CZ .416 Rigby te koop (Soos nuut)

Have some thing for sale, trade or looking to buy? No commercial ads allowed!
Post Reply
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

CZ .416 Rigby te koop (Soos nuut)

Post by Jakes73 »

Middag almal,

Ek verhuis buiteland (US) toe aan die einde van die maand (30/9) en bied 'n CZ .416 Rigby te koop aan. Die geweer is tans nog by Safari & Outdoor in Pretoria.

Die geweer kom met 'n Leupold VX3 1.5-5x20 scope (klaar ge-mount, ongelukkig nie quick release mounts nie) en het ook 'n kwik recoil reducer klaar ingebou in die kolf. Saam met die geweer gee ek 'n tweedehandse Lyman die stel (Wouter het dit destyds aan my ge-skenk so ek "pay-dit-forward"). Ek het ook 100 x splinter nuwe Norma doppe wat ek saam met die geweer verkoop.

Ek het die geweer einde 2015 deur Safari by een van hulle direkteure (Jandre Arangies) gekoop maar het nooit die lisensie aansoek ingedien nie. Die emmigrasie ding hang nou al 'n ruk oor ons koppe en het nou eers tot 'n punt gekom. Destyds toe ek die geweer gekoop het, het Divan Swanepoel vir my gese dat Jandre slegs die geweer gaan inskiet het voor hy verkoop het om 'n groter kaliber te finansier. Die geweer is regtig nog soos nuut, en kan by S&O Pretoria besigtig word, laat weet my net as jy wil gaan kyk dan reel ek.

Ek het +-R26000.00 vir die pakket betaal maar sal dit laat gaan vir R22000.00 (of naaste kontant aanbod) omdat ek oor 12 dae verhuis. Die geweer se papiere is by my maar soos genoem is die geweer by S&O Pretoria.

Julle kan my kontak op 081 sewe, sewe, sewe 6173 dan kan ons gesels.

Groete
Jaco
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: CZ .416 Rigby te koop (Soos nuut)

Post by DWB »

Jakes, watse kolf het die geweer op?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: CZ .416 Rigby te koop (Soos nuut)

Post by Jakes73 »

DWB wrote:Jakes, watse kolf het die geweer op?
Hi Deon,

Dis die standaard hout kolf wat die CZ 550 mee uit kom. Sover my kennis strek noem hulle dit die "European-style drop-comb stock".

Jaco
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: CZ .416 Rigby te koop (Soos nuut)

Post by DWB »

Dankie, ek stuur vir 'n vriend.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply