Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Dit is nou wel 'n jaar terug gewees, maar terwyl die oggende nou effens byt begin kry en 'n mens voel jy begin daai hinkering na die jagveld kry, het ek gedink om maar my verhaal hier te plaas....
Ek, James, Jacus, Marc en ons gesinne het in Julie 2015 by Nico op Sweethome gaan jag. Die idee was om 'n koedoe op die voet met my nuwe 375 te jag en daarna ook 'n paar lang skote êrens in te werk. Ek en James het die eerste dag weggespring op die voet en met die swaar roere, ek vir 'n 60" koedoebul en James vir ’n 30” Njalabul. Ons het vir oupa Jacus die plat deel van die plaas gegee, want ons was onseker of sy ou lyf die berge en dale sou kon hanteer.
Ek en James was vol moed en is met ’n vreugdelied in die hart afgelaai op die regte plek, nadat Marc vir ons mooi beduie het waar die groot bulle “bly”. Dit was my 2de keer daar en James se eerste keer, maar dit was vir ons baie duidelik dat Marc ’n ou hand op Sweethome was en die plaas en die wild soos die palm van sy hand geken het.
Die eerste dag op die voete, was vir my en James baie voorval-loos, behalwe die een of twee kere wat ons amper bergaf gerol of teen ’n krans afgeneuk het. Die gedeelte waar Marc ons ingestuur het, was maar erg onbegaanbaar en ek en James was albei van die opinie dat ons so min bokke gesien het op daai gedeelte, omdat die bokke dit onmoontlik gevind het om daar uit te kom....
Jacus kon gelukkig daarin slaag om op die rugbyveld gedeelte van die plaas, ’n varkie of 2 te kon opspoor. Nadat ek en James ons 40km vir die dag kafgedraf het, het James die vrouens en kinders besig gehou met boeresports, terwyl ek gou vir Marc gaan help het om vir Elmie by te staan as PH om ’n mooi rooibokram op te spoor. Weereens het Marc se verbasende kennis van die plaas na vore gekom, toe hy basies direk na ’n mooi ram gery het en kon Elmie, nadat die geweer uiteindelik deur die PH gelaai was, ’n uitstekende skoot skiet om die ram se lewe in ’n oogwenk en sonder enige pyn of lyding te beëindig.
Daardie aand was ’n joligheid om die vuur en veral ek en James het oorgeloop van energie, omdat ons die eerste dag bietjie teruggehou het in die veld en nie alles gegee het en sodoende te vroeg te piek nie!
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/6_zps1cpunfel.jpg
Op dag 2 het ons ontwaak met die sagte, dog deurdringende reëntjie op die tentdak, maar ek het James het nie dat dit ons entoesiasme enigsins demp nie en terwyl Jacus en Marc bietjie ingelê het, was ek en James teen ligdag reeds uit die kamp uit. Die keer elkeen in sy eie rigting en met elkeen ’n gids omdat ons nog nie die plaas so goed soos Marc geken het nie. Na omtrent ’n uur se loop in deurdrenkende reën, wou die gidse terug kamp toe, maar ek en James wou daarvan niks hoor nie en daar is voortgebeur deur die kombers van reën en mis. Omdat ons geweet het die groot bulle sal hulself in die diep klowe hou in sulke weer, is die een na die ander kloof deurgewerk van bo na onder en sommer weer van onder na bo ook. My gids was in ’n stadium amper bewusteloos van die harde pas wat ek geloop het, maar ek het gelukkig ’n spaar Energybar en Play in my rugsak gehad en na hy die verorber het, kon hy darem weer voortgaan.
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/5_zpssvms1j28.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/4_zpsqsagfkkc.jpg
Aan paraatheid en fisiese vermoë, het daar by my en James niks te kort geskiet nie, maar wat wel effens teen ons getel het, was dat ons die enigste wit mense in Natal was, wat nie Zulu magtig was nie. Dit het kommunikasie tussen ons en ons gidse effens begemoeilik, maar met gebaretaal en ’n goeie begrip, het die boodskappe gevlot.
