Potgietersrus Jagnaweek
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Potgietersrus Jagnaweek
Ek het die afgelope naweek 'n vriend van my gevat om 'n paar bosvarke oor voer te skiet.
Hy soek al 20jaar na 'n bosvark, en het gesê hy sal tot 5 skiet vir vleis.
So lyk dit waar ons gejag het:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/1.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/2.jpg
Die eerste aand het hy 2 mooi sôe geskiet, en was hy baie tevrede.
Albei met 'n .223 op 85m. 30min uitmekaar op dieselfde voerplek.
Ek was op 'n ander voerplek, en het net 2 ratels en 'n ystervark gehad wat ingekom het.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/3.jpg
Die 2de aand het hy hierdie jong beer by die voerplek wat ek die eerste aand by was geskiet met 'n 7x57 op 40m.
Ek was weereens by 'n ander voerplek met net 'n ystervark op die voer.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/4.jpg
Ek het my boog saamgevat, en Saterdag oggend 'n paar pyle geskiet tot op 40y om te bevestig dat als nog reg is en werk soos dit moet.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/5.jpg
Die boer het my teen 09h50 in 'n driepoot boom stoel gesit en gesê ek kan soveel vlakvarke skiet as wat ek wil asook knypkop rooibokke. Hy wil elkgeval begin oes.
Lekker om in die veld te wees!
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/6.jpg
My verste skoot sou by die agterste pyp wees op 17y.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/7.jpg
5min nadat ek in die stoel was het daar 'n baie groot rooibok ram van +-25" sommer 3m van my af onder my kom staan. Ek moes hom maar sien weg draf toe hy my wind kry. Hy was nie te jag nie...
Teen 10h50 het daar 'n vlakvark sog en 3 gespeende jonges ingekom.
Die sog het op 11y plankdwars gaan staan en vir my 'n great skoot gebied.
Ek het bewe-bewe my boog gespan, en die 560gr pyl in haar rigting gestuur.
Toe sy wegspring het ek geweet sy gaan nie ver gaan nie, en 38y van waar sy gestaan het, het sy in 'n aalwyn vasgehol en omgedop.
Ek het lanklaas so gebewe na 'n skoot. Lekker!!!
Sy het gestaan waar my boog se cam is.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/8.jpg
Ek het nog so uur of wat gesit en wag vir nog iets voor die boer my kom optel het waarna ons sy jong GSP gevat het om spoor te sny. Sy het egter pragtig gewerk en die vark binne sekondes gekry. Ons het wel vooraf geweet waar die vark is, maar hy probeer haar soveel moontlik spoorsny ondervinding laat optel.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/9.jpg
Oppad slagplek toe het ek en hy elkeen 'n knypkop rooibok ram met my Dasher geskiet.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/clients/steve/10.jpg
Ek begin binnekort dalk weer PH werk doen na 'n breek van 9 jaar. Ek sien nogal uit daarna!

Goed, beter, 6millimeter!
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Mooi gegooi Geno. Waars die baard?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Ek het maar 'n gier in my gaai gekry en hom afgeskeer. Hahahaha
Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Lekker maat, paar mooi varke wat julle daar gelaai het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Mooi geskiet Geno een van die dae praat daai 260ai saam
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Verseker!Hein (Haan) wrote:Mooi geskiet Geno een van die dae praat daai 260ai saam
So het hy Vrydag gelyk:
Hy kort nog fluting en Cerakote. Maar skiet kan hy al skiet sou dit nodig wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Lekker Geens!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Netjies Geno paar mooi varke daar.
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Lekker man. Daai 260ai lyk na die besigheid.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Lekker man.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2336
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Te lekker Geno.
Seën vir die PH werk, glo ding sal mooi loop.

- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Potgietersrus Jagnaweek
Mooi geskiet daar
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble