Botswana Jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
nyati375
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed May 11, 2011 7:44 pm

Botswana Jag

Post by nyati375 »

Ons het verlede week gaan jag in Botswana teen die Limpopo rivier. Maande se uitsien na ons jaarlikse trip het uiteindelik aangebreek en ons is so 9:00 Woensdagoggend deur die grens. 13:00 was ons in die veld na 'n vinnige brunch. Ons het dadelik gesien dat die bokke al redelik wild geskiet is. Ons gaan gewoonlik vroeer in die seisoen. Die jagters voor ons het 54 rooibokke en paar koedoes vir die week gejag.

Ek wou baie graag 'n bosbok skiet, so ek het op die wal van die limpopo rondgesluip die laaste paar ure voor sononder. Ek wou kyk op een van die eilande in die limpopo om te sien of daar nie dalk bosbokke skuil nie. Ek het egter net 'n groot trop koedoes op die eiland gekry en rondom hulle probeer sluip. Hulle het my toe gehoor en uit die bosse gebars. Voor my het daar twee bosbok ramme ook gehardloop wat hulle verjaag het. Ek het toe verder die middag net bosbok ooie en koedoes gesien.

Die volgende oggend het ons eers op 'n ander deel van die plaas gejag vir rooibokke en wildebeeste. Ek het so uur gestap voor ek 'n rooibok hoor blaas het. Ek en die gids het na die blaas geluid gestap en onder die wind gekom. In 'n straat tussen die mopanies het 'n mooi rooibok ram nek gerek vir ons gestaan en kyk. Ek het hom geskiet voor die bors en was dankbaar vir die mooi bok. Nadat ons hom gesleep het tot by die naaste pad en 'n nota op die bakkie ruit gelos het vir my broer om die bok te laai was ons weer die mopanies in. Die plan was om die 8km tot by die kamp terug te werk. Na drie ure se loop waar ons net koedoes gesien het het ek 'n beweging regs van my gesien. Ons was besig om in die pad te stap naby die kamp. Daar was paar rooibokke wat paralel met ons geloop het. Ons het in die pad gewag vir hulle om te kruis. Ek wou 'n ooi skiet, maar die ram het eerste oor die pad gekom en ons gesien. Hy het omgespring en ek het hom weer voor die bors geskiet. Die ram se lyf was uitsonderlik groot. Sien foto's.

Terug by die kamp was ek flou na die +- 15km se stap. Ons het weereens lekker brunch gemaak en bietjie gerus. So teen 14:30 het ons afgery na die Limpopo. Dis so 10km padlangs. Ek het my broer afgelaai en verder gery. Die plan was dat hy na die bakkie sou stap en my dan teen sononder oplaai. Die stuk teen die Limpopo is so 5km waar ek kon soek na die bosbokke. Ek en die gids het die laaste kilometer of twee gestap limpopo toe van waar ons die bakkie gelos het. Ek kon nog 'n rooibok ram en koedoe koei skiet, maar my gedagtes was reeds besig met die bosbokke.

Ons het weer onder in die limpopo begin stap, teen die water. Ek was soms skrikkerig met die riete hoer as my kop en die seekoeie en krokodille in die area. Daar was ook paar dae vroeer klomp olifante deur die plaas. Toe ons weer die eiland bereik van die vorige dag het ek die eiland probeer fynkam met my verkyker, maar kon niks sien nie. Dit is stik donker in daardie digte bos. Ons het toe om die eiland begin werk. Stadig. Ek het effend moedeloos geraak toe ons die einde van die eiland bereik, maar toe sien ek een sonstraal wat blink op die effense rooi van 'n bosbok. Ek kon eers nie in die donker sien watter kant is voor of agter nie, maar hy draai toe effens toe hy van ons bewus raak. Toe ek sy horings sien skiet ek hom skuins van voor. Die 375 punt is vinnig deur en hy het een tree gegee voor hy gaan le het.

Ek het 'n vinnige skietgebed gedoen, want hierdie was een van my groot drome. Ek kon nie vir 'n beter 'setting' vra nie. Regs van my het 'n krokkodil oomblikke gelede nog in die water gedryf. Die visarende het geroep en verder was die enigste geluid die gekibbel van die water in die limpopo. Wat 'n voorreg.

Teen Donderdagmiddag was my jag toe verby en ek kon lekker saam my familie en vriende stap en hulle ervarings saam met hulle geniet. Ons het 11 Rooibokke, Bosbok en Zebra gejag vir die naweek.
IMG_1293.JPG
IMG_1298.JPG
IMG_1291.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by nyati375 on Wed Jul 19, 2017 3:32 pm, edited 2 times in total.
nyati375
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed May 11, 2011 7:44 pm

Re: Botswana Jag

Post by nyati375 »

Ram1.jpg
Nog 'n foto van die eiland

Eerste ram
IMG_1295.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by nyati375 on Wed Jul 19, 2017 3:31 pm, edited 1 time in total.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Botswana Jag

Post by FHM »

Geluk met jou suksesvolle jag "buffel 375"
Baie mooi daar waar jy gejag het! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Botswana Jag

Post by DWB »

Pragtig! Baie geluk!

Ook op my Bucket List!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Botswana Jag

Post by ruaanb »

baie geluk met die mooi bokke.
Maartin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Thu Oct 01, 2015 5:40 pm

Re: Botswana Jag

Post by Maartin »

Yster van 'n bosbok daai, Baie geluk
Everything seems impossible, until it is done.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Botswana Jag

Post by koos 2 »

Baie geluk aan die jagter
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Botswana Jag

Post by Parker »

Lekker storie. Waar in Botswana het julle gejag? Ek jag ook gereeld op twee plekke daar. Een by Groblersbrug deur en die ander een by Stockpoort. Albei plase ook teen die rivier. Billike pryse in Botswana op die stadium.
Stoot lood!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Botswana Jag

Post by Frederik »

Mooi bosbok baie geluk.
Bosvark.303
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Wed Apr 24, 2013 9:22 pm

Re: Botswana Jag

Post by Bosvark.303 »

Besonderse horings op daardie bosbok. Baie geluk
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Botswana Jag

Post by tau »

Baie geluk dit is vrek mooi daar.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: Botswana Jag

Post by honda2 »

Baie geluk. Baie mooi bokke daai.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Botswana Jag

Post by win270 »

Mooi storie, pragtige omgewing en knap geskiet!! Daardie area is werklik 'n jagmekka.
Post Reply