Goeie môre....
Laas week het ek en Ruger 'n draai gaan stap. Elke keer as ons by die waterpannietjie kom maak ek hom los sodat hy kan swem en drink. Die wind het sterk in ons rigting gewaai , toe ek hom losmaak het hy sommer so half skuins deur die water gehardloop en begin blaf, ek is toe agterna en het gehoor die blaf raak al verder tot als stil was...ek kon nie lekker verstaan wat aangaan nie en is trug na die watergat en kon sien hy is op 'n vark se spoor ...ek het die spoor gevat en gesien hy is so een kilometer verder weg onderdeur die jakkalsproef agter die vark aan...ek het weer trug gestap water toe en vir 2 ure daar sit en wag. Teen die tyd was dit al 14hoo en ek het maar begin roep en fluit maar niks het opgedaag nie. Ek besluit toe ek gaan wag tot die son sak en dan weer begin soek en roep omdat klank verder trek in die nag. Teen 9 uur die aand het ek 'n lekker groot vuur gemaak en begin fluit en roep, intussen wou Myburgh al weet wanneer ek huis toe kom, ek het hom maar gesê ons hond is weg en hy het net die telefoon saggies neergesit en ek kon hoor die man se trane sit vlak. Ek het maar aanmekaar hout opgesit en aanhoudend geroep en weer begin stap...niks het opgedaag nie. Teen 23hoo was ek weer by die bakkie en het hout opgepak en gehoop hy kom uit die donkerte aangedraf, toe teen 23h10 hoor ek hom blaf in die buurman se veld, maar baie vêr van my af. Intussen het ek sy fotos versprei op alle groepe, Ruger is redelik bekend in die omgewing. Ek kon aan sy blaf hoor hy beweeg rond en klink benoud. Teen 24hoo het Myburgh gebel en gevra ek moet asb huis toe kom. Die volgende oggend vroeg was ek en 'n maat weer trug om te gaan soek. Ons ry toe na die plek waar ek vuurgemaak het en hom die laaste keer geroep het. Toe ons so nader gery kom toe sien ek daar sit die man langs die hoop dooie kole lekker regop en wakker. Hier is die foto waar hy gesit en wag het toe ons aangery kom. Geen geld in die wêreld kan 'n mens se hond vervang nie, veral nie as hulle al so behendig is met spoorvat nie. Die middag toe Myburgh van die skool af kom wou hy weet op ek hom gekry het, ek deel hom toe mee dat hy weg is, en toe Myburgh sy kamerdeur oopskyf lê Ruger vir hom en wag op sy bed...ek en Myburgh was altwee oorbluf van vreugde en Myburgh het hom dadelik opgetel en aan die huil geraak.
Groetnis
Weg maar weer gevind...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Weg maar weer gevind...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Weg maar weer gevind...
Ai Ben, Ruger is al soos ons almal hier se eie hond en ons trane sou saam julle vlak gesit het. Baie bly jy het hom terug, darem niks lekker om te sit en wag vir jou dier om terug te kom nie.
PS, daai was 'n lae hou na heeldag se bleddie skool!
PS, daai was 'n lae hou na heeldag se bleddie skool!
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Weg maar weer gevind...
matewis wrote:
PS, daai was 'n lae hou na heeldag se bleddie skool!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Weg maar weer gevind...
glo hy het ook n les hieruit geleer!
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Weg maar weer gevind...
Shoe dink nie my hond sou weer kon die pad terug kry nie as hy eers spoor vat draai hy nie om nie... Beagles darm...
Altyd lekker om te lees dinge het goed uitgedraai!
Altyd lekker om te lees dinge het goed uitgedraai!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Weg maar weer gevind...
Mooi storie met goeie einde! Ek het ook al so hond gesoek op die plaas en eers volgende oggend die J-R gekry. Die wetter slaap deesdae styf teen ma se rug - seker nog bang hy moet buite slaap.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Weg maar weer gevind...
Mooi storie Ben, baie bly vir julle.
Daai brakkie is soos 1 van mens se kinders...
Daai brakkie is soos 1 van mens se kinders...
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Weg maar weer gevind...
Ben ek ken daai gevoel. My hond was 10dae weg. Op die 10de aand 23:00 aan die deur gekrap. Hy het n lekker steak gekry. Ek was oortuig n bobbejaan het hom dood gebyt.
Paar maande later het my buurman my gebel en gese my hond is in die grondpad, 5km van die plaas af. Hy het die probeer in sy bakkie kry en my later gebel en gese die hon wil niks weet nie. Later daardie middag was die hond by die huis.
Paar maande later het my buurman my gebel en gese my hond is in die grondpad, 5km van die plaas af. Hy het die probeer in sy bakkie kry en my later gebel en gese die hon wil niks weet nie. Later daardie middag was die hond by die huis.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Weg maar weer gevind...
Mooi storie Ben, baie bly vir julle.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Weg maar weer gevind...
Dit moes 'n hengse verligting gewees het! Hoe gaan jy nou in die toekoms maak om 'n herhaling hiervan te probeer verhoed? Ek neem aan jy weet steeds nie wat presies gebeur het nie . . . behalwe dat hy spoor gevat het.