LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issues
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Ek't gedink om hierdie draad te begin om 'n paar issues met die opstel en gebruik van 'n LR vas te vang en mekaar van hulp te wees. Hier moet ouens wees wat al met dieselfde "issues" te doen gehad het, wat klaar gesukkel het en weet hoe die apparaat regtig werk. Die handleiding is oulik en ek kry fantastiese ondersteuning van Callie by Multech. Dankie Callie.
Die eerste onderwerp wat ek wil aanroer en waaroor ek graag advies/hulp wil vra, handel oor Bluetooth connection en die Android App :
Iets wat die handleiding min oor uitbrei en waarmee ek sukkel is die BlouTand gedeelte. Myne wou net nie konnekteer nie. Ek het toe met Gawie gepraat wat my toe daarop gewys het dat jou foon se opstel moet wys nie net dat jou bluetooth aan is nie, maar dat jou foon ook "visible" moet wees vir ander apparaat. Dankie Gawie. Dit alleen was egter nie genoegsaam nie, want steeds wou myne nie connect nie. Ek't toe op die internet opgetel dat jou foon se location moet aan wees. Myne was wel aan, maar nadat ek dit af en weer aan gesit het, het Bloutand gekonnekteer. Goed, so dis n les geleer.
Dit is egter nie my enigste probleem nie. Wanneer ek op die skietbaan die bedryf se Bluetooth konnekteer, bly hy nie connected nie. Ek kry uit die bloute (geen pun intended) sommer n boodskap wat iets sê soos "Bluetooth has stopped working/not connected anymore" of so iets. Kan nie die presiese woorde onthou nie. Wat doen ek hier verkeerd?
Verder kry ek nie die LR ge-"ARM" dmv my foon via Bluetooth nie (vir die 30 odd sekondes wat hy wel via Bluitooth connected is). Wat doen ek verkeerd?
Ek bied my hulp aan met dit wat ek reeds uitgesorteer het. Hoop egter iemand kan my van hulp wees met die Bluetooth gedeelte.

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issues
Mens moet jou LR se sagteware ook update voor die Bluetooth funksie werk. Het dit raak gegoogle.
Met 'n Iphone werk die app ook net so so.
Ek het myne se Arm time op 300 sekondes gestel en Arm hom voor ek agter my roer inskuif.
Dis gewoonlik genoeg tyd om my string klaar te skiet.
Ek dink die app kn goed werk maar intussen gebruik ek die ou metode
Sent from my iPhone using Tapatalk
Met 'n Iphone werk die app ook net so so.
Ek het myne se Arm time op 300 sekondes gestel en Arm hom voor ek agter my roer inskuif.
Dis gewoonlik genoeg tyd om my string klaar te skiet.
Ek dink die app kn goed werk maar intussen gebruik ek die ou metode
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Stem saam, ek sien nog nie n update nieHansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Jy moet eers die Labradar se firmware update deur die update op jou pc of nb af te laai en dan moet jy dit op SD kaart sit en in jou Labradar sit. Dit update die firmware op die Labradar sodra jy hom dan aansit.Hansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Jy moet nie die LR en Jou foon “pair” soos jy met ander toeristing gewoonlik met jou foon sal doen nie.
Jy search net vir new device van die app op jou foon af the n dan connect jy met die Labradar.
Ek het geen issues met die Iphone app nie en dit is ‘n groot aanwins.
Soos jy noem frustrasie was dat mens elke keer uit skiet posiesie moes uit opstaan om te arm, nou doen ek dit van foon af en lekkerste ding na dit is dat al die data op jou foon wys en stoor. Jy kan nuwe strings begin van jou foon af ook so jy raak nie weer aan LR nadat jy begin skiet het nie. Alle funksies op die LR word beheer met die foon, delete van skote ens. Ens.
Ek het die app op 2 x iphones en hy werk 100% op beide.
Kan ongelukkig nie help met android nie.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
JPS
Ekt alles gedoen soos jy hierbo sê en toe connect alles met mekaar, maar die connection bly nie aan nie. My firmware is Version 1.2.3 wat die nuutste is op mylabradar.com. Met die ander Version 1.1.5 (ook op hulle website) wil die bluetooth glad nie connect nie.
