Beste Langafstand Geweer
-
SNYMAN11
- Newbie

- Posts: 32
- Joined: Thu May 21, 2015 7:23 pm
Beste Langafstand Geweer
Dagse Manne, ek is in die proses om vir my n langafstand geweer te kry. Ek kyk sterk in die rigting van n 6.5 creedmoor. Ek het tans n 30-06 wat ek net vir die bos en onder 200m skote wil gebruik. Ek wil net hoor wat is julle menings indien jy wel saamstem of nie?
Ek wil Jag 30% en Papier 70%
Bokke Klein en groot tot Rooihartebees. 300m en op Tot 600m
Hoor graag van julle.
Ek wil Jag 30% en Papier 70%
Bokke Klein en groot tot Rooihartebees. 300m en op Tot 600m
Hoor graag van julle.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Jy besit reeds 'n "langafstand geweer".
Geen 6.5 kaliber kan iets verder of meer dood skiet as 'n 30-06 nie.
Geen 6.5 kaliber kan iets verder of meer dood skiet as 'n 30-06 nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Dawie Laubscher
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Aug 22, 2017 9:17 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Hi. Ekt self onlangs vir my n 6.5 creedmoor aangeskaf en is baie tevrede sover op papier skiet. Dit is deesdae n baie gewilde kaliber en baie ouens het nou al een. Jy kan maklik tot n 1000m en verder met hom skiet. Maar dis ook waar vir ander kalibers. Hys nie beter of slegter as n volgende een. N man kan nooit teveel gewere he, dis hoe ek dink. So ek glo nie jy sal n fout maak as jy n creedmoor koop.
Dawie
Pearsons Hunt
308 Ruger M77 3.5-10x50 Vortex Diamondback BDC
6.5 Howa Creedmoor Vector Taurus 5-30 x 56
.22 Remington Model 34
12 Boor Mossberg 500
38 Special Smith & Wesson
Pearsons Hunt
308 Ruger M77 3.5-10x50 Vortex Diamondback BDC
6.5 Howa Creedmoor Vector Taurus 5-30 x 56
.22 Remington Model 34
12 Boor Mossberg 500
38 Special Smith & Wesson
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Beste Langafstand Geweer
die skut bepaal wat die beste is........
- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
Re: Beste Langafstand Geweer
Herman Louw
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Hoe lank hou die Creedmoore se loop?
Is dit 'n oorweging?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Is dit 'n oorweging?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Die CM is glad nie n slegte keuse tot en met 1000m nie. Dit is maar net die jag van groter wild wat jou gaan briek oor n sekere afstand.Baasvark wrote:Hoe lank hou die Creedmoore se loop?
Is dit 'n oorweging?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Ruaan praat die waarheid...die skut bepaal watse kaliber vir hom die beste gaan werk. Ek het 2 CM’s geskiet en was heel gelukkig met die langer loop een. Ek het net meer spoed gesoek en so verander na die 6.5-284 toe.
In my oë is daar min 6.5’e wat die 6.5-284 gaan klop. Die Amerikaanse kruite het hom in n ander klas gesit.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1872
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Doen net die huiswerk om jou 30-06 se bene te rek tot 600m. Sodra jy genoeg vertroue opgebou het op die baan om 100% kolskote te skiet op ver teikens in die veld, dan kan jy oorweeg om jou eerste bok daar te skiet. Ek sou eerder begin op bobbejane of so iets...
Last edited by Alwin on Mon May 13, 2019 9:48 pm, edited 1 time in total.
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Paar goeie punte.jankraay wrote:Die CM is glad nie n slegte keuse tot en met 1000m nie. Dit is maar net die jag van groter wild wat jou gaan briek oor n sekere afstand.Baasvark wrote:Hoe lank hou die Creedmoore se loop?
Is dit 'n oorweging?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Ruaan praat die waarheid...die skut bepaal watse kaliber vir hom die beste gaan werk. Ek het 2 CM’s geskiet en was heel gelukkig met die langer loop een. Ek het net meer spoed gesoek en so verander na die 6.5-284 toe.
In my oë is daar min 6.5’e wat die 6.5-284 gaan klop. Die Amerikaanse kruite het hom in n ander klas gesit.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Maar wat is die verwagte loop lewe? 1000 skote, 2000 skote?
