vir hulle. :police:

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 8:00 pm
by JPS
My .303 was gelisensieer op my lisensie kaart as " conduct business in hunting" geldig vir 2 jaar. Ek is toe met die kaartjie DFO toe. Sy het 'n Kolonel by CFR gekontak en nuwe kaart is gedruk vir my. Nou se hy nog ateeds to conduct business in hunting maar geldig vir 10jaar...

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Wed Nov 25, 2015 8:42 pm
by Apie
My 303 was n handwapen!

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Thu Nov 26, 2015 1:29 pm
by NJ_v_N
[quote="Apie"]My 303 was n handwapen![/quote]

[attachment=0]156467_10200735013242948_1158005459_n_zps76d8c742.jpg[/attachment]

Verskoon dit is van topic af, "but I couldn't resist"

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Thu Nov 26, 2015 3:45 pm
by Hein M.
><) Dis 'n handcannon :o

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Fri Nov 27, 2015 8:37 am
by Deon R
Ek kry nou die van SAGA af:

"In the event of there being valid reasons for a late application for renewal (such as extended hospitalization, extended overseas traveling or work abroad, etc.) it was agreed that, even after the expiry date of a license, the affected person may still apply for renewal provided he submits proof of why he had or could not apply in time. Even an affidavit, so it seems, will have to be substantiated with medical, work or travel records."

Re: wat de deksel gaan hier aan met die lisensies?

Posted: Fri Nov 27, 2015 11:04 am
by NJ_v_N
[quote="Deon R"]Ek kry nou die van SAGA af:

"In the event of there being valid reasons for a late application for renewal (such as extended hospitalization, extended overseas traveling or work abroad, etc.) it was agreed that, even after the expiry date of a license, the affected person may still apply for renewal provided he submits proof of why he had or could not apply in time. Even an affidavit, so it seems, will have to be substantiated with medical, work or travel records."[/quote]

Ek glo nie daai gaan rêrig n loophole oopmaak nie, aangesien dit nou al verval het voor hy oorsee gaan, i.a.w. sy oorsee gaan het nie gekeer dat hy betyds aansoek doen nie, hy het geleentheid gehad om aansoek terwyl hy nog hier is/was nie.

Hopelik (onwaarskynlik) het hy n redelike DFO om hom te assisteeer.