Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Goeiedag almal.
Ek was bevoorreg om die laaste week weer so paar dae in die jagveld, by familie te spandeer. Ons jag elke jaar hierdie tyd koedoes, rooiribbok en 'n vark of twee indien ons die geleentheid kry. Die plaas is naby Burgersdorp...
Soos gewoonlik was ons voor sonop op die veepos wat 45min se ry weg is. Die klowe wat ons besoek is so 2km se stap weg.
Van die ander manne het hulle plekke voor my bereik en ek kon hoor op die radios dat 'n hele klomp koedoes al met die verkykers opgetel is.
Met 'n groot kloof voor my het ek begin soek met die verkyker...
Volgens my Leica was daar 'n klompie koedoes 1km weg teen die oorkantste rant. Koeie, kalwers en jong bulle. Hulle was reguit oppad na my neef... Agter hulle was twee pikswart bulle wat bo-op die rant gebly het en gladnie beweeg het saam met die ander nie.
Omdat ek nie die hele kloof voor my kon sien nie het ek van posisie verskuif. Ek het bo-op die krans in die skaduwee gaan staan en uit die hoek van my oog vyf koedoekoeie gesien. Slegs een het teruggekyk na my toe. Met die verkyker kon ek duidelik die lang horings van n bul langs hulle sien. Ek kon gladnie die bul se lyk sien nie. Reguit onder my was ook n jong bul. Sewe dan waarvan ek bewus was.
Die koeie het stadig uit die skaduwee na die onderkant van die kloof beweeg. Een vir een. Van die bul was daar nou geen teken nie en ek het geweet hy gaan nie uitkom waar ek hom laaste gesien het nie.
Nadat al die koeie omtrent 150m af in die kloof beweeg het, het die jong bul ook na die koeie beweeg. 60m agter die jong bul het die groot bul verskyn. Hy was reguit onder my. 110m onder my en so 70m weg van waar ek hom die eerste keer gesien het.
Ek het die ou grote deur die teleskoop gevolg en gewag dat hy dwars draai. Die 300WM het gedreun en die 180gr Accubond het sy merk getref!!
So lyk die ou grote. Weet nie wat hy uitgeslag het nie? Ek is nie vreeslik gepla oor duime nie. Die familie wou graag die lengte van die horings weet. 49.5"! Dis my grootste koedoe nog!
Met n vleisie...

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Baie geluk!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Mooi bul met prag horings
-
Maanboef
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Thu Feb 27, 2014 4:59 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Mooi vorm horings!
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Hy taste!
Met n vleisie!
Met n vleisie!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
gbvl
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Baie netjies
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
netjiese kudu bul daai
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Lekker Mellies! Nou moet jy nog net jou waterbok bul hier kom pak gee.
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Mooi bok.
Baie geluk man!
Rudie.
Baie geluk man!
Rudie.
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
-
AntonF
- Jr. Member

- Posts: 97
- Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Baie geluk met die mooi koedoe
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
- OupaZA
- Hero Member

- Posts: 588
- Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Baie geluk!!
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Blikskottel dis mooi!!! Baie geluk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Pragtige bul daardie, baie geluk.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Mooi man.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Baie geluk, baaie mooi bul.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Wel gedaan ou maat. Ek het hulle laasweek hard gejag maar kon nooit n mooi bul kry nie, ek is sommer bitter jaloers. Die Oos Kaap is n magical plek... eks bitter spyt ek moet 32 jaar oud word voor ek dit kon ontdek...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Dankie almal.
Met n vleisie...
Met n vleisie...
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Dankie Stef.Stefan764 wrote:Wel gedaan ou maat. Ek het hulle laasweek hard gejag maar kon nooit n mooi bul kry nie, ek is sommer bitter jaloers. Die Oos Kaap is n magical plek... eks bitter spyt ek moet 32 jaar oud word voor ek dit kon ontdek...
Magical klink reg. Ek jag nou al amper 20 jaar in die Oos-Kaap en ruil dit vir niks. 99% van dit wat ek skiet is in die Oos-Kaap. So het elke streek sy eie mooi!! Rooiribbokjag in die rante en klowe bly ook n gunsteling...
Met n vleisie...
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Mooi vertel, baie geluk.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Die Oos-Kaap het ook groot bokke (2)
Baie mooi bul! Jy kan sowaar trots wees!