Teen die middel van die 2de dag, was my gids pootuit en moes ek maar noodgedwonge bietjie rus om hom kans te gee om te herstel. Gedurende hierdie ruskans, wou ek bietjie my kennis oor die plaas en die wind daarop verbreed en wou nie kosbare tyd laat verlore gaan deur net bloot niks te doen nie. Tydens ’n lang indringende gesprek, het my gids vertel dat die area waar ons nou was, so onherbergsaam was, dat daar nog nie mensevoete daar getrap het nie en dat daar basies net luislange daar bly. Ek was effens bewoë daaroor en was spyt dat ek nie ’n ALRHA vlag ingepak het om daar te kon inslaan nie.
Ek kon egter sien die gids was op sy laaste bene en moes maar teen my beterwete aan hom per gebare opdrag gee om terug te keer kamp toe. Dit was vir die arme gids, die vêrste 60km wat hy nog moes aflê....
Deel 2 vervolg......

Aim small, miss small
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Deel 2
By die kamp gekom, het daar goeie tyding gewag. Jacus kon daarin slaag om ook ’n koedoe te kry. Jacus het sy weergawe gehad, maar ek het op goeie gesag van die gids verneem (teen die tyd was ek al basies vlot in gebaretaal en het my kennis van fanekalo ook goed te pas gekom) dat Jacus na omtrent 3 km se stap oor daai gelyk grond, onder ’n Witgatboom gaan neerplof het en net daar aan die slaap geraak het. Die gids sê toe dat Jacus se gesnork hom self laat vaak word het en het hy ook maar ’n uiltjie te knip. Toe hy wakker word, vind hy dat nieteenstaande Jacus se gesnork, ’n redelike fris koedoebul, ook dieselfde boom se skaduwee opgesoek het. Met die wat hy vir Jacus baie liggies probeer wakker maak, skrik Jacus homself oor ’n mik en skop die 300 uit die mik waarteen dit gestaan het. Die skoot loop en met absoluut verbasende toeval, tref die koeël die geskokte koedoe in kuiltjie.....
James was teen die tyd nog nie terug nie en omdat ek nog geborrel het van energie, loop help ek vir Jacus en Marc om die koedoe te gaan “field dress” en te laai op die bakkie. Terug by die kamp het James ook intussen teruggekeer, maar ongelukkig ook met leë hande. James het weer die fout gemaak om tot bo in die pieke van daai berge te gaan stap en weens die steiltes, kom die bokke bloot net die daar uit nie! Ons het plegtig belowe om nie weer daardie fout volgende jaar te maak nie. Ons sal volgende jaar maar bloot ons fisiese vermoëns by die bokke moet aanpas en nie verwag dat die bokke by ons sal aanpas nie.....
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/8_zpsdhoeoajh.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/7_zpssziwlmeq.jpg
Na 'n vinnige brunch het Marc belowe om my en James te vat na 'n plek waar 'n besonderse groot koedoebul "bly". Ek dink egter daai bul het getrek sonder om sy adres vir Marc aan te stuur, want ons wat nog oppad na Marc se "sweetspot" toe ons 'n 60"-er gewaar langs die pad. Ek vermoed daar was seker stof in Marc se oge gewees, want hy het hom glad nie gesien nie.... Nadat ons nou Marc se aandag gekry het en die Fordjie omgedraai is in die nou paadjie, is ons terug na waar ons die koedoe laaste gesien het. 'n Koedoe word egter nie sommer vanselwers net 60" deur dom te wees nie en die uitgeslape kalant het intussen vinnig spore gemaak in die kloof af en teen die anderkantste steilte uit. Ons het net die groot roere daar gehad en my geweertjie was ongetoets op afstande verder as 250y, so ek wou nie die kans vat nie. Daar is 'n plan beraam, maar ongelukkig steur die natuur en groot koedoebulle hulle maar min aan goeie planne en na 'n lekker beenrekker staptog, moes ons maar mislukking aanvaar en terugkeer kamp toe!
