Page 1 of 1
OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Tue Aug 02, 2011 8:30 pm
by henslin
Na die afgelope naweek - Het vir my een van daai fancy rooi liggies wat 50m in die donker skyn gekoop. Lekker op bogie gemonteer en is besig met die instel van die rooi kraletjie. Was nie baie beindruk met die eerste probeerslag nie. Na vanaand se oefenlopie dink ek die dingetjie kan redelik gevaarlik raak in die donker ! Kan nie die afstande in die aand verstel nie. HEL - wie dink hy gaan in die aand verder as 20m op 'n Bosvark skiet ! Dankie aan al die manne wat my oortuig het dat dit die manier van jag is. Ou waaksaam ( 308 ) sal seker altyd my eerste keuse wees - iets anders is besig om aan sy gat te krap !!!
Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Tue Aug 02, 2011 9:10 pm
by Gerhard
Sit bietjie n foto op van die liggie op die boog?
In die donker hoef jy nie verder as 30 yards te oefen nie.

Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Wed Aug 03, 2011 7:07 am
by marno
Ja sit asb foto op. Ek moet dit dalk doen voor my bosvark jag oor so paar naweke.
Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Wed Aug 03, 2011 4:43 pm
by henslin
Hierdie fotomandjie het my nou lekker rondgeneuk - hoe groter die probleem - hoe groter die hamer !!
Moet nog die finale 'tuning' doen. Sal nog 'n dag of twee vat en dan gaan die sports begin.
Albei die liggies het drukskakelaars. Gaan net die laser s'n monteer.
Hoop die foto's is verduidelikend
[img width=360 height=480]
http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... G_0812.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... G_0813.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... G_0811.jpg[/img]
Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Wed Aug 03, 2011 5:45 pm
by Gerhard
waar kom jy aan die kontrapsie???
lyk nogal interesant... lol
Ek dink ek sal maar by net n lig op die stabiliser bly want die vet weet ek bewe te veel vir n laser...

Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Wed Aug 03, 2011 10:19 pm
by henslin
Lag jou gat af !!! Het hom op die stabiliser (?) probeer - hoek te groot vir die instel. As jy bewe soos ekke is jy enige 'honeymoon' se droom.
Die beste wat ek hom kon kry was so na as moontlik aan my sights. Geen fout met die instelling nie - 20m is 20m. Die inval en uitvalhoeke is net te kwaai. Glo hy sal goed wees vanaf 15 - 25m. Proof is in die nagereg !!!
Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Thu Aug 04, 2011 4:36 am
by Gerhard
He he he he
Nee ek terg net bietjie...
Ek dink daai patent het baie potensiaal.
Looi die otterjasies
Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Thu Aug 04, 2011 6:58 am
by marno
Henslin, waar het jy die liggie en goed gekry?
Re: OK - Hier kom dit nou !!
Posted: Thu Aug 04, 2011 8:25 am
by Beretta
Henslin
Ja my maat as jy bewe soos ek bewe en hulle gee vir jou n konsertina wen jy die boere orkes kompetisie los hande

Beretta