Namibie Julie 2016
Posted: Tue Jul 19, 2016 12:19 pm
Ek was op familie vakansie in Namibie, maar het my gewere saam gevat en my vrou belowe ek gaan net vinnig jag. Ek het net eendag vinnig saam met my 6 jarige 8 Springbokke gaan skiet. HY moes sy eerste bok skiet en die man het baie geoefen, maar ongelukkig was niks nader as 250m nie en die meeste bokke het hier op 310m gewei. Ek kon by 'n waterkrip gaan sit en 'n bok inwag, maar ek wil nie he hy moet sy eerste bok so skiet nie. Hy het by die huis oor die 100 skote op Springbok gonge en plate geskiet en was op 150m dodelik akkuraat. Ek het wel van die begin af vir hom gese as ons nie 'n naby skoot kry nie kan hy nie skiet nie. EK moet erken hy het dit beter as ek gevat toe ek hom moes vertel hy kan nie 'n bok skiet nie.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0568_zpsheuyrss5.jpg
Eerstebok vir jag. 328m bitter vet gewees vir dier wat in droogte rondloop.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0571_zpsrgujo4mx.jpg
Tweede bok en weer 'n mooi rammetjie 310m
Ek kon toe nog 6 bokke afhaal. Verbasend was al die bokke redelik vet in die middel van die droogte.
Ek en my laaitie het toe 'n daglank vleisgewerk en hy het bietjie geboer saam met die plaasmanne.
Woensdag is ek na 'n ander stuk grond in die berg waar ek gaan kamp het en 'n Kudu te voet wou jag. EK sou allenn gaan en in en uit die plaas stap, maar my familietjie wou niks weet nie en ek moes my kampwa oor berg en dale sleep en hulle het gekamp terwyl ek sou jag.
Ek het dag een so amper 8km gestap in die valleie, maar kon slegs spore en mis van Koedoes. Die plaas is vreeslik droog en dit is amper nog net die Melkbosse wat oor is.
Op dag twee was ek al 06;30 uit die vere en het in 'n lekker sterk windtjie ingestap. EK het eers 'n jongerige bulletjie gekry en nie lank daarna 'n baie klein ouerige bul. Hierdie is familie grond so ek skiet eerder die swak gene as die groot bulle so vir my was die bul net reg. EK het hom teen 'n 40 grade hoek berg op geskiet.
Daarna alleen afgesleep, gelaai en geslag. Dit maak die jag so bietjie beter en jy sweet so bietjie vir jou steaks en biltong. EK hoef dit nie so te doen nie en kan heelmoontlik met die bakkie inry en meer bokke skiet en met die hulp van plaaswerkers die bokke laai en slag, maar die jag was vir my oor die avontuur.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0600_zps1hk8h8cb.jpg
My kampvuurtjie diep binne die Karasberge
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0608_zpsqmjo7n50.jpg
Miskien nie RW nie, maar hy het my laat werk.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0671_zpsmt16emxr.jpg
My dogtertjie beoordeel my slag tegniek.
My 4 jarige dogterjie wil nou net in "die wild" gaan kamp. Ek is baie bevooreg om so te kan jag saam met my vrou en kinders.