Goeie dag,
Ek gaan einde Julie in Warreton jag.
My probleem is dat ek 1 dag het om te skiet en dan moet ek daai selfde dag terug ry Pretoria toe.
Nou wat sal julle voorstel hoe moet die karkas vervoer word?
Vel aan los? hoe maak mens?
Ek luister graag.
Dankie
Vervoer van karkasste
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Vervoer van karkasste
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Vervoer van karkasste
Siende Dit net 'n dag is sal die huur van 'n koel trailertjie nie te duur raak nie... Dit hang ook af hoeveel bokke daar gaan saam ry.. 1 of 2 gaan dit dalk nie regverdig nie....maar hier by 4 of 5 sal ek sê dis die beste opsie.
Wat die vel betref.... Hang hulle in koelkamer op die plaas... Trek velle af net voor jy ry.... Ek ken nie 'n slaghuis wat 'n bok met sy vel aan sal aanvaar nie??
Groete
Frans
Wat die vel betref.... Hang hulle in koelkamer op die plaas... Trek velle af net voor jy ry.... Ek ken nie 'n slaghuis wat 'n bok met sy vel aan sal aanvaar nie??
Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Vervoer van karkasste
Vervoer van 'n warm pas gejagde karkas is nooit aan te beveel nie. Op 'n warm dag is daai karkas binne 2 ure aan die vrot. Indien jy dit moet doen haal dan die vel af want die vel gaan hitte inhou. Maak 'n paar handoeke nat en sit karkas after op bakkie met die nat handoeke bo-oor sodat die water wat verdamp die karkas kan afkoel. Gooi ook water in 'n klompie 2L Coke bottels en vries dit en sit dit binne in die karkas. Ry reguit slagter toe en moet nie eers gaan afpak by die huis nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Vervoer van karkasste
Ek vervoer altyd bokke in die vel vir so 1000 km in 'n gewone toe waentjie. Dit is egter bokke wat in die yskoue Oos-Kaap so nag of twee gehang het. Ek sou dit ook nie waag met warm bokke wat vars geskiet is nie.
Slaghuise wat nie as abbatoir geregistreer is nie, sal nie die bokke aanvaar met die velle aan nie.
Indien jy nie 'n verkoelingswaentjie kan huur nie, wat van droë ys? Iets soos die: https://dryice.co.za/4-hunting/
Slaghuise wat nie as abbatoir geregistreer is nie, sal nie die bokke aanvaar met die velle aan nie.
Indien jy nie 'n verkoelingswaentjie kan huur nie, wat van droë ys? Iets soos die: https://dryice.co.za/4-hunting/
