Goeie dag...
Laas week lui die telefoon en 'n goeie maat van my vra of ek nie asb vir hom 'n paar bokke wil kom uitskiet nie...dadelik is ek dankbaar vir sy keuse. Ons het lekker vroeg in die koue vertrek en toe die son sy kop uitsteek was ons daar. Myburgh het sy pel ook saam gevat wat nog nooit by was met 'n jagtery nie. Die elande was seker so vyf bymekaar en die jong bul het op 136 meter effe skuins weg gestaan van my en hy was effens onrustig...die skoot het geloop en die bokke het vinnig verdwyn tussen die digte bos. Ek het geloop na die plek waar die bokke gestaan het en kon geen bloed sien nie...net 'n klomp hardloop spore en spore van ander wild. Ek het vir Myburgh gewys hy moet die hond losmaak en na hy so paar sirkels gehardloop het , het ek hom hoor blaf so 300m verder die dik bos in. Ek het stadig nader geloop aan die onderkant van die wind en gesien hy staan by die bok wat lê in die gras met sy kop wat nog lekker sterk regop is. Ek het die bul 'n tweede skoot geskiet om hom te verlos en dankie weereens aan Ruger. Toe ek die bok slag het ek gesien ek het my misgus met die hoek waarteen die bok gestaan het, hy het effe skuins na my gestaan en net een long is getref. Verder was die dag lekker en Myburgh het ook 'n mooi ram geskiet.
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_122405mmmm_zps9pwpzayj.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_135913mmmm_zpsim1sobnx.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_125629mmm_zpsq1t9vyms.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_141610mmmmm_zps42gkowga.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_154523mmmmm_zps0cb5lrjp.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_150343mmmmm_zpsf52ljkvv.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_150244mmmm_zps2tcpkoer.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_133907mmmm_zpsziqvttjw.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_1544450mmmmmmm_zpsmbkpc4or.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170603_101428mmmmmm_zpscetsvydc.jpg
Ons maak weer so...
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Ons maak weer so...
Baie spesiaal, veral vir die jong mannetjie wat op sy 1ste jagtog was. Sal nie verbaas wees as daai gogga nou gebyt het nie...
Mooi bokke daar Ben.
Mooi bokke daar Ben.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Ons maak weer so...
Jy praat waar....was ñ ondervinding vir die mannietjie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ons maak weer so...
Wens ek kon daardie mannetjie gewees het. Tussen jou en die Ozzies wat so baie varke skiet raak ek baie jaloers.
Dankie dat jy kunsmis gooi om ander jonges te leer van jag.
Dankie dat jy kunsmis gooi om ander jonges te leer van jag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Ons maak weer so...
Baie mooi rooibok wat Myburgh geskiet het, perfekte skoot plasing. Baie geluk met al julle bokke. Lekker om die jong manne so groot te maak.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Ons maak weer so...
Dankie Joe....ons het lekker tye saam in die veld...as als mooi loop dan skiet Myburgh binnekort sy eerste Gemsbok...hy is baie opgewonde.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Ons maak weer so...
Baie mooi baie dankie vir die deel
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2487
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Ons maak weer so...
Baie Geluk mooi bok
