Page 1 of 3
LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issues
Posted: Sun Oct 21, 2018 10:11 pm
by Hansieslim
Ek't gedink om hierdie draad te begin om 'n paar issues met die opstel en gebruik van 'n LR vas te vang en mekaar van hulp te wees. Hier moet ouens wees wat al met dieselfde "issues" te doen gehad het, wat klaar gesukkel het en weet hoe die apparaat regtig werk. Die handleiding is oulik en ek kry fantastiese ondersteuning van Callie by Multech. Dankie Callie.
Die eerste onderwerp wat ek wil aanroer en waaroor ek graag advies/hulp wil vra, handel oor Bluetooth connection en die Android App :
Iets wat die handleiding min oor uitbrei en waarmee ek sukkel is die BlouTand gedeelte. Myne wou net nie konnekteer nie. Ek het toe met Gawie gepraat wat my toe daarop gewys het dat jou foon se opstel moet wys nie net dat jou bluetooth aan is nie, maar dat jou foon ook "visible" moet wees vir ander apparaat. Dankie Gawie. Dit alleen was egter nie genoegsaam nie, want steeds wou myne nie connect nie. Ek't toe op die internet opgetel dat jou foon se location moet aan wees. Myne was wel aan, maar nadat ek dit af en weer aan gesit het, het Bloutand gekonnekteer. Goed, so dis n les geleer.
Dit is egter nie my enigste probleem nie. Wanneer ek op die skietbaan die bedryf se Bluetooth konnekteer, bly hy nie connected nie. Ek kry uit die bloute (geen pun intended) sommer n boodskap wat iets sê soos "Bluetooth has stopped working/not connected anymore" of so iets. Kan nie die presiese woorde onthou nie. Wat doen ek hier verkeerd?
Verder kry ek nie die LR ge-"ARM" dmv my foon via Bluetooth nie (vir die 30 odd sekondes wat hy wel via Bluitooth connected is). Wat doen ek verkeerd?
Ek bied my hulp aan met dit wat ek reeds uitgesorteer het. Hoop egter iemand kan my van hulp wees met die Bluetooth gedeelte.
LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issues
Posted: Mon Oct 22, 2018 5:06 am
by Apie
Mens moet jou LR se sagteware ook update voor die Bluetooth funksie werk. Het dit raak gegoogle.
Met 'n Iphone werk die app ook net so so.
Ek het myne se Arm time op 300 sekondes gestel en Arm hom voor ek agter my roer inskuif.
Dis gewoonlik genoeg tyd om my string klaar te skiet.
Ek dink die app kn goed werk maar intussen gebruik ek die ou metode
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Mon Oct 22, 2018 7:31 pm
by Hansieslim
Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Mon Oct 22, 2018 7:35 pm
by Apie
Hansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Stem saam, ek sien nog nie n update nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Mon Oct 22, 2018 9:25 pm
by JPS
Hansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Jy moet eers die Labradar se firmware update deur die update op jou pc of nb af te laai en dan moet jy dit op SD kaart sit en in jou Labradar sit. Dit update die firmware op die Labradar sodra jy hom dan aansit.
Jy moet nie die LR en Jou foon “pair” soos jy met ander toeristing gewoonlik met jou foon sal doen nie.
Jy search net vir new device van die app op jou foon af the n dan connect jy met die Labradar.
Ek het geen issues met die Iphone app nie en dit is ‘n groot aanwins.
Soos jy noem frustrasie was dat mens elke keer uit skiet posiesie moes uit opstaan om te arm, nou doen ek dit van foon af en lekkerste ding na dit is dat al die data op jou foon wys en stoor. Jy kan nuwe strings begin van jou foon af ook so jy raak nie weer aan LR nadat jy begin skiet het nie. Alle funksies op die LR word beheer met die foon, delete van skote ens. Ens.
Ek het die app op 2 x iphones en hy werk 100% op beide.