Ekt alles gedoen soos jy hierbo sê en toe connect alles met mekaar, maar die connection bly nie aan nie. My firmware is Version 1.2.3 wat die nuutste is op mylabradar.com. Met die ander Version 1.1.5 (ook op hulle website) wil die bluetooth glad nie connect nie.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Hi myne het ook so gemaak het n setting gestel sodat die labradar nie dim nie dink amper dit was screensaver en die timeout langer gemaak. Dit het gewerk vir my jy kan ook kyk op jou foon dat daar nie timer op jou bluetooth visibility is nie. Jy kan daaraan dink soos n foon wat jy by rekenaar inplug. Afhangende van die protocol wat geskryf is sal hy sodra hy die screen autmaties sluit die foon diskonnekteer van die rekenaar. Hoop dit help.
Vriendelike groete,
Corné van der Vyver
072 918 8404
Corné van der Vyver
072 918 8404
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Myne ook presies so gedoen en hy verloor ook sy konneksieJPS wrote:Jy moet eers die Labradar se firmware update deur die update op jou pc of nb af te laai en dan moet jy dit op SD kaart sit en in jou Labradar sit. Dit update die firmware op die Labradar sodra jy hom dan aansit.Hansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Jy moet nie die LR en Jou foon “pair” soos jy met ander toeristing gewoonlik met jou foon sal doen nie.
Jy search net vir new device van die app op jou foon af the n dan connect jy met die Labradar.
Ek het geen issues met die Iphone app nie en dit is ‘n groot aanwins.
Soos jy noem frustrasie was dat mens elke keer uit skiet posiesie moes uit opstaan om te arm, nou doen ek dit van foon af en lekkerste ding na dit is dat al die data op jou foon wys en stoor. Jy kan nuwe strings begin van jou foon af ook so jy raak nie weer aan LR nadat jy begin skiet het nie. Alle funksies op die LR word beheer met die foon, delete van skote ens. Ens.
Ek het die app op 2 x iphones en hy werk 100% op beide.
Kan ongelukkig nie help met android nie.
Smous, sal jou truuk doen en rapporteer!
Sent from my iPhone using Tapatalk
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
op jou android foon gaan in op Bluetooth setup menu.
sit Bluetooth dan aan. jy sal 3 kolletjies onder mekaar regs bo sien.
as jy op dit click/druk dan kom die menu op. kies die visibility opsie.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181023/a01920dcca53460545c1c54ebaac73d2.jpg
jy kan dan die timeout stel.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181023/3b3d3edea9ca166146709d2aa4349c1b.jpg
sit Bluetooth dan aan. jy sal 3 kolletjies onder mekaar regs bo sien.
as jy op dit click/druk dan kom die menu op. kies die visibility opsie.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181023/a01920dcca53460545c1c54ebaac73d2.jpg
jy kan dan die timeout stel.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181023/3b3d3edea9ca166146709d2aa4349c1b.jpg
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Ek het 'n ou Iphone 5s waarop hy konnekteer.Apie wrote:Myne ook presies so gedoen en hy verloor ook sy konneksieJPS wrote:Jy moet eers die Labradar se firmware update deur die update op jou pc of nb af te laai en dan moet jy dit op SD kaart sit en in jou Labradar sit. Dit update die firmware op die Labradar sodra jy hom dan aansit.Hansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Jy moet nie die LR en Jou foon “pair” soos jy met ander toeristing gewoonlik met jou foon sal doen nie.
Jy search net vir new device van die app op jou foon af the n dan connect jy met die Labradar.
Ek het geen issues met die Iphone app nie en dit is ‘n groot aanwins.
Soos jy noem frustrasie was dat mens elke keer uit skiet posiesie moes uit opstaan om te arm, nou doen ek dit van foon af en lekkerste ding na dit is dat al die data op jou foon wys en stoor. Jy kan nuwe strings begin van jou foon af ook so jy raak nie weer aan LR nadat jy begin skiet het nie. Alle funksies op die LR word beheer met die foon, delete van skote ens. Ens.
Ek het die app op 2 x iphones en hy werk 100% op beide.
Kan ongelukkig nie help met android nie.
Smous, sal jou truuk doen en rapporteer!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hy verloor maar kort kort sy konneksie
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Connect nou al, Arm nou al van my foon af, maar hy bly flippen disconnect. Dis uiters irriterend...vir my.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
OK...Samsung upgrade gedownload en nou bly die konneksie stabiel en dit werk regtig regtig baie lekker as die App mooi werk.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Na 4 skietbaansessies is al my issues nou uitgesort...en wat 'n vreugde om nou met die LR te werk.
Dankie vir Gawie se tip oor die strooitjie of BIG pen wat mens bo-op moet vassit met kleefband om die LR akkuraat te rig op die teiken. Dit is uiters nodig om die LR reg te rig anders kry mens nie al jou lesings nie. Vandat ek dit begin doen het, is dit nou net vreugde...al die pad.
