Safari Outdoor Boksburg
Posted: Mon Apr 29, 2019 3:44 pm
Dis min dat mens deesdae diens kry wat jou verwagtinge oorskry.
Ek is maar altyd van mening dat sien is glo en voel is wragtag.
Ek het laat laas week SO gebel om te hoor van 'n Tikka TX3 in 6.5CM en of hulle Savuti se prys sou klop. Het met 'n Juan gepraat en hy het my verseker dat hulle dit wel sou kon doen.
Ek is vroeg vanoggend soontoe en het Juan opgespoor waarna hy my 'n geweer gewys het en sy bestuurder geroep het. DiƩ het die prys met 'n duisend rand verminder en die lisensie aansoek kostes ook afgegee.
Dus 'n totale besparing van R1800.00. Dankie daarvoor SO.
Die dame by die betaal punt, Jennie, was net so gaaf.
In die geheel 'n baie goeie en aangename koops ervaring en uitstekende diens van SO Boksburg se mense.