Page 1 of 1
Erfgeweer: Dieselfde kaliber - Hulp asb...
Posted: Wed Jun 01, 2016 9:56 am
by Hein M.
Ek gaan binne die volgende paar weke my BRNO .22 verkoop omdat ek 'n familielid se .22 gaan erf. Is daar iewers in die Wet voorsiening gemaak vir so 'n "vervanging" of loop die proses asof die kalibers verskillend is?
Hoor graag!
Re: Erfgeweer: Dieselfde kaliber - Hulp asb...
Posted: Wed Jun 01, 2016 10:03 am
by tripodmvr
Motiveer dit vir 'n ander gebruik. Een vir skyfskiet en ander vir jag. Mens verkoop nie sommer net 'n .22 nie.
Re: Erfgeweer: Dieselfde kaliber - Hulp asb...
Posted: Wed Jun 01, 2016 10:05 am
by JacquesT (Stompe)
Hein M. wrote:Ek gaan binne die volgende paar weke my BRNO .22 verkoop omdat ek 'n familielid se .22 gaan erf. Is daar iewers in die Wet voorsiening gemaak vir so 'n "vervanging" of loop die proses asof die kalibers verskillend is?
Hoor graag!
Hi Hein, nee dit is 'n nuwe lisensie waarvoor jy aansoek doen, en jy sal hom so moet motiveer ook. Jy hoef egter nie die ander .22 te verkoop nie, jy kan 2 van dieselfde kalibers lisensieer, jy moet hom net reg motiveer.
Pm my as jy wil verkoop, my broer soek een.
Sien ek en oom Marius het gelyk getik.
Groete,
Jacques Theron
Re: Erfgeweer: Dieselfde kaliber - Hulp asb...
Posted: Wed Jun 01, 2016 10:07 am
by Jake1
mens verkoop mos nie n brno .22 nie?
Re: Erfgeweer: Dieselfde kaliber - Hulp asb...
Posted: Wed Jun 01, 2016 10:10 am
by Jake1
Hein watter model is dit? As dit n Brno model 2 is sal ek jou R500 gee vir hom die model 2s is mos niks werd nie......
Re: Erfgeweer: Dieselfde kaliber - Hulp asb...
Posted: Wed Jun 01, 2016 11:05 am
by Hein M.
Dankie vir die goeie raad!
Nee, ek weet dat jy nie 'n .22 moet verkoop nie, maar ek het regtig nie plek of nut vir nog 'n geweer nie. Die erfgeweer is 'n erg sentimentele een, so ons wil dit graag in die familie hou. Dit is ongelukkig 'n Mod. 1, Jake, so hy is minder as R500 werd
Ek sal maar die lang lisensiepad stap met hierdie een...
Mooiloop!
Re: Erfgeweer: Dieselfde kaliber - Hulp asb...
Posted: Wed Jun 01, 2016 11:12 am
by Hein M.
Nee, op 'n meer ernstige noot - ek moet eers oor 2 weke gaan kyk in watter toestand die erfgeweer is - en of dit darem kan skiet... Die BRNO is hoogs akkuraat, hoewel ek bitter min met hom skiet...