Hoe dou dit vergelyk met die 30 - 06?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Die 6.5 CM kan 3000 skote haal as die loop mooi opgepas word. 30-06 kan jy maklik 5000 skote kry sonder enige probleme.Baasvark wrote:Paar goeie punte.jankraay wrote:Die CM is glad nie n slegte keuse tot en met 1000m nie. Dit is maar net die jag van groter wild wat jou gaan briek oor n sekere afstand.Baasvark wrote:Hoe lank hou die Creedmoore se loop?
Is dit 'n oorweging?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Ruaan praat die waarheid...die skut bepaal watse kaliber vir hom die beste gaan werk. Ek het 2 CM’s geskiet en was heel gelukkig met die langer loop een. Ek het net meer spoed gesoek en so verander na die 6.5-284 toe.
In my oë is daar min 6.5’e wat die 6.5-284 gaan klop. Die Amerikaanse kruite het hom in n ander klas gesit.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Maar wat is die verwagte loop lewe? 1000 skote, 2000 skote?
Hoe dou dit vergelyk met die 30 - 06?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Nou as dit by LA kom kom en jy besit n dun kortloop 30-06 kan jy maar vergeet om iets soos Super Liga te gaan skiet waar mens 7-9skote na mekaar skiet.
Die BC van die 6.5 punte is beter as dit kom by papier en gonge skiet.
Moet my nie verkeerd verstaan nie want n man wat sy 30-06 ken gaan gemaklik saam die ander manne skiet. As hy die wind en mirage goed kan lees en presies weet wat sy geweer se trajek maak in watse toestand is die CM man in vir n lang dag.
Jy sal moet besluit wat jy wil doen as dit kom by n all rounder wat altwee gemaklik kan doen.
Ek self besit n 30-06 maar ek is nie gamklik om n skoot op n bok te vat bo 400m nie. Met my 6.5 het ek genoeg vertroue om die jaar my 1000m Springbok te skiet. Ek is in geoefen met my 6.5 en my 30-06 gebruik ek vir bos jag.
Jy sal nie n fout maak om altwee in jou kluis te he nie so jy moet maar mooi besluit wat jy wil doen.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Beste Langafstand Geweer
Ek het die naweek gesien wat n 30-06 kan maak op 600m gonge met n man wat weet hoe om hom te gebruik. Hy het n paar 6.5cm manne laat skaamkry. Soos hierbo gese, dit gaan meer oor die skut as die kaliber. Wat die 6.5cm so gewild maak is dat hy heelwat minder recoil het as die 30-06 en hy is n fraksie goedkoper om te voer as jy self herlaai. Die 6.5cm gaan jou verseker nie n skerp skut maak oornag nie; jy gaan dit wel met meer gemak regkry.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Ek kan net beaam wat Ruaan en Jan hier se. Ek wil ook net by se ek ken daai CZ 30-06 van jou en jy het baie vertroue in daai roer. Nou daar wen jy klaar n bietjie. Jy kan hom gebruik vir tot op 400m maar ek sal nie verder probeer as dit 30-06 nie. As jy nou meer gaan Kompetisies skiet en dalk een keer gaan langafstand jag met hom sal ek hom nie voorstel nie. Maar een ding kan ek vir jou nou se is jy gaan nie net ot by 600m bly skiet sodra jy begin nie. Jy sal wil begin bene rek. Wil amper se jy gaan beste kry met 155gr punte met n lekker spoed. Verder as dit kan jy begin swaarder koeels moet begin gebruik. Bv. 215gr bergers is maar die norm uit die .30 kal. Maar jy gaan hom hier dan teen 2500fps skiet. as jy gelukkig is. As 30-06 n langafstand kaliber gebruik word hoekom gebruik hulle hom nie dan by die F-ope en al die ander kompetisies nie, hoekom skiet almal dan 6mm, 6.5, 7mm en 300WSM??? Dit gaan verseker baie oor die skut maar ek se altyd met die regte herlaai komponente is jy al amper halfpad daar. En dis met alle lang afstand roere. Belangrikste wat ek al seker n duisend keer gese het is, RANGE TIME!!!!!jankraay wrote:Die CM is glad nie n slegte keuse tot en met 1000m nie. Dit is maar net die jag van groter wild wat jou gaan briek oor n sekere afstand.Baasvark wrote:Hoe lank hou die Creedmoore se loop?
Is dit 'n oorweging?
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Ruaan praat die waarheid...die skut bepaal watse kaliber vir hom die beste gaan werk. Ek het 2 CM’s geskiet en was heel gelukkig met die langer loop een. Ek het net meer spoed gesoek en so verander na die 6.5-284 toe.
