Page 1 of 1

Kamanjab Namibi

Posted: Wed Aug 17, 2011 4:10 pm
by Brno308 jagter
Hi Manne

Ek het hierdie bul in Kamanjab geskiet.

30-06 180gr Nosler Partition 52gr S365 - 70 meter.

Die bul het in sy spore gesak.

Horings was 37.5 duim en uitgeslag het die bul 110kg geweeg.

Groete,

Brno

Re: Kamanjab Namibi

Posted: Wed Aug 17, 2011 4:57 pm
by .::Alwyn-U::.
Lieflike trofee Brno!

Dit lyk of sy horing bloei? kyk ek dan verkeerd?

Groete
Alwyn

Re: Kamanjab Namibi

Posted: Wed Aug 17, 2011 5:02 pm
by ArnoldM
Mooi gemsbok daai Brno, baie geluk!

Re: Kamanjab Namibi

Posted: Wed Aug 17, 2011 5:03 pm
by Ponkie
Brno

Netjies ou maat! Is dit die gemsbok wat jy my vertel het jy wil gaan skiet? Het jy hom gestalk (70m??)
Dis sommer 'n mooi bul. Ons het net koeie en een jong bul in Junie geskiet, maar die wild was spekvet!

ns. Lyk soos 'n breinskoot? Die ou Oom by wie ons gejag het se mens skiet 'n gemsbok IN sy oor dood!

Groetnis
Ponkie

Re: Kamanjab Namibi

Posted: Thu Aug 18, 2011 8:40 am
by Brno308 jagter
Ponkie

Ja dis daai gemsbok wat ek van gepraat het.

Ek het hom tussen die linker oog en oor geskiet, die 180gr Nosler Partition het die hele skedel stukkend geruk met die gevolg dat die horings los was in die skedel na die skoot.

Ons het koedoes gewaar en was op hulle spoor toe ek sonder om dit te verwag in die bul vas geloop het -  hy MOES toe maar bakkie ry.!  ;)

Ek heg nog 'n beter foto aan om sy horings mooi vir jou te wys - Was regtig waar 'n prag bul gewees.!

Groete,

Brno

Re: Kamanjab Namibi

Posted: Fri Aug 19, 2011 7:21 am
by Hugov
Baie mooi, wel gedaan!!!

Re: Kamanjab Namibi

Posted: Fri Aug 19, 2011 9:10 am
by Frikkiedbr
Wow dit is 'n mooi bokkie daai en ja nee sien hy ry saam in die bakkie.
Baie mooi !!

;D