Hier kom dit nou

Post Reply
FDJ
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am

Hier kom dit nou

Post by FDJ »

Hi Gerhard en die ander boog manne.

Ek het na `n lang ruk se wik en weeg besluit om ook in die boog skiet betrokke te raak.Na baie e-mails na winkels toe het ek toe op `n boog afgekom wat ek kon "bekostig".Nie dat ek nie kan bekostig in daardie terme nie maar ek het na `n goeie boog gesoek dat indien ek van dit hou die boog my `n ruk sal hou en as ek nie van boog skiet hou nie het ek darem nie te veel betaal vir hom nie.Julle moet julle self reg maak vir heelwat vrae.
Het toe die volgende gekoop :
Hoyt Turbo Hawk ready to hunt kit(Stabilizer,5 pin truglo sight,Rest,d-loop,string supressors ens.) 2010 model
Gestel op my mates tot 28.5" trek lengte
En ek begin op 65 pond trek krag.

Nou die eerste vraag:
Wat se pyle en gewig beveel julle aan om mee te oefen tot ek reg is om te jag.Ek gaan klaar gemaakte pyle by Bow Stuff koop maar hulle vra jou die volgende:
1.Shaft gewig
2.Flecth lengte,ek dink dit is 2.1" en 3"
3.Field point gewig
4 En hoe lank die pyle gesny moet word

Groete
Francois
.308 Brno , 30-06 Brno
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hier kom dit nou

Post by Gerhard »

FDJ wrote: Hi Gerhard en die ander boog manne.

Ek het na `n lang ruk se wik en weeg besluit om ook in die boog skiet betrokke te raak.Na baie e-mails na winkels toe het ek toe op `n boog afgekom wat ek kon "bekostig".Nie dat ek nie kan bekostig in daardie terme nie maar ek het na `n goeie boog gesoek dat indien ek van dit hou die boog my `n ruk sal hou en as ek nie van boog skiet hou nie het ek darem nie te veel betaal vir hom nie.Julle moet julle self reg maak vir heelwat vrae.
Het toe die volgende gekoop :
Hoyt Turbo Hawk ready to hunt kit(Stabilizer,5 pin truglo sight,Rest,d-loop,string supressors ens.) 2010 model
Gestel op my mates tot 28.5" trek lengte
En ek begin op 65 pond trek krag.

Nou die eerste vraag:
Wat se pyle en gewig beveel julle aan om mee te oefen tot ek reg is om te jag.Ek gaan klaar gemaakte pyle by Bow Stuff koop maar hulle vra jou die volgende:
1.Shaft gewig
2.Flecth lengte,ek dink dit is 2.1" en 3"
3.Field point gewig
4 En hoe lank die pyle gesny moet word

Groete
Francois
Welkom by die verslawing Francois...

Ek sal voorstel dat jy die ponde laat val tot 60 # toe.

Dan skiet jy meer pyle en leer die regte vorm van die begin af aan. Jy kan later die ponde weer opstel soos jy gemakliker word.

In die begin wil jy fokus om eers alles in plek te kry sodat jy die teiken lekke raak skiet op 20 yards.

Let mooi op in boog terme praat ons van yards en nie meters nie.

Jy kan met die pyle waarmee jy jag ook oefen.

Daar is baie goeie pyle op die mark.

Carbon Express, Easton, Gold Tip om maar net n paar te noem het elk n wye reeks van pyle.

Ek skiet nou al baie jare met Carbon Express Maxima Hunter 350 pyle. Hulle is baie sterk en baie akkuraat.

Jy wil jou totale pyl gewig vir jag so tussen 425gr tot 450gr kry.

Dit sluit in jou broad head of field point. Ek verkies 125gr broad heads en field points ander manne verkies weer 100gr

Die fletches is ook persoonlike keuse. Ek verkies 4 duim fletches ander manne is weer mak oor die 2 duim blazer fletches.

Ek sny my pyle normaal weg so half duim langer as my trek lengte. My pyle word almal op 30 duim gesny dink 29 of 29.5 duim sal mooi werk vir jou.

Soos jy agter kom gaan dit baie oor persoonlike keuses en wat werk vir jou en wat doen nie.

Ek en die ander manne kan slegs s? wat vir ons persoonlik werk...

Geniet die boog en lekke pyle gooi...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
FDJ
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am

Re: Hier kom dit nou

Post by FDJ »

Hi Gerhard

Dankie vir die terugvoer.Ek het die ouens laat weet om hom af te bring na 60 pond toe.Ek het ook 350 carbon express pyle met 125 field points gekry en toe maar tussen in gegaan met 3" fletches.Sal maar sien hoe dit werk.My boog behoort maandag hier te wees as die poskantoor hulle deel doen.

Groete

Francois
.308 Brno , 30-06 Brno
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hier kom dit nou

Post by Gerhard »

Daai sal baie mooi werk...

Hoop die boog is gou daar.

Skree as ons kan help en onthou geniet hom.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hier kom dit nou

Post by VdWalt »

;D Welkom en sterkte met die gogga - hy byt woes!!

