My Droom Rooibok Ram

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

My Droom Rooibok Ram

Post by Brno308 jagter »

Kerels ek was in Junie vanjaar gelukkig om my jaarlikse draai te gaan stap in die bosveld van Alldays in Limpopo. Ek en my gids het begin stap wind in die gesig is ons met die sandpad af, skaars 30 minute se loop en ek hoor hoe 'n rooibok ram hard blaas, ek stop onmiddellik en gaan sit plat op my bas, ek lig die gids in dat ons nou moet doodstil sit plat op die grond, die ram hou aan blaas en ons vang so vinnig silhouette van die massiewe ram wat besig is om te stap links verder die bosse in, ek merk 'n gaping in die bos op en sê vir my gids "as hy in daai gaping in loop gaan ek skiet" soos wat die noodlod aan my kant was loop die ram op so 90m aan my linker kant plankdwars in die gaping in, met my geweer klaar reg in die sit posisie trek ek die skoot met my 30-06 af toe die kruishaar op die blad is, dadelik spring die ram hoog die lig in en hardloop weg. In skok sit ek en die gids doodstil en na so paar minute se stilsit loop ons al met die bloedspoor agter die rooibok aan. Na so 100m se stormloop deur die ram in die bosse le die massiewe rooibok ram morsdood met 'n perfekte long skoot. Ek het die Rooibok ram gejag met my 30-06 gelaai met 180gr Nosler Accubonds gelaai teen 2,600 Ft/s. Die ram het 39kg uitgeslag en meet 24 en 2/8 links en 23 en 7/8 regs. Sowaar is dit een jag wat by my sal bly vir 'n leeftyd en ek dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te kan jag!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1985
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by sako 30-06 »

Baie mooi Ram, baie geluk.

Hoe was die vleisskade met die Accubonds?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2338
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by henried »

Baie geluk, mooi bok.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by Brno308 jagter »

sako 30-06 wrote:Baie mooi Ram, baie geluk.

Hoe was die vleisskade met die Accubonds?
Dankie Kerels

Die vleis skade was bitter min omrede ek slegs long en ribbes getref het, maar hy het 'n lekker tonnel gemaak en baie donder rooi / pienk bloed gegooi op die spoor.
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by Basie2 »

. Netjies, nie aldag wat jy so een raakloop nie.


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by alecjohnson »

Baie geluk, baie mooi ram daai!
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by FrancoisW »

Baie mooi ram.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by ruaanb »

Geluk met 'n baie mooi ram.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by Frederik »

Geluk baie mooi ram.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2591
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by JohanvB »

Baie geluk,prag dier daai!!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1985
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by sako 30-06 »

Brno308 jagter wrote:
sako 30-06 wrote:Baie mooi Ram, baie geluk.

Hoe was die vleisskade met die Accubonds?
Dankie Kerels

Die vleis skade was bitter min omrede ek slegs long en ribbes getref het, maar hy het 'n lekker tonnel gemaak en baie donder rooi / pienk bloed gegooi op die spoor.
Ek is self baie tevrede met die Accubonds, maak lekker skade en los n goeie bloedspoor.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by PWV »

Brno 308jagter, baie geluk met 'n baie mooi trofee!! Dit laat 'n mens se hart warm klop.

Ek glo egter die spoed van jou geweer se projektiel was eerder 26,000 vt/sek. en nie 2600 nie. Maar wat is 'n tikfoutjie nou as mens so opgewonde is!!! :)
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by Eduard Venter »

Dis 'n pragtige ram daai baie geluk

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by Klein Chris »

Geluk. Regtig n mooi ram
Skiet bly maar lekker
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by Chevvy SS »

Mooi bok, mooi herinneringe.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by DWB »

Baie geluk
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
vetbeer
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Wed May 02, 2018 3:00 pm

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by vetbeer »

Baie geluk met daardie mooi bok!!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by Smitstertjies »

Mooi ram. Geluk.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: My Droom Rooibok Ram

Post by dawiec »

baie geluk met jou droom rooibok ram! voorwaar 'n mooi rammetjie!
Post Reply