Dankie vir Gawie se tip oor die strooitjie of BIG pen wat mens bo-op moet vassit met kleefband om die LR akkuraat te rig op die teiken. Dit is uiters nodig om die LR reg te rig anders kry mens nie al jou lesings nie. Vandat ek dit begin doen het, is dit nou net vreugde...al die pad.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Morne Van Der Merwe
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
More,
Ek het dieselfde probleem met my iphone6.
En ook as ek my LR op stel soos hul aandui met KD, lees hy glad nie die skoot nie, 10 skote agter mekaar geskiet met my 6.5 CM, nie 1 skoot gelees nie.
LR vir my laat weet die unit moet so 6” voor die loop wees en 6” na regs of links.
Dit nog nie probeer nie.
Groete

CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13576
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Stel hom op dat die loop of dan nou die punt van die KD net agter die LR is dan sal hy hom lees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Jy bedoel dat die Labradar tussen die kroon en die teiken opgestel is?Capt. Oblivious wrote:Stel hom op dat die loop of dan nou die punt van die KD net agter die LR is dan sal hy hom lees
Last edited by Gawie(13mm) on Wed Nov 14, 2018 12:04 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Jy kan sy 'trigger' sensitiwiteit ook fyner stel
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Morne Van Der Merwe
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Ek het hom opgestel soos LabRadar voor gestel het, die LR 6” voor en regs of lings van loop, en het al die skote gelees.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
- Morne Van Der Merwe
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Wat moet n mens doen as jy klaar n paar rondtes geskiet, disarm die LR, en dan die informasie te kyk?
Ek kry net die info wat laaste skoot, al wat werk as jy LR afsit en weer aan sit om die laaste skote se informasie te kry.
Doen ek iets verkeerds?
Ek kry net die info wat laaste skoot, al wat werk as jy LR afsit en weer aan sit om die laaste skote se informasie te kry.
Doen ek iets verkeerds?
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Lees die instruksies.Morne Van Der Merwe wrote:Wat moet n mens doen as jy klaar n paar rondtes geskiet, disarm die LR, en dan die informasie te kyk?
Ek kry net die info wat laaste skoot, al wat werk as jy LR afsit en weer aan sit om die laaste skote se informasie te kry.
Doen ek iets verkeerds?
Laai die LABRADAR aplikasie op jou selfoon en laat die twee met mekaar gesels.
Jy roep dan maklik al die ingesamelde data op.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Nee Gawie man help die man!
Jy druk die arm knoppie en dan druk jy hom weer maar die slag hou jy hom in tot jy by die eerste skerm is wat jy kry wanneer jy hou sou aan en af sit.
Vir die rekord die app is stront. Los maar!
Jy druk die arm knoppie en dan druk jy hom weer maar die slag hou jy hom in tot jy by die eerste skerm is wat jy kry wanneer jy hou sou aan en af sit.
Vir die rekord die app is stront. Los maar!
Vriendelike groete,
Corné van der Vyver
072 918 8404
Corné van der Vyver
072 918 8404
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Jou rede vir die opmerking?Smous v.d. Vyver wrote:
Vir die rekord die app is stront. Los maar!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
My rede is dit is geen plesier nie het baie foute en bugs. Hoeveel keer het jy jou e al gebruik Gawie? Ek skiet omtrent elke Saterdag met 3 verskillende gewere.
Vriendelike groete,
Corné van der Vyver
072 918 8404
Corné van der Vyver
072 918 8404
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Ek gebruik die applikasie van die eerste dag wat ek my Labradar baan toe gevat het.Smous v.d. Vyver wrote:My rede is dit is geen plesier nie het baie foute en bugs. Hoeveel keer het jy jou e al gebruik Gawie? Ek skiet omtrent elke Saterdag met 3 verskillende gewere.
Nog geen probkeme ervaar nie.
Agv. die gemak van die Labradar en die app, gebruik ek hom elke keer as ek op die baan is of sommer terwyl ek inskiet vir 'n skietdag of kompetisie. My mede skuts spring ook in die ry en almal se data is op my foon.
Ek het nog nie een gogga of fout bespeur nie, maar hy doen wat hy moet, wanneer hy moet.
Ek is seker maar te dom om te weet dat hy nie reg werk nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Nee dalk net gelukkig ou Gave
Vriendelike groete,
Corné van der Vyver
072 918 8404
Corné van der Vyver
072 918 8404