Hierdie jaar is ons groepie baie bevoorreg om sommer twee keer in twee weke Karoo toe te gaan.
Donderdagooend vroeg is op pad Modderfontein toe. Die plaas is so 30km noord van Vosburg. Die area kry redelik swaar met die huidige droogte. Sodat 140km van waar ons twee weke gelede gejag het, maar veld is in baie swakker toestand en bokke gemiddeld 15% ligter.
Op die plaas aangekom met een kombi wat 'n pap band gehad het. Die manne op die plaas ken van bande uitsort, sommer gou geplug, gepomp en teruggesit. Laatmiddag gou zero bevestig op almal se gewere. Aangesien ons twee weke gelede gejag het, was dit 'n redelike formaliteit maar lekker gevoel as almal mooi in die kol skiet.
Vrydagoggend vroeg veld toe om op ons "spots" afgelaai te word.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/b3fe81a5d7beda4ad8028de99d31aea7.jpg
Ek en my seun het in die hoek van die kamp gesit teen die hang van 'n klein koppie. Hy vra al lank of hy sy eerste bok kan skiet, maar ons skietplek het nie gelyk of dit daarvoor gaan werk nie. Hy kan lekker bo-oor iets skiet, maar kan nog nie swaarloop 243 so goed baasraak oor die skietstokke as hy moet vinnig links/regs swaai nie.
Na 'n rukkie se sit, het ek kans gekry op 'n af-horing ooi. Lekker kopskoot haar op die plek laat val.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/250eff9f9cb49deade41f623f989dc2e.jpg
Nadat ons pens getrek het, het ek hom opgestel met die stokke. Plan was om te wag vir rustig paar bokke dat hy sy tyd kan vat en dalk 'n skietkans kry. Na so 30 min van stilte, het ek die koppie uitgeklim om te kyk of ek nie die bokke kon sien nie. Daar staan toe wragtag trop van so 40 bokke aan die agterkant van die koppie. Volgende jagters is een koppie verder, so bokke is in almal se blindekol en ons kan veilig hulle bekruip. Gaan haal toe my seun en geweer.
Koppie het heelwat lekker groot klippe waarvoor hy kon skiet. Jacques het ongelukkig gesukkel om bokke oor bosse te sien en na rukkie se beruip het bokke ons gewaar en teen koppie afbeweeg. Een rammetjie hy my vinnige kans gegee.Trop het toe in twee gesplit, met so 5 bokke wat draadlangs na ons stoele toe beweeg het. Ons is stadig agter hulle aan.
Een van die ooie was op soek na 'n deurkomplek in die draad en het haar aandag meer op die draad as op ons gehad. Kon rondskuifel tot ons n lekker klip kon kry waarvoor hy kon skiet. Bok het stadig agter 'n bos uitbeweeg en plankdwars gaan staan. Ek fluister hy moet agter blad vat. "Ja, eks reg" kom sy antwoord. Skoot klap en bok sak net daar neer. Lekker "high fives" en n groot druk, pa se hart wat wil bars van die trots.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/310b93b995f90eeb5e18ef51edb261e9.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/da739c1aa762a4cd02674b714e9abfe8.jpg
In die res van die kamp het sit ook baie goes gegaan. Nog 4 kinders kon hulle eerste bokke skiet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/923a418ba2abd9417368545c49d583d1.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/1db44bb6886943ebb893bb228a07b0c6.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/76d6d26688dce10579e4263d9d363488.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/cae0fa212144e2910d9312be8ce3aa42.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/259b474c9db8384ce16008037b8d44a1.jpg
Res van die naweek heerlike geeet, lekker verder gejag en saam met goeie pêlle gekuier.
Vanoggend vroeg die pad terug aangepak. Net voor ons die grondpad vir teerpad verruil, kry Bennie se Pajero ook 'n pap band.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190616/7cd5802b51292793820a0509e63241d4.jpg
Met bietjie meer moeite kon ons dit ook darem uitsorteer en verder ry. Paar uur later is ons almal veilig in die Kaap, moeggery maar baie dankbaar vir 'n wonderlike naweek.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
Geluk met die jongspan se bokke ,lyk na lekker trip.
DD
DD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
alte lekker geluk met die jong man se 1ste bok. 2 weke dan draai ons wiele Karoo toe.
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 448
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
Baie geluk aan al die nuwe jagters!! Het julle by die Vosse van Vosburg gejag? Hulle neef is die Skoolhoof hier by ons en ons het ook al lekker daar gejag, net bietjie wyd se ry!!
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
Ons het by Riaan en Luzanne Hugo gejag.Basjan123 wrote:Baie geluk aan al die nuwe jagters!! Het julle by die Vosse van Vosburg gejag? Hulle neef is die Skoolhoof hier by ons en ons het ook al lekker daar gejag, net bietjie wyd se ry!!
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190617/29d1690639d88b1697658e3f1a93a636.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190617/6cf05c1fde54e09adc4f1335e9069bcf.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190617/4e08abed35ff68f72f4ba43ef6867e35.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190617/05503b548d5e377f0cb20878bcadcc15.jpg
Baie lekker setup, verblyf vir tot 20 mense.
Tannie Ronell, Riaan se ma, het seker gemaak ons lei nie honger nie.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190617/6cf05c1fde54e09adc4f1335e9069bcf.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190617/4e08abed35ff68f72f4ba43ef6867e35.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190617/05503b548d5e377f0cb20878bcadcc15.jpg
Baie lekker setup, verblyf vir tot 20 mense.
Tannie Ronell, Riaan se ma, het seker gemaak ons lei nie honger nie.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
Baie geluk aan al die nuwe jagters!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
Mooi gegooi.
Min dinge so lekker soos n voorsitskiet saam goeie mense.
Met n vleisie...
Min dinge so lekker soos n voorsitskiet saam goeie mense.
Met n vleisie...
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Vosburg 2019:Pap bande en 'n hele handvol nuwe jagters.
geluk met die mooi bokke en die jongman se mooi skote!!
