Middag manne, my projek van die afgelope 3 jaar (in opdrag van CHASA) - die 1ste Uitgawe van die CHASA SA Rekordboek van Jagtrofeë, is afgehandel, gedruk, gebind en oppad na Huntex en sal hopelik teen Saterdag by die CHASA stalletjie, No.364, beskikbaar wees @ R300.00 per kopie.
Die boek bevat so bietjie geskiedenis oor die ontwikkeling van die SA Meetmetode, 'n beskrywing van die verskillende meetmetodes en dan die lys van beskikbare SA Rekords van jagtrofeë van die afgelope ongeveer 30 jaar, gemeet ooreenkomstig die SA Meetmetode.
Baie van die ouer manne se rekords is daarby ingesluit.
Gaan kyk gerus daarna.

