2019 Bosveld Pa en Seun jag
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
2019 Bosveld Pa en Seun jag
Donderdag oggend net so voor 5 klim ek en my laaitie(9jaar oud word later die jaar 10) in die Hilux en ons draai sy neus noordwaarts na Marken se wêreld.
Dis maar 'n hele ent tot by Marken en ons stop eers so 11 uur op die plaas.
Ons eet gou iets waarna ons skietbaan toe is om die gewere net vir oulaas na te gaan.
Ek het op my 9.3x62 gelaai met 200gr Krieke @ 2550fps besluit en my seun met 'sy' 6x45 gelaai met 100gr Hornady Interlocks teen so 2520fps.
Die roere het hulle goed gedra...en ons is dadelik veld toe.
Dit is die eerste keer wat my laaitie saamkom op 'n stapjag maar hy het darem al redelik varke om die mielielande gehelp jag en ook 'n voorsitjag deurgewerk.
Met die aflaai slag het ek 'sy' geweer vir hom gegee en ek my 9.3 oor my skouer gegooi.
Ons gids het bevestig die wind is reg en so begin die saggies stap.
Die jong mannetjie het so 25minute sy eie geweer gedra in die los sand waarna ek kon sien hy begin moeg raak.
Hy het moeilik begin stap en sy voete gesleep en takke en blare raaktrap en skop.
Ek het dan vir 10 minute rukkies sy geweer gedra waarna ek weer sy geweer vir hom teruggee. Ek word ook mos moeg!
Omtrent 2 ure se jag toe hoor ons daai roggel,snork lawaai wat die rooibok ramme maak!
Die kyk wat ek van ouboet gekry het was genoeg om te weet nou jag ons!
Ons kon hom nie sien nie maar hy was bitter naby.
Ek het seker gemaak Ouboet en sy geweer is reg en ek agter hom en die gids.
Ons het so 10 minute later die ram gesien en baie stadig nadergegaan.
Dit was moeilik omdat die veld baie ruig was, en die wind baie gedwarrel het.
Op 'n stadium het die ram onraad vermoed en in ons rigting gedraai op omtrent 60 tree.
Ek het in ouboet se oor gefluiter dat hy hom in die kuiltjie moet skiet en seker maak dat is nie takke in die pad nie.
Na wat soos 'n ewigheid voel klap die skoot en die bok spring so hoog deur die lug maar met die landing kon mens sien dat hy 'n goeie hou weg het.
Ek het eers benoud geraak wat die gids het aangedui dat die ram sy poot snaaks beweeg het na die skoot.
Binne sekondes hoor jy net takke klap.....
Na wat soos die langste stap in jou lewe voel kry ons die ram nadat hy vir omtrent 35 tree gehardloop het.
Ouboet was super trots en het sommer lank net daar langs sy bok gesit en die ram bewonder.
Om te sê ek was trots was 'n únderstatement'!
Na die foto sessie het hy en die gids sy bok pad toe gesleep waar ons ingeradio het vir die optel bakkie.
Die koëel is net langs die kuiltjie in en met die afslag slag het ons gesien hy het die hart gemis. Die regter long was egter fyn en vlenters en het baie skade gehad. Vleisskade was lekker min!
Dit was voorwaar 'n voorreg om saam met my oudste seun tyd in die veld en om die kampvuur te kon spandeer die volgende paar dae!
Manne wat 'n voorreg!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Apie on Mon Jun 03, 2019 8:10 pm, edited 2 times in total.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 2019 Bosveld Jagtrip
Nog fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 2019 Bosveld Jagtrip
Koue ene aan die einde van die dag!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Geluk geniet dit om saam met jou seun te jag as jy weer sien gebruik hy jou 9.3.
Vrae my ek weet.
Vrae my ek weet.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk. Is darem lekker as alles so mooi verloop. Hoop jy het ook darem kans gekry!
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Dankie vir die mooi fotos. Gee daai jong man 'n stywe druk met sy prestasie om die jag te voet te gedoen het. Daardie is nou 'n top trofeeram.
In die laaste foto het jy styl soos 'n waterhoender, maar die blik kon eerder Windhoek gewys het
In die laaste foto het jy styl soos 'n waterhoender, maar die blik kon eerder Windhoek gewys het
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Geluk manne ,die is mos nou n jagtrip!!
DD
DD
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk en jy kan verseker trots wees op daai jong man. Wel gedaan!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- EtienneA
- Sr. Member

- Posts: 350
- Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk. Niks so lekker soos net 'n pa en seun in die jagveld. 
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Wat n voorreg ja. Sê vir die jongman baie geluk.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Mooi man!
Daai kiekie met voete by die kampvuur en n welpie op jou skoot...
Met n vleisie...
Daai kiekie met voete by die kampvuur en n welpie op jou skoot...
Met n vleisie...
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Darem ja!Gian_dP wrote:Baie geluk. Is darem lekker as alles so mooi verloop. Hoop jy het ook darem kans gekry!
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190604/68cdcbc9b5056d5538358c733dc117fd.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Lekkerrrr! Baie geluk aan die jongman!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Respek en baie geluk aan Pa en seun!!!!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Netjies gedoen en baie geluk aan jou seun! So-iets onthou mens jou lewe lank.
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Wow dit is bitter lekker, wat n voorreg. Mooi storie en baie geluk aan die jongman!
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk aan jou seun! Dit is hierdie lewens(karakter) lesse wat geld nie kan koop nie.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk aan jul al twee. Daar is min dinge wat so lekker is vir die pa en die seun. Groot vooreg!
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Geluk ouman en jongman!
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk, vir n eerste rooibok is dit darem maar n monster.
Jy mag maar trots wees, jy doen dinge die regte manier.
Jy mag maar trots wees, jy doen dinge die regte manier.
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk. Ek sal eendag as ek die geleentheid het om my eie kinders vir 'n jag te vat wil hê dit moet so 'n mooi storie wees.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk aan jou en jou seun.
Pragtige bok.
Pragtige bok.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie geluk. Altyd lekker om die jag stories te lees.
Mooi ram.
Mooi ram.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7547
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
More Lian
Baie geluk aan jou jongman met n prag bok! Soos jy se wat n voorreg is dit nie om saam jou seun spore te kan los in die veld.
Ek en Janus was so twee naweke terug vir ons eerste trip na n plaas anders as ons eie met net ons seuns. Ek het saam met my twee manne gestap en met die seisoene wat so laat is was dit n enorme uitdaging om die minste te se. n Mens se geduld word tot op die uiterste getoets, maar daai aand waar jy met jou voete omhoog sit teen die vuur en die mannetjies wat jou na-aap met die dag se verigtinge die onderwerp is absoluut kosbaar verby. Dit bly iets besonders en ek dink dit is iets wat ons as jagters ver voor die manne is.
Groetnis
Wout

Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: 2019 Bosveld Pa en Seun jag
Baie wel gedaan!