Daardie aand was die jolyt om die vuur meer bedees, want daai koedoe laaiery het die beste uit Jacus en Marc gehaal en ek en James het maar uit simpatie, self gemaak of ons moeg is. Daar was darem geleentheid om ook die taktiek vir die volgende dag te bespreek en nadat dit duidelik was dat geen gids kans gesien het om die volgende dag saam met my en James te draf nie, is daar besluit om die dag te wy aan die laaaaang roere. Ek en James het dus sommer daar en dan besluit om ons fisies en sielkundig reg te kry vir die ding en James het onmiddellik begin om die barometriese druk elke halfuur of so te meet, sodat ons ons vog- en carbs inname dienooreenkomstig kon aanpas.
Dag 3 het aangebreek met lieflike sonskyn, maar tog ’n nare windjie van hier by 11mph gedraai het. Ek en James was egter vol moed en na Jacus en Marc styf-styf by die oggendvuur opgedaag het, is daar pad gevat. Ek en James het oor ons eerste koffie, besluit om regtig net te kyk na diere wat nie meer ’n bydrae kon maak tot die genepoel nie en die feit dat hierdie tipe diere gewoonlik die langste horings het, was ’n absolute toeval. Ons het gevoel dat ons nie net ’n verantwoordelikheid het teenoor die natuur nie, maar ook teen die plaaseienaar, om hom by te staan met kuddebeheer en ons het regtig hierdie verantwoordelikheid swaar voel druk op ons skouers. Deur die loop van die oggend is verskeie diere deur vêrkykers en teleskope beloer en bespreek, maar is hulle telkens te lig bevind.
In ’n stadium het James ’n geleentheid gehad op ’n probleemdier wat al lank ’n doring in Nico se vlees was en baie winste in sy keelgat laat verdwyn het. Die oomblik was nie te groot vir James nie en met 3 goedgeplaaste skote, kon James die vabond se terreurveldtog beëindig.
Na James se onbaatsugtige daad, is die jagtog in alle erens voortgesit. Teen hierdie tyd was Jacus en Marc ook al minder styf en het daar ’n goeie moraal in die jaggroep geheers.
Na nog ’n lank sessie van heuwels en klowe bespied, het James se skerp oë, ’n koedoe binne-in ’n bos gewaar. Dit was vêr, baie vêr en daar is lank somme gemaak. Die oomblik was hier en daardie bekende kampvuur gesegde van my groot vriend Marc, “everybody wants to be a badass, until its time to do what bad asses do!”, het skielik waarheid geword. Iemand moes sy hand opsteek en daardie eer het op my geval!
Deel 3 vervolg.....

Hier is Elmie met haar Rooibokram.
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Elmie%20Rram_zpsigemj1ql.jpg
En hier is Jacus met sy koedoebul.
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Jacus%20koedoe_zpsrxtp8gxy.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Elmie%20Rram_zpsigemj1ql.jpg
En hier is Jacus met sy koedoebul.
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Jacus%20koedoe_zpsrxtp8gxy.jpg
Aim small, miss small
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Deel 3
Ek was eers huiwerig om my hand op te steek om die skoot te vat, want almal wat my ken en al gesien skiet het, weet dat die laaste plek op ALRHA se LRV Liga reeds ’n plek het. Ek het egter net daar besef dat ek omring was met manne wat interne en eksterne ballistiek op die punte van hulle vingers ken. Manne wat die wind se sterkte kan meet aan die trillings in hulle baarde en wat mirage lees soos wat Gary Player nie ’n setperk kan lees nie. En dan was James ook nog daar!
Die afstand is gemeet en weer gemeet en daar is eenstemmigheid bereik op 327y soos die kraai vlieg. Nou hierdie klink nie vêr nie, maar die manne wat Poetagoeras se wette en hoeke ken, sal weet dat dit die liniêre afstand was. Die regte afstand was die langbeen van die driehoek en manne, hierdie was ’n lang maer driehoek teen daai berg op!
Nadat ek my ballistiese program nagegaan het, het ek my betroubare vennoot in baie sulke senario’s, uit die sak gehaal. Ek het uit die hoek van oog gesien hoe sy “custom” kolf die manne effens groen laat verkleur het, maar hierdie was nie ’n tyd vir naarheid en hol kolle nie. Met dofsware plof het ek in die stof gaan lê en my betroubare Savage opgestel en die nodige aanpassings gemaak. Die teiken was ’n 4” grote kol op die koedoekoei se blad, aangesien die bosse waarin die koedoe gestaan het, die res toegemaak het. Ek en my raadgewers was dit eens dat die oop kol, die regte plek was en dat ’n skoot op daardie kol, gemaklik die enjinkamer sou tref. Ek het vir oulaas seker gemaak van die wind, die hoek, die afstand en dat my parallaks reg gestel was en saggies die skoot afgedruk.....