In my oë is daar min 6.5’e wat die 6.5-284 gaan klop. Die Amerikaanse kruite het hom in n ander klas gesit.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Vir die 6,5Creedmoor dink ek nie daar is baie ander kalibers wat so maklik akuraat skiet soos hy nie. Tot op 1000m by die ALRHA en Super Liga kompetisies is dit al baie bewys en ek kan baie name van mense noem wat met hulle al baie goed gedoen het inkluis JanKraay. Stompe hier op wat ook altyd saam ons skiet het verlede jaar n SWB op ek dink dit wat 809yds uit sy brackets uit geskiet met daai 6,5CM van hom met 143gr ELD. Daar is n paar LR kalibers wat die manne sal voorstel soos 6mm (met die regte twist),6,5 natuurlik,7mm en .30 kal soos 300WSM.
Dis goed jy vra en kry inligting hier. Baie van ons het al skoolgeld betaal en is bereid om manne te help.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Kom ons kyk na die verskil tussen die wonder kaliber 6.5creedmoor wat jou in n oogwink n seal team 6 sniper maak en iets soos die ou 30.06 op wild of kom ons noem dit die vermoe op wild, akuraatheid of verskil tussen die 2 kan julle maar om die vuur bespreek want ek ken n klomp 06e wat n creedmoor se gat verby n 1000m sal skop
Ons gebruik die gewilde combo van n 140gr ELD teen 2750fps teen kom ons se n 208gr ELD uit n 30.06 teen 2550fps al 2 uit 24"lope.
Op 600y sal die 6.5Creed met sy 140gr ELD nog 1250 ft-lbs se energie oor he, die 06 met sy 208 eld sal 1860ft-lb energie oor he, n 10moh wind uit 9uur skuif die 2 op 600y so te se presies dieselfde.
Op 900y lyk dit so, die 140gr ELD beskik nog oor 895 ft-lbs en die 208gr ELD dra nog 1380 ft-lbs energie
, die 30.06 met sy 208gr ELD het hier .2moa minder wind skuif as die 140gr ELD volgens die rowwe som wat ek maak.
Hier is die verskil tussen Stompe se 6.5Creed met n 147gr Eld en my 30.06 met n 215gr Hybrid, al 2 hardloop op hoe oktaan 5 reeks VV kruit maar die spoed hou ons maar vir ons self, my 06 se loop is so bq meer as 1" langer as sy Creed sin.
Op 600y dra sy 147gr nog 1374 ft-lbs energie en my 215gr bring 1940ft-lbs energie tyken toe.
Op 900y dra die 147gr nog 986 ft-lbs energie en die 215gr dra 1450ft-lbs energie, op al 2 afstande klop die 06 met die swaar lang koel die creed n bq in die wind.
Moet my nie verkeerd verstaan nie die Creed is n baie lekker en gewilde tyken roer en doen baie goed as jag geweer ook maar ek weet watse een ek sal kies as ek op 600m na n bok gaan skiet.
As jy nog n roer soek sal n Creed jou baie goed hanteer maar dit is nie n wonder kaliber nie en maak nie saak hoe jy daar na kyk nie die 06 met die regte koel klop hom as jag kaliber

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Beste Langafstand Geweer
So paar opmerkings van my kant af:
Ek beveel altyd vir voornemende LA skuts aan om te begin skiet met wat jy het, totdat jou begroting toelaat om te koop wat jy wil. Jy gaan baie meer met jou "gewone jaggeweer" uitrig as wat jy dink en die oefening daarmee gaan jou net beter maak. Dit gesê, is die ideaal maar om 'n toegewyde LA roer te hê, want dit maak dit bloot net makliker en meer effektief, as om 'n geweer 'n tipe "all rounder" te maak.
Wat kaliber aanbetref, het elkeen sy voordele en nadele. 'n 6.5 het lekker hoë BC koeels beskikbaar en die terugskop is heel hanteerbaar. Selfs na 50+ skote in 'n oggend. Jy gaan ook gemaklik tot 1200m en selfs verder, kan gonge akkuraat skiet AS jy die wind mooi kan lees. 'n Groter kaliber gaan weer beter momentum en energie oor hê op die langer afstande, maar dit kom teen 'n prys met meer terugskop en duurder komponente en natuurlik meer kruit. As jy soos ek is, wat dubbeld die hoeveelheid skote moet skiet vir oefening as die volgende ou, om dieselfde resultaat te kry, het jy iets nodig wat nie jou skouer of jou beursie te erg gaan kneus nie....
