'Reverse flow' warm roker

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

'Reverse flow' warm roker

Post by Methos »

Hi almal.

Hierdie is ‘n deel van my ‘reverse flow roker’.

Ek was nog altyd geïntereseerd in vleis rook en het met die hulp van Youtube begin deur ribs en briskets te rook op die Weber braai. Ek is besig om navorsing te doen om ‘n besigheid te begin wat gerookte vleis en wors te verkoop op markte.

Ek het eendag na die Asgat toe gegaan en iemand het ‘n ou water verhitter van so 220l weg gegooi. Ek laai hom toe op en vat hom huistoe. Ek haal toe die dun metaal vel af en sien toe daar is ‘n klomp isolasie wat afegehaal moet word. Vrek moeilike job… Ek besluit toe maar om te kyk wat gebeur as mens dit aan die brand steek. ‘n Bietjie spirits en ‘n vuurhoutjie later en boom! Dit brand egter baie uit maar ek kom toe agter as jy die brand afkrap slaan hy sommer gou weer aan die brand. ‘n Klomp werk later met die angle grinder en toe het ek die binnegoed uit en het die kalk uitgewas.

Ek meet toe ‘n kwart uit en sny toe uit waar die deksel moet gaan en begin die bo-kante sny. Ek sweis toe twee plat ysters bo en onder aan. Op die ronde gedeeltes het ek self die ysters gebuig maar as ek dit weer moes doen sal ek dit laat rol deur ‘n profesionele person.

Hierdie was ook my eerste sweis projek. Ek het die eendag in die hardeware winkel rond gestap en sien toe ‘n Chinese sweismasjien vir €50. Ek het so bietjie op Youtube rond gekyk en nie lank nie toe kon ek darem ‘n bewerige reguit lyn swies. Die deksel het klein bietjie ‘gewarp’ gedurende die sweis maar darem nie te ernstig nie. Ek het toe ook skaniere bo-aan vasgesweis. Die eerste gedeelte is toe reg. Ek maak toe die ‘firebox’. Dis 5, 6mm plate wat in ‘n boks vorm saam geswys word met ‘n deur. Die word dan onder aan die braai vasgesweis met ‘n gat ingesny. Dis hengse moeilik maar ek het dit reggekry met ‘n jack en ‘n KLOMP vloek. Die raam het darem vining gegaan en toe tack ek die roker aan hom vas. Ek het ook die plaat in die braai vas gesweis wat hom ‘n ‘reverse flow’ maak. Die rakke het vining gegaan. Ek het ‘n byl handvatsel aangesit vir ‘n handvatsel – Skeef. Moet dit nog regmaak

Hier is ‘n paar foto’s.
12kg ribs en paar kilo’s hoender.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: 'Reverse flow' warm roker

Post by Vlakvark »

Ek het die naweek met my ''offset smoker'' gerook ,ek het nie hout gehad nie ,toe vat ek charcoal en saagsels. Die saagsels gebruik ek gewoonlik in my koue roker. Ek kon nie genoeg temperatuur kry nie ,so ek het toe 'n baie lang rook gehad ;D .Die geur was lekker ,ek het 'n hoender en 'n stuk soutvleis gerook. Hoender se vel het soos 'n stuk plastiek sak geword maar die vleis was lekker.Die soutvleis se buitekant was ook droog,dieper in was die vleis wel lekker .Ek skryf die plastiek vel en droë buitekant van die vleis toe aan die lang tyd en koue temperatuur toe. Kon nie oor 200 F kom nie

'n ou foto ,nie eers Saterdag gedink om fotos te neem nie,teen die tyd dat die vleis gaar was,was ek definitief nie meer lus vir 'n foto sessie nie
http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCF7040.jpg
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: 'Reverse flow' warm roker

Post by Heinz Petersen »

Methos, wat was die tempratuur binne die rooker gewees waarmee jy gerook het.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13520
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 'Reverse flow' warm roker

Post by Capt. Yoda »

Ek kyk self vir n roker maar nie hierie stront wat hulle by Makro verkoop nie. Hier is n braai plek wat kyk om vir my een te bou wat dalk sal werk soos ek hom wil he.

Die duur of moeilike deel is blykbaar om die temp te beheer met n waaier en thermometer wat of aan gaan as hy moet kole gooi of dan nou af gaan as dit warm genoeg word.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: 'Reverse flow' warm roker

Post by airhunter »

Capt. Oblivious wrote:Ek kyk self vir n roker maar nie hierie stront wat hulle by Makro verkoop nie. Hier is n braai plek wat kyk om vir my een te bou wat dalk sal werk soos ek hom wil he.

Die duur of moeilike deel is blykbaar om die temp te beheer met n waaier en thermometer wat of aan gaan as hy moet kole gooi of dan nou af gaan as dit warm genoeg word.

Afgeskryfde konveksie oond se termostaat en waaier?
Wonder maarnet?
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: 'Reverse flow' warm roker

Post by JJV »

Gaan kyk op FB vir die volgende bladsy: SA BBQ Smokers, lyk of hulle weet wat hul doen en hul gee kursesse ook. Jy kan smokers by hul koop ook. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: 'Reverse flow' warm roker

Post by Methos »

Heinz Petersen

Ek laat hom so tussen 165 en 180 grade celcius loop. Jy kan die hitte binne beheer deur die deur groter of kleiner oop te maak. Die Amerikaners hou daarvan om hulle goed te rook teen 275 farenheit - 135 grade celcius maar ek laat myne bietjie vinniger loop.
Post Reply