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Aanle%20op%20koedoe_zpswk1r3acd.jpg
Toe die skoot afgaan, gebeur ’n klomp goed gelyktydig! Eerstens skrik Jacus wakker agterop die bakkie en val amper af. Tweedens, spring die koedoekoei agter die bos uit, swaar gewond en vorder skaars 20m voor sy neerslaan en beswyk en derdens, loop die koedoebul, doodluiters agter ’n ander bos uit en gaan staan plankdwars en in “open view” van ons. Nadat ek bevestig het dat niemand anders ’n skoot wou skiet nie, is die omstandighede weer nagegaan en aangesien niks verander het nie, kon ek onmiddellik ’n skoot op die bul neem. Met die klap van die skoot, was dit duidelik dat dit ’n raakskoot was en die bul het halsoorkop in ’n kloof afgehardloop, tot sy bene die gees gegee het en hy neergeslaan het.
Na 3 dae se harde jag, uiteindelik sukses. Maar toe is daardie dillema: Hoe kry ons daardie 2 koedoes van die berg af en op die bakkie? Die tog op boontoe, was swaar en moeisaam. Dit was steil en die klippe was los. ’n Paar keer en een van die geselskap, amper ’n merk met sy neus in daai berghang ingeslaan, maar ten einde laaste was almal bo en kon ons die bokke bekyk en kiekies vat. Skielik was die lewe weer terug in Marc en Jacus se bene en daar is beplan en geskuif en klippe ingesit op die regte plekke en grassies is ontwortel om die perfekte foto’s te kon neem. Vir beter fotograwe en landskapsargitekte, kan ’n jagter nie vra nie en daar is aandag aan die fynste detail gegee.
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/My%20koedoe_zpshbtf4pyb.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/3_zpssdujovzh.jpg
Nico is intussen laat weet van die verloop van dinge en was op pad met ’n span draers en ’n draagbaar om die koedoes bergaf te dra en daar is begin om die koedoes te slag om die binnegoed uit te haal en sodoende die gewig minder te maak. James het egter op daardie stadium nog nie sy bok kon kry nie en daar is besluit dat hulle sou aangaan met een gids, terwyl ek en die ander gids sou agterbly , die slagtery afhandel en help uitdra. James wou egter niks weet van voort jag sonder sy ernstige vennoot nie en na ’n sagte, dog ferm argument, moes ek gehoor gee aan sy eise en my een plig versaak om ’n ander plig te kon verrig.
Deel 4 vervolg....

Deel 4.
Van hier het ons almal ons bes gedoen om vir James ’n Njalabul te probeer soek. Ongelukkig het die jaggode dit anders beskik en alhoewel ons ’n paar keer njala ooie gesien het en Marc al die groot bulle se adresse besoek het, kon ons nie daarin slaag om wel ’n bul vir James te kry nie.... James het dit egter gelate aanvaar en het darem geweet dat jag nie altyd ’n draaiboek volg nie. Tussenin die soekery na ’n njalabul, wou ek darem graag gehad het dat my blinknuwe .375 Ruger ook darem net erens ook ’n kans kry om keel-skoon-te-maak en ook iets te sê. Op pad terug kamp toe, onthou Marc darem van my wens hier en besluit om te ry na ’n plek toe waar hy weet daar ’n groot rooibokram ook bly. Dinge hier het regtig vinnig gebeur en ons was nog op pad toe ek tussen die bosse, ’n skakering van rooibok sien. Tyd vir dink was daar nie en Jacus het skaars gesê “Looi hom”, toe loop die skoot al! Die skop van daai Howa donkie het my effens van balans af en in plaas van ’n gefluit in my ore, het ek my verbeel ek hoor ’n blêr....