Wat looplewe aanbetref, is dit in 'n groot mate in die skut te hande ook. Mens kan bloot nie alles wat op die net staan aanvaar as die waarheid nie. 'n 6.5-284 is veronderstel om 'n loopvreter te wees, tog het ek op die eerste fabrieksloop 3500 akkurate skote gekry en is nou op die 2de loop al op 2500 skote en die geweer is nog steeds akkuraat. As jy lang strings en warm ladings gaan skiet, gaan jou loop vinniger verswak. In my nederige opinie, is laasvermelde die hoof oorsaak van lope wat nie lank hou nie. As jy dus aan 'n formaat soos F-klas gaan deelneem, is lang strings nie onderhandelbaar nie en moet jy jou keuse volgens dit aanpas of aanvaar jy gaan gereeld lope moet vervang (met die CFR se samewerking....).
Laastens, daars 'n fris verskil tussen 'n bok op 600m en 'n gong op 600m. By enige jag is skootplasing belangrik, maar by LA jag is dit kritiek. 'n Groter kaliber gaan nie van 'n pens skoot 'n doodskoot maak nie!

Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Ja n 600m gong en 600m bok is 2 heel verskillinde goed, mens kan nie glo hoe vinnig n bok op 600m elke sekond kan beweeg nie, ek glo as ek nou n roer moes koop of bou vir LR jag en staal/tyken skiet die heel moontlik ook n 6.5-284 sou wees.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Boys
Laat die man n doelgerigte langafstand roer koop. Daar is mos n enorme verskil tussen n geweer wat vir stapjag ingerig is en een wat vir langafstand jag en skiet ingerig is. Dieselfde kaliber kan verseker vir altwee doele dien, maar nie sommer dieselfde geweer nie.
Persoonlik kan ek aan baie grapper kalibers dink vir langafstand skiet en jag as die 6.5 Creedmoor.
Groetnis
Wouter

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Dagse manne ek lees graag hier. Jammer ek high jack so bietjie maar ek het ook 'n paar vrae. Is daar groot verkil tussen 'n 6.5 Cm en 'n 6.5 x 55 as dit kom by LA papier en gong skiet? En dit is seker ook 'n vraag vir 'n ander topic maar mets watse maak begin mens? Howa, Remington (Tikka en Sako raak dalk bietjie duur?)
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Capt. Oblivious wrote: die wonder kaliber 6.5creedmoor wat jou in n oogwink n seal team 6 sniper maak
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Ek het 'n 6.5x57 Mauser fullstock vir stapjag met 'n kort loop 20" en 6.5 Creedmoor met dikloop vir ver skiet Rem 700. Die Creedmoor se doppe in Lapua maak helse verskil en hulle hou. Koeels kan jy in albei dieselfde skiet so die besluit is die skut sin. Ek hou baie van die 6.5 x 55, maar die Creedmoor het beter twists en doppe beskikbaar vir Lang afstand skiet doeleindes.saswart wrote:Dagse manne ek lees graag hier. Jammer ek high jack so bietjie maar ek het ook 'n paar vrae. Is daar groot verkil tussen 'n 6.5 Cm en 'n 6.5 x 55 as dit kom by LA papier en gong skiet? En dit is seker ook 'n vraag vir 'n ander topic maar mets watse maak begin mens? Howa, Remington (Tikka en Sako raak dalk bietjie duur?)
Ek sou môre eerder 'n Howa dikloop koop in 6.5 Creedmoor en 'n extra kolf. As jy stapjag sit jy die Hogue kolf op en as jy wil ver skiet 'n lekker stewige verskiet kolf en scope.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Beste Langafstand Geweer
Jy kan met enige van die "bekende" make begin. Hou in gedagte dat jy waarskynlik die kolf baie vinnig sal wil verander (as dit 'n gewone jaggeweer-kolf is) en later die loop. Iemand het eendag gesê akkuraatheid hang van die 3 "B's" af: Barrel, Bullets & Brass. Die aksie is nie noodbelangrik vir akuraatheid nie, maar ek sal nou nie 'n Lee Enfield aksie gebruik nie... Ek het self 'n standaard Savage LRH aksie op my 6.5-284. Wat wel belangrik is, is om seker te maak die aksie wat jy kies, kan aangevul word met "after market" snellers en ander toebehore. Die Savages is daar bietjie agter die res.... Jy kan nie verkeerd gaan met 'n Howa of Remington nie, maar die Tikka is baie gewild.saswart wrote:Dagse manne ek lees graag hier. Jammer ek high jack so bietjie maar ek het ook 'n paar vrae. Is daar groot verkil tussen 'n 6.5 Cm en 'n 6.5 x 55 as dit kom by LA papier en gong skiet? En dit is seker ook 'n vraag vir 'n ander topic maar mets watse maak begin mens? Howa, Remington (Tikka en Sako raak dalk bietjie duur?)