Kan ongelukkig nie help met android nie.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Mon Oct 22, 2018 10:24 pm
by Hansieslim
JPS
Ekt alles gedoen soos jy hierbo sê en toe connect alles met mekaar, maar die connection bly nie aan nie. My firmware is Version 1.2.3 wat die nuutste is op mylabradar.com. Met die ander Version 1.1.5 (ook op hulle website) wil die bluetooth glad nie connect nie.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Mon Oct 22, 2018 10:42 pm
by Smous v.d. Vyver
Hi myne het ook so gemaak het n setting gestel sodat die labradar nie dim nie dink amper dit was screensaver en die timeout langer gemaak. Dit het gewerk vir my jy kan ook kyk op jou foon dat daar nie timer op jou bluetooth visibility is nie. Jy kan daaraan dink soos n foon wat jy by rekenaar inplug. Afhangende van die protocol wat geskryf is sal hy sodra hy die screen autmaties sluit die foon diskonnekteer van die rekenaar. Hoop dit help.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Tue Oct 23, 2018 6:00 am
by Apie
JPS wrote:Hansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Jy moet eers die Labradar se firmware update deur die update op jou pc of nb af te laai en dan moet jy dit op SD kaart sit en in jou Labradar sit. Dit update die firmware op die Labradar sodra jy hom dan aansit.
Jy moet nie die LR en Jou foon “pair” soos jy met ander toeristing gewoonlik met jou foon sal doen nie.
Jy search net vir new device van die app op jou foon af the n dan connect jy met die Labradar.
Ek het geen issues met die Iphone app nie en dit is ‘n groot aanwins.
Soos jy noem frustrasie was dat mens elke keer uit skiet posiesie moes uit opstaan om te arm, nou doen ek dit van foon af en lekkerste ding na dit is dat al die data op jou foon wys en stoor. Jy kan nuwe strings begin van jou foon af ook so jy raak nie weer aan LR nadat jy begin skiet het nie. Alle funksies op die LR word beheer met die foon, delete van skote ens. Ens.
Ek het die app op 2 x iphones en hy werk 100% op beide.
Kan ongelukkig nie help met android nie.
Myne ook presies so gedoen en hy verloor ook sy konneksie
Smous, sal jou truuk doen en rapporteer!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Tue Oct 23, 2018 7:43 am
by ruaanb
op jou android foon gaan in op Bluetooth setup menu.
sit Bluetooth dan aan. jy sal 3 kolletjies onder mekaar regs bo sien.
as jy op dit click/druk dan kom die menu op. kies die visibility opsie.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181023/a01920dcca53460545c1c54ebaac73d2.jpg
jy kan dan die timeout stel.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181023/3b3d3edea9ca166146709d2aa4349c1b.jpg
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Oct 24, 2018 1:32 pm
by Apie
Apie wrote:JPS wrote:Hansieslim wrote:Apie ...ja die probleem is mens moet telkens opstaan agter jou skietposisie as die bedryf weer ge-Arm moet word. Sal lekker wees as die App werk, maar ek dink die App het dalk nog n gogga of wurm in die kode of ek doen nog iets nie reg nie. Is daar iemand wie se App regtig reg werk?
Jy moet eers die Labradar se firmware update deur die update op jou pc of nb af te laai en dan moet jy dit op SD kaart sit en in jou Labradar sit. Dit update die firmware op die Labradar sodra jy hom dan aansit.
Jy moet nie die LR en Jou foon “pair” soos jy met ander toeristing gewoonlik met jou foon sal doen nie.
Jy search net vir new device van die app op jou foon af the n dan connect jy met die Labradar.
Ek het geen issues met die Iphone app nie en dit is ‘n groot aanwins.
Soos jy noem frustrasie was dat mens elke keer uit skiet posiesie moes uit opstaan om te arm, nou doen ek dit van foon af en lekkerste ding na dit is dat al die data op jou foon wys en stoor. Jy kan nuwe strings begin van jou foon af ook so jy raak nie weer aan LR nadat jy begin skiet het nie. Alle funksies op die LR word beheer met die foon, delete van skote ens. Ens.
Ek het die app op 2 x iphones en hy werk 100% op beide.
Kan ongelukkig nie help met android nie.
Myne ook presies so gedoen en hy verloor ook sy konneksie
Smous, sal jou truuk doen en rapporteer!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het 'n ou Iphone 5s waarop hy konnekteer.
Hy verloor maar kort kort sy konneksie
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Oct 24, 2018 7:23 pm
by Hansieslim
Connect nou al, Arm nou al van my foon af, maar hy bly flippen disconnect. Dis uiters irriterend...vir my.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Sat Oct 27, 2018 1:40 pm
by Hansieslim
OK...Samsung upgrade gedownload en nou bly die konneksie stabiel en dit werk regtig regtig baie lekker as die App mooi werk.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Thu Nov 08, 2018 5:38 pm
by Hansieslim
Na 4 skietbaansessies is al my issues nou uitgesort...en wat 'n vreugde om nou met die LR te werk.
