Olifantshoek jag met die beterderder 303

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by Armand Steenkamp »

Dag manne! Ek het nou laas sondag van my jag in Olifanthoek af terug gekom. Ek het maar bietjie geworry want ek het net my aangeplakte kortloop 303 en my 220 swift gehad, al my ander geweere het ek aan laat werk. My partone storie was ook maar beroerd omdat die primers wat ek gehad het het hang fires gegee so ek kon nie rerig laai nie..
Ek stop toee sommer in Upington by wildman ek koop vir die noodgeval 2 pakke 174gr pmp bruinboks vir die 303.

Op die plaas aangekom sien ek die kafee patrone skiet pragtag in my roer! So toe gebruik ek hulle maar. So vir interesandhyd skiet ek hulle oor die chrony. Uit my 18.8 duim loop stap hulle teen so 2265 fps so ver skote was uit.

Die eerste paar dae het die wind reeslik gewaai en die bokke wou ons nie rerig n kans gee nie. Eiende te laaste kry ek n kans op n mooi Blesbok ram wat so 150m ver staan. Ekt maar half gestres maar toe die skoot loop toe hoor ek hy sal nie ver gaan nie. Die bok se horings het so n knertsie meer as 16 duim gemeet.

Ek soek toe n gemsbok nog. So n dag of wat later is ons weer in die veld, maar ons gesels meerr agter op die bakkie as wat ons vir bokke kyk. Uit die bloute staan daar n gemsbok bul. Die bok is besig om weg van ons af te wy en ek se ons moet hom traai bekruip en die bakkie affere los. Ons loop toe in n diep sloot af skuis na die bok toe. Net om n draai gekom in die sloot en hier staan n mooi rooibok ram! Ek het n rooibok ook gesoek maar hy was net te vinnig uit die sloot. Gemsbok het gelukkig niks agter gekom nie. Ons kom toe maks 60m van die bok af en ek skiet hom toe op die blaaie. Bok het net daar geval. Was n baie lekker jag saam met goeie vriende!
My meisie het ook n springbok ooi plat gemaak! Daai bok was baie vet! Nou nog lus en loop ruil van haar biltong om vir my blesbok sin!!

Nou ja , soos ons almal weet. Die 303 is beterder!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by ruaanb »

mooi gegooi mater!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by Jean Marais »

Met die lekker stadige spoed van daai koeël het jy seker maar min vleis verloor. Lekker storie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by FHM »

Pragtig en baie geluk Armand.

Moenie uitvertel nie....maar ek is daar gebore! :-X
My moeder se altyd ek wou nie vasbyt tot Upington nie en toe moet ek haar in Olifantshoek laat wiel vir n teater! ;)

By wie het julle gejag daarso - dalk ken ek die mense?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by Armand Steenkamp »

FHM, jong dis n vriend van my se skoonpa se plaas. Maarten Coetzee. Plaas se naam is Nylan.
Jean, weet jy ek het die selle gedink , maar ek het meer vleis weg gegooi as wat ek gedink het.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by Armand Steenkamp »

Daar was ook n paar ... hoe sal ek se... insedente....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by 243Songdaug »

Jou muis! Jy laat weet nie eers jys hier op my voordeur nie! Mooi gegooi maat.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by Pvdw »

Armand 303s is beterder!! Ek ruil myne vir niks. Skiet Hornady 174s teen 2300ft/s. Lekker stadig maar dodelik.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by Jake1 »

;D haha hy is toe beterder.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by Armand Steenkamp »

HAhahahaha het gewag vir die comment!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Olifantshoek jag met die beterderder 303

Post by theedge »

Baie mooi,dankie vir die deel
Post Reply