Ek skiet self so Turbo Hawk en kry nie verskoning om hom interuil nie. Ek skiet so op
67 pond, kompitisie en jag. Smooth, stil en lekker lig. Nou nie so vinnig soos Gerhard  se
Bowtech nie maar meer as vinnig genoeg.

Ek skiet ook met die drie duim fletches op die jag pyle.

Geniet hom!
FDJ
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am

Re: Hier kom dit nou

Post by FDJ »

Hi vd Walt

Dankie man.Kan nie wag vir die boog om te kom nie.Die reviews wat ek van die boog gelees het was baie goed.wat se pyl opset skiet jy mee.

Groete
Francois
.308 Brno , 30-06 Brno
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hier kom dit nou

Post by VdWalt »

Ek hou van stywe spine so ek het lank met Easton Axis 300 spine gejag en soomer ABO geskiet. Ek het
nou nog 'n sight gekoop so ek skiet nou 340 spine Easton Fatboys (want hulle is ligter) in kompitisies
en nog steeds die 300 spine vir jag.

My kompitisie pyle weeg so 440gr maar ek skiet hunter class aided so ek range voor ek skiet
so die spoed en gewig is nie so 'n krisis nie. En met die boog se akkuraatheid is daar niks verkeerd
nie. Ek het verlede week 19 uit 150 manne in my klas gekom, baie van hulle se sights is duurder as
ons boee... ;D ;D ;D

My jag pyle is 530gr wat lekker swaar is en met die tackle het nou al 2 koedoes, 4 rooibokke en
my blesbok geskiet en meeste van die bokke sien val. Alle die pyle het regdeur gegaan.

Die swaarder pyle gee my meer momentum en hulle maak die boog stiller (laaste rooibok het beweeg
toe die pyl reeds deur hom was) maar soos Gerhard se jy het nie nodig om regtig so swaar te gaan nie.

Maar die eerste pyle kan maar cheap wees - daai glipsies in die begin maak dat hulle nie so lank hou nie ... ;D
Ek is hoeka nou oppad skiet baan toe om gou paar pyle te gaan skiet.
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Hier kom dit nou

Post by henslin »

Naand FDJ

Welkom tussen die verslaafdes.

Dieselfde as jy begin - nie een fout nie, maar 'n hele paar !! Het vinnig geleer van booginstel ens. Hier op die forum is manne wat regtig baie kan help.

My Bowtech assisin is op 67# - heel genoeg vir normale speel en jag. Die ding is half vinnig.

Pyle Easton St Epic 340 (9.5gpi ) met 3" fletches

Fieldpoints 125gr - Vastelem Slick Trick 125gr.

Totale pylgewig - 469 -470gr

Die belangrikste is oefen - OEFEN en O E F E N !!!!

Geniet
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Mannetjie

Re: Hier kom dit nou

Post by Mannetjie »

Francois baie geluk met die besluit. Jy sal nooit spyt wees daaroor nie.

Een ding wat vir my missing is op die stadium en wat van kardinale belang is, is as jy jou boog gekry het maak seker jy kom by 'n boog winkel of club of selfs  y iemand wat weet hoe om te skiet uit ASEBLIEF. Ek het al te veel manne gesien wat absoluut geen skiet vorm het nie, dan wonder hulle hoekom hulle swak skiet en skouer probleme optel.
Net gister by die SABA kompetiesie weer is daar 'n boetie wat saam met ons geskiet het. Die het vir hom 'n boog gekoop en is nou "Groot wild jagter". Hy het geen styl of vorm nie, hy kla sy arms word seer van boogskiet ( groot teken van verkeerde vorm ) en hy kon skaars die teinekns raak skiet nie. Bied aan om hom te help of selfs net 'n pointer te gee, ooh nee hy weet wat hy doen.

So aseblief maak seker jy leer die regte styl en vorm aan van die begin af. Dit gaan boogskiet net so veel lekkerder maak vir jou. Enige boogwinkel of selfs enige van die manne hier glo ek sal bereid wees om jou te help.

Groete
Mannetjie
FDJ
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am

Re: Hier kom dit nou

Post by FDJ »

Hi Henslin en Mannetjie

Dankie vir die "tips".Ek is maar hier in die middel van nerens so is maar moeilik om by mense en plekke uit te kom.Ek kyk op die oomblik baie videos en lees baie oor die regte vorm en hoe mens die boog moet vashou.Sal maar kyk hoe gaan dit as die boog kom.Hier in ons dorpie is darem `n ou wat ook boog jag so sal maar by hom moet aanklop as ek sukkel.

Groete
Francois
.308 Brno , 30-06 Brno
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Hier kom dit nou

Post by Christo J »

FDJ, die vorige kommentaar van die manne is 100%. Ons het ook n baie nice boogjagforum, jy kan gerus daarna kyk. Gerhard en die ander manne is ook daar betrokke. anchorpoint.co.za

Groetnis
FDJ
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am

Re: Hier kom dit nou

Post by FDJ »

Hi Christo

Ek het nou net daar gekyk.Sal defnitief daar betrokke raak.

Dankie

Francois
.308 Brno , 30-06 Brno
Post Reply