Ware feite aangaande Vuurwapen Amnestie

Post Reply
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Ware feite aangaande Vuurwapen Amnestie

Post by Hercules Louw »

Nuusbrief van SA Jagters
10 November 2017

Geagte Kollega

Daar is gister ‘n Facebook-inskrywing versprei deur een van die organisasies in die vuurwapengemeenskap oor ‘n moontlike amnestietydperk wat op 8 November aan die Portefeuljekomitee oor Polisie in die Parlement voorgehou is. Hierdie alarmistiese boodskap het soos ‘n veldbrand versprei en onsekerheid gesaai oor die werklikhede rondom vuurwapenlisensies wat reeds verval het en nie betyds hernu is nie.
Dit is na my mening bloot goedkoop publisiteit en ‘n poging om hulleself te bevoordeel en lede te werf deur paniek te saai. Moet u asseblief nie daaraan steur nie.

Die feite is soos volg.
Die Polisie het inderdaad op 8 November aan die Portefeuljekomitee voorgestel dat ‘n amnestietydperk afgekondig moet word wat sal strek van 1 Februarie 2018 tot en met 31 Julie 2018.
Die Portefeuljekomitee het sekere vereistes gestel wat deur die Polisie aangespreek moet word soos byvoorbeeld dat geen Polisiestasie van waar daar onlangs vuurwapens weggeraak het, ingesluit mag word in die amnestie nie. Die Polisie is teruggestuur om hieraan aandag te gee en ‘n hersiende voorstel volgende week Woensdag aan die Portefeuljekomitee voor te hou.

Sou die hersiende voorstel van die Polisie volgende Woensdag deur die Portefeuljekomitee goedgekeur word, kan die Polisie versoek dat die voorstel op die sakelys van die Nasionale Vergadering (parlement) geplaas word. Slegs indien die voorstel voor 30 November 2017, wanneer die Parlement in reses gaan, deur die Nasionale Vergadering (parlement) goedgekeur word, sal die amnestie deur die Minister afgekondig kan word. Hierdie kans is na my mening redelik skraal maar dit kan seker wel gebeur.
Nou is die tyd wat ons warm harte en koel koppe nodig het. Die land is reeds op ‘n brandpunt met die klomp emosie rondom “Swart Maandag”, plaasmoorde en geweldsmisdade. Moet u asseblief nie steur aan goedkoop publisiteit en emosiebelaaide boodskappe nie.

Ons is lankal bewus daarvan dat daar wel ‘n amnestie afgekondig kan word. Dit is ‘n kwalik bedekte poging van die Polisie om uit die moeilikheid te kom deur ‘n meganisme te probeer skep waarmee die wapens waarvan lisensies verval het en nie betyds hernu is nie, op ‘n “wettige” wyse weer ‘n nuwe lisensie te laat kry. Sou só ‘n wapen wel ingehandig word tydens ‘n amnestie dan maak die wet inderdaad voorsiening daarvoor dat die persoon wat die wapen inhandig wel kan aansoek doen vir ‘n nuwe lisensie vir die wapen.
Enige amnestie spreek nie die kern van die probleem aan dat die Polisie nie werklik die vermoë het om ‘n massa wapens wat ingehandig kan word te hanteer en veilig te bewaar nie. Net so spreek dit ook nie die leemtes in die wet aan nie. Dit is wel bekend dat wapens wat uit die Polisie se SAP 13 stoor weggeraak het inderdaad aan bendelede verskaf is.

Die Portefeuljekomitee het byvoorbeeld onder andere die standpunt gehad dat wapens tydends ‘n amnestiedydperk slegs aan die bevelvoerder van ‘n polisiestasie oorhandig behoort te word. Verder moet sekere polisiestasies waar wapens nie veilig bewaar kan word nie, nie ingesluit word in die amnestie nie. Dit skep ‘n massiewe probleem vir die polisie aangesien die amnestie dan gefokus kan word op slegs sekere polisiestasies. Hulle gaan dit baie moeilik maak werk.

Na my mening is hierdie net so ‘n goedkoop poging van die polisie om wel ‘n metodiek te skep om wapens waarvan die lisensies verval het weer wettige lisensies te kan gee. Die doel hiervan is bloot om wanneer die appèlsaak op 8 Februarie in die Grondwethof aangehoor word te kan sê dat hulle wel ‘n wettige alternatief geskep het vir mense wie se lisensies verval het om op wettige wyse weer sodanige wapens te kan lisensieer. Die fout wat hulle hiermee maak is dat ‘n amnestie geensins die foute en leemtes in die Wet op Vuurwapenbeheer sal aanspreek nie.

Ons is net so ook bewus daarvan dat die Polisie reeds ‘n konsepwysigingswet voorberei het en dat dit binnekort vir kommentaar gepubliseer kan word. Ook in hierdie geval gaan dit nie die probleem wat die Polisie op 8 Februarie in die Grondwethof moet aanspreek oplos nie

Moet u asseblief nie steur aan goedkoop publisiteit en alarmisties boodskappe nie. Bly koelkop oor hierdie sake. SA Jagters sal van tyd tot tyd wel boodskappe aan u stuur met advies oor hoe om op te tree in enige gevalle en ons gaan voort met voorbereiding vir die appèlsaak op 8 Februarie 2018. Sou daar ‘n konsepwysigingswet beskikbaar gestel word sal ons reageer daarop en sal ons u ook adviseer oor enige moontlike optrede.

Indien daar enige onsekerheid is, is u welkom om my te skakel
Vriendelike groete
Fred Camphor
HUB: SA Jagters
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Ware feite aangaande Vuurwapen Amnestie

Post by Harambe »

"sekere" organisasies maak elke jaar rondom Kerstyd die mense skrik sodat hulle ekstra geldjies kan insamel vir bonusse.
Of so iets
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ware feite aangaande Vuurwapen Amnestie

Post by PWV »

Dankie vir die inligting, Hercules!
Last edited by PWV on Fri Nov 10, 2017 4:28 pm, edited 1 time in total.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Ware feite aangaande Vuurwapen Amnestie

Post by airhunter »

Kyk ek weet nie wat ander organisasies vir ons skiet manne doen nie. Ek ken net SA Jagters en ek laaik SA Jagters stukkend.
Dankie Hercules
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Ware feite aangaande Vuurwapen Amnestie

Post by Chevvy SS »

Dankie Hercules.

Wat behoort die wetlike aspek te wees wanneer die SAPD jou geld geneem het vir die vervalde lisensie, maar nog steeds die inhandiging versoek? 'n Kontrak bestaan tog uit 2 aksies; dus behoort hulle almal se geld eers terug te betaal voor hulle hierdie stap wil doen?

Dit beteken tog ook dat die groen kaartjies nog geldig is en hierdie amnestie net "a storm in a teacup" is? Ek het geweet hierdie twak sal weer begin as Bothma terug is en sal nie verbaas wees as hy die voorsitter van GFSA is nie.
Post Reply