Die klap van ’n goeie skoot was egter daar en die ander manne het my verseker dat die skoot raak was en dat die bok lê. Ons het nader gestap terwyl ek die gebeure in my kop weer gespeel het. Ek het in die hitte van die oomblik besef die bok is aan die klein kant, maar het maar gehoop dis ’n groot ooi wat in ’n gat staan. Daar gekom, was dit duidelik ’n penkoppie wat op ’n miershoop gestaan het.....
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/9_zpsxdqhbtln.jpg
By nabetragting het ek en James die jag ontleed en dinge het nogals baie anders uitgedraai as wat ek beplan het. Ek wou graag groot bokke op naby afstande met die 375 skiet en kleiner bokke op langer afstande met die 6.5x284. In realiteit het ek die groot bokke op lang afstand met die 6.5 geskiet en die klein bokke op kort afstand met die 375......
Die laaste middag het ek en James bietjie die vrouens en kinders berg opgevat en vir Jacus en sy dogter en Marc en Elmie geleentheid gegee om vir oulaas ietsie vir die pot bymekaar te maak. Die pad op na die berg toe is verradelik om die minste te sê en met 6 kids vanaf 2 jaar tot 10 jaar agterop die bakkie, was my senuwees maar rou toe ons bo kom. As ek een klagte het vir Nico, is dit die hekke op daai pad! Nico moet al die hekke uithaal of seker maak dat daar net 6 hekke is! Want ’n kind is oor hekoopmaak soos ’n vrou oor skoene is en as jy die skeidsregter moet wees tussen 6 kids van daai ouderdomme, dryf dit mens na drank..... Ek het net-net met al my varkies nog op hok uit daai ondervinding uitgestap en my klaar voorgeneem dat ek volgende keer die bestuurder of die navigator gaan wees.....
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1_zpswidmfrsi.jpg
Daar het natuurlik ook meer gebeur as wat net hier geskryf is. Sommige dinge kan mens net nie reg verwoord om vir die leser die hele prentjie te skep nie en sulke gebeure het ek uitgelaat. Dan is daar natuurlik ook gedeeltes wat ek nie wil beskryf nie en gedeeltes wat ek verbied is om oor te skryf....
Ter samevatting, wil ek graag die volgende sê:
1. Dankie aan ons Hemelse Vader vir die geleentheid om in Sy wonderlike natuur te kon jag en om Sy beskermende Hand oor ons en ons gesinne te kon voel gedurende die hele wegbreek, van ons huise af en weer terug;
2. Om by Mnr. Harris se plaas te gaan jagmaak, is altyd ’n plesier en ’n voorreg en hierdie keer was nie ’n uitsondering nie! Ons is op die hande gedra en daar is voldoen in al ons behoeftes en meer! Ons sien met verwagting uit na volgende jaar!
3. Marc is regtig een van daai manne saam met wie jy altyd wil gaan jag. Sy fordjie het heeltyd en lekker geloop. Hy het ligte en generators en liplekker marinades en vleise gevat. Hy het die kids besig gehou en vir die vrouens tee gemaak en was in alle opsigte, ’n great jagmaat en kampkommandant. Dis jammer dat baie bokke getrek het van hulle vorige adresse, maar daarvoor neem ons hom nie kwalik nie;
4. Jacus is ’n goeie jagter, hy ken die natuur en hy weet waar om sy slapies te vat. Ons kan baie by hom leer en ek en James het reeds besluit dat ons volgende jaar sy voorbeeld gaan volg en meer gaan sit en minder gaan loop....
5. Niemand is hier met leë hande weg nie, buiten die wonderlike ervarings wat ons lank sal onthou en koester, het ek, Jacus en Elmie elkeen darem ’n bok of 2 gehad wat bewerk moes word. Self James is nie leë hande weg nie en kon huis toe kom met 7 bosluise en bosluiskoors....
6. My groot vriend James, ek glo ons gaan nog lank die konings van daai berge wees en as die ouderdom ons inhaal..... Wel, die 338’s is bestel en in die pos!
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Almal%20saam_zpsrt6eryyj.jpg
P.S. Hierdie verhaal is losweg gebaseer op feite en die res is bietjie aangedik en met suiker bestrooi. Sekere name is verander om die persone te beskerm en sekere mense se name is doelbewus uitgelaat, omdat hulle nog deur die veiligheidspolisie dopgehou word.

