Lekke trippie
Posted: Fri Jun 09, 2017 1:50 pm
Elke jaar pak ek en 3 van my jagpelle n trippie aan, om so bietjie te gaan ontspan en te ontlaai. Hierdie jaar het ons besluit om weer terug Cradock toe te gaan.
Vrydag tot Sondagoggend 26 tot 28 Mei was lank aan die beplanning en selfone het voor die tyd bly gons met die beplanning en die opgewondenheid. Dit gaan nie by ons oor trofees nie, net lekker jag.
Vrydagoggend 08:00 kom ons uit alle windrigtings op die plaas aan. Vinnige "brunch" en daar gaan ons veld toe.
So paar van my fotos van die twee dae: Op hierdie een is ek nogal trots. My een pel moet skiet en ek range vir hom. 320 meter. Hy skiet en die bok spring in die lug op. Die gids is van mening die bok is gekwes, nou is dit vir doodskiet. Die ram draf so ent weg en ek volg op, met n doodskoot. Range die bok waar hy le. 341 meter. Daar aangekom, was die bok nooit gekwes nie en het net my skoot deur sy ribbes.
Ek kry nie nog attachments gelaai nie, so sal maar n vervolgverhaal moet skryf.