Dankie vir Gawie se tip oor die strooitjie of BIG pen wat mens bo-op moet vassit met kleefband om die LR akkuraat te rig op die teiken. Dit is uiters nodig om die LR reg te rig anders kry mens nie al jou lesings nie. Vandat ek dit begin doen het, is dit nou net vreugde...al die pad.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 14, 2018 7:27 am
by Morne Van Der Merwe
More,
Ek het dieselfde probleem met my iphone6.
En ook as ek my LR op stel soos hul aandui met KD, lees hy glad nie die skoot nie, 10 skote agter mekaar geskiet met my 6.5 CM, nie 1 skoot gelees nie.
LR vir my laat weet die unit moet so 6” voor die loop wees en 6” na regs of links.
Dit nog nie probeer nie.
Groete
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 14, 2018 8:13 am
by Capt. Yoda
Stel hom op dat die loop of dan nou die punt van die KD net agter die LR is dan sal hy hom lees
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 14, 2018 9:45 am
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote:Stel hom op dat die loop of dan nou die punt van die KD net agter die LR is dan sal hy hom lees
Jy bedoel dat die Labradar tussen die kroon en die teiken opgestel is?
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 14, 2018 10:01 am
by Apie
Jy kan sy 'trigger' sensitiwiteit ook fyner stel
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Thu Nov 15, 2018 7:43 pm
by Morne Van Der Merwe
Ek het hom opgestel soos LabRadar voor gestel het, die LR 6” voor en regs of lings van loop, en het al die skote gelees.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 28, 2018 4:43 pm
by Morne Van Der Merwe
Wat moet n mens doen as jy klaar n paar rondtes geskiet, disarm die LR, en dan die informasie te kyk?
Ek kry net die info wat laaste skoot, al wat werk as jy LR afsit en weer aan sit om die laaste skote se informasie te kry.
Doen ek iets verkeerds?
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 28, 2018 4:51 pm
by Gawie(13mm)
Morne Van Der Merwe wrote:Wat moet n mens doen as jy klaar n paar rondtes geskiet, disarm die LR, en dan die informasie te kyk?
Ek kry net die info wat laaste skoot, al wat werk as jy LR afsit en weer aan sit om die laaste skote se informasie te kry.
Doen ek iets verkeerds?
Lees die instruksies.
Laai die LABRADAR aplikasie op jou selfoon en laat die twee met mekaar gesels.
Jy roep dan maklik al die ingesamelde data op.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 28, 2018 5:52 pm
by Smous v.d. Vyver
Nee Gawie man help die man!
Jy druk die arm knoppie en dan druk jy hom weer maar die slag hou jy hom in tot jy by die eerste skerm is wat jy kry wanneer jy hou sou aan en af sit.
Vir die rekord die app is stront. Los maar!
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 28, 2018 6:38 pm
by Gawie(13mm)
Smous v.d. Vyver wrote:
Vir die rekord die app is stront. Los maar!
Jou rede vir die opmerking?
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 28, 2018 6:40 pm
by Smous v.d. Vyver
My rede is dit is geen plesier nie het baie foute en bugs. Hoeveel keer het jy jou e al gebruik Gawie? Ek skiet omtrent elke Saterdag met 3 verskillende gewere.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 28, 2018 7:11 pm
by Gawie(13mm)
Smous v.d. Vyver wrote:My rede is dit is geen plesier nie het baie foute en bugs. Hoeveel keer het jy jou e al gebruik Gawie? Ek skiet omtrent elke Saterdag met 3 verskillende gewere.
Ek gebruik die applikasie van die eerste dag wat ek my Labradar baan toe gevat het.
Nog geen probkeme ervaar nie.
Agv. die gemak van die Labradar en die app, gebruik ek hom elke keer as ek op die baan is of sommer terwyl ek inskiet vir 'n skietdag of kompetisie. My mede skuts spring ook in die ry en almal se data is op my foon.
Ek het nog nie een gogga of fout bespeur nie, maar hy doen wat hy moet, wanneer hy moet.
Ek is seker maar te dom om te weet dat hy nie reg werk nie.
Re: LABRADAR - Opstel en gebruik, lesse geleer en nuwe issue
Posted: Wed Nov 28, 2018 7:15 pm
by Smous v.d. Vyver
Nee dalk net gelukkig ou Gave