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Lekker gelees dankie vir die deel.
-
kudu375
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Baie lekker storie!
Al probleem is dat die net help om die jagkoors verder aan te wakker.....

Court Schilbach
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Gelieg soos net 'n prokureur kan. Lekker storie Mater, dankie!
Goed, beter, 6millimeter!
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Baie mooi storie en lyk soos n moewiese nice plaas maar liewe aarde jy stap n ding laf jy, ek sou ook al 7 keer uit gepaas het haha
groete
groete
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Eugene, baie goed geskryf!! Jy mag maar!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Mens moet nooit dat feite 'n goeie storie bederf nie.....Geno wrote:Gelieg soos net 'n prokureur kan. Lekker storie Mater, dankie!
Aim small, miss small
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Baie mooi vertel Eugene! Koos Barnard kan jou maar ander sleep 
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Great storie Eugene.
Baie geluk met die mooi skote.
Baie geluk met die mooi skote.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Ek het nou lekker saam gejag.
Dankie vir die deel en mooi skoot op daai koedoe.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Lmga lekker Eugene, jy se jy stap daai Zulus laat hul loop en slaap.Nee wat ons ken jou mos so, lekker jag daai en mooi vertel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Eugene
Te lekker vertel!
Manne julle sal nog meer lag as julle die ware verhaal van die gebeure hoor.
Groetnis
Wout
Te lekker vertel!
Manne julle sal nog meer lag as julle die ware verhaal van die gebeure hoor.
Groetnis
Wout
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
You cut me deep Shrek, you cut me real deep..... Wat presies bedoel jy met die "ware verhaal"?Wouter Roets wrote:Eugene
Te lekker vertel!
Manne julle sal nog meer lag as julle die ware verhaal van die gebeure hoor.
Groetnis
Wout
Aim small, miss small
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Eugene netjies man ek weet jou tipe Wes-Tranvaalse fiksheid sal baaswees vir daai Natalse koppietjies. Wel gedaan en vat tog volgende jaar cramp blockers vir die gidse saam.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
tau wrote:Eugene netjies man ek weet jou tipe Wes-Tranvaalse fiksheid sal baaswees vir daai Natalse koppietjies. Wel gedaan en vat tog volgende jaar cramp blockers vir die gidse saam.
Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Euegene dit is onder andere deel van die ""waarheid"" wat ek gehoor het! Jy moet bietjie n sy aansig foto van jou plaas dat die manne kan sien hoe ver is jy in jou swangerskap.Eugene wrote:tau wrote:Eugene netjies man ek weet jou tipe Wes-Tranvaalse fiksheid sal baaswees vir daai Natalse koppietjies. Wel gedaan en vat tog volgende jaar cramp blockers vir die gidse saam.![]()
![]()
Kyk, ek sal dit ruiterlik erken: My 70jarige gids het my kaf gestap in daai "koppies".... Op die 3de dag kon ek nie sonder hulp op die bakkie kom nie, so styf was ek! As mens daar wil loop en jag, moet jy verseker maar vooraf bietjie werk aan jou fiksheid!
Groetnis
Wout
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Jy het nou weer jou ore uitgeleen aan Oupa Jacus, jou vabond! Jy moet ook nie alles wat daai ouman kwytrak vir soetkoek opeet nie!
Nico sê na die tyd, sy gidse sê vir hom ek en James wil te ver en te vinnig loop en ons gewere is te swaar.... Die gewere wat hulle gevoel het, was die LA roere. Met daai gewere sou ons nie 3km in daai berge kon stap nie!
Aim small, miss small
- OU VOORSLAG
- Full Member

- Posts: 177
- Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Baie netjies geskryf, Eugene, ek het nou omtrent lekke gelag vir die storie.
Dankie man, maar nou is ek eers lus vir die jagseisoen.

Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Ons ry Sondag vir n week soontoe
Kan nie meer wag nie
Kan nie meer wag nie
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Melmoth Jag in 2015 by Nico Harris
Julle gaan dit kwaai geniet!Hilux01 wrote:Ons ry Sondag vir n week soontoe
Kan nie meer wag nie
Aim small, miss small