Page 1 of 1
My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:18 pm
by Brno308 jagter
Kerels ek was in Junie vanjaar gelukkig om my jaarlikse draai te gaan stap in die bosveld van Alldays in Limpopo. Ek en my gids het begin stap wind in die gesig is ons met die sandpad af, skaars 30 minute se loop en ek hoor hoe 'n rooibok ram hard blaas, ek stop onmiddellik en gaan sit plat op my bas, ek lig die gids in dat ons nou moet doodstil sit plat op die grond, die ram hou aan blaas en ons vang so vinnig silhouette van die massiewe ram wat besig is om te stap links verder die bosse in, ek merk 'n gaping in die bos op en sĂȘ vir my gids "as hy in daai gaping in loop gaan ek skiet" soos wat die noodlod aan my kant was loop die ram op so 90m aan my linker kant plankdwars in die gaping in, met my geweer klaar reg in die sit posisie trek ek die skoot met my 30-06 af toe die kruishaar op die blad is, dadelik spring die ram hoog die lig in en hardloop weg. In skok sit ek en die gids doodstil en na so paar minute