Last edited by Eugene on Mon May 13, 2019 10:41 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
saswart wrote:Dagse manne ek lees graag hier. Jammer ek high jack so bietjie maar ek het ook 'n paar vrae. Is daar groot verkil tussen 'n 6.5 Cm en 'n 6.5 x 55 as dit kom by LA papier en gong skiet? En dit is seker ook 'n vraag vir 'n ander topic maar mets watse maak begin mens? Howa, Remington (Tikka en Sako raak dalk bietjie duur?)
Nee, 6.5Creed, 260 en 6.5x55 is so naby aan mekaar dit is net die internet wat die een beter as die ander maak, in n rak geweer is daar natuurlik voordele van een bo die ander maar dit gaan meer wees oor die freebore en watse tiepe lang koels jy gemaklik in die geweer en magasyn kan gebruik. Oor die algemaan werk die Creepmoor hier goed in n rak geweer soos ons self kan sien in iets soos n Howa, Howa en Tikka is maar waar ek sou begin kyk het, die Tikka sou my eerste keuse wees maar dit is meer n persoonlike ding.
Die kaliber is maar net een deel van die puzzle en ek wil amper se n kleiner deel as jy na die hele prent kyk, die regte kolf of n kolf wat reg werk vir jou is imo een van die belangrikste goed en dit is waar die rak gewere gewoonlik bq uit die bus uit val, die Tikkas Varmint kolwe is nie sleg nie en jy kan gelukkig wees en goed doen met hom hom maar ek sou se 8 uit 10 keer vir n LR roer gaan jy n ander kolf moet laat bou of koop. Weer is dit lekker met die Howas en Tikkas want daar is so baie wat jy van die rak af kan koop, by Sakos is dit maar n kolf laat bou meeste van die tyd
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Best bang for your buck was so ruk terug n Howa in jou flavor, n B&C kolf by CMH en n Sightron S3 (wat jy heel moontlik hier op die forum kon op tel) of self die Sightron stac scope.
Ek dink daai hele pakkie (met die stac) sou jy seker vir R25 000 aan die skiet kon kry sonder ringe en DIES en jy kan baie lank en ver met die setup skiet.
As jy regtig wou kon jy n kolf laat bou by een van die plaaslike ouens en nog n R3000 of so spaar
Oor n paar jaar kan jy n lekker vet loop op sit en net aan gaan
Ek dink daai hele pakkie (met die stac) sou jy seker vir R25 000 aan die skiet kon kry sonder ringe en DIES en jy kan baie lank en ver met die setup skiet.
As jy regtig wou kon jy n kolf laat bou by een van die plaaslike ouens en nog n R3000 of so spaar
Oor n paar jaar kan jy n lekker vet loop op sit en net aan gaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Beste Langafstand Geweer
Stem saam!Capt. Oblivious wrote:Best bang for your buck was so ruk terug n Howa in jou flavor, n B&C kolf by CMH en n Sightron S3 (wat jy heel moontlik hier op die forum kon op tel) of self die Sightron stac scope.
Ek dink daai hele pakkie (met die stac) sou jy seker vir R25 000 aan die skiet kon kry sonder ringe en DIES en jy kan baie lank en ver met die setup skiet.
As jy regtig wou kon jy n kolf laat bou by een van die plaaslike ouens en nog n R3000 of so spaar
Oor n paar jaar kan jy n lekker vet loop op sit en net aan gaan
Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Beste Langafstand Geweer
Vir n rak roer dink ek savage se LRP tick ook nogals baie boksies, hy kom klaar met n lekker gemaklike kolf en n vet loop so die hele setup weeg ook klaar lekker baie.
So een in 300WSM met n goeie KD op en jy kan laat loop
So een in 300WSM met n goeie KD op en jy kan laat loop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.