Bisley op elektroniese skywe
Posted: Fri Feb 08, 2019 11:23 am
21ste eeu Tegnologie word nou ingespan by Bisley in Suid-Afrika.
Die afgelope naweek Saterdag 2 Feb 2019 is die eerste provinsiale Bisley kompetisie in die RSA geskiet op elektroniese skywe tydens die Mpumalanga Ope Bisley te Doornkop-skietbaan, buite Middelburg.
Daar is gebruik gemaak van 4 elektroniese SMT skywe, waarop die TR (gaatjie visier) skuts geskiet het, oor afstande vanaf 300m tot 900m.
Die SMT stelsel gebruik 4 sensors op elke hoek van die skyf, (elke sensor het 2 akoestiese mikrofone) wat die klankgolf van die koeel opvang, en die posisie van die skoot bepaal. Die skuts sien hul skote op n monitor (tablet of slimfoon) by hom op die vuurpunt, die posisie, telling en oorblywende snelheid word aangedui. Die dag was 'n reuse sukses met die elektroniese skywe, geen problem of haakplekke was ondervind nie.
Dit maak dat skyftrekkers nou oorbodig word, en dat die skiet baie vinniger, merkery meer akkuraat en regverdig vir almal is.
Nog fotos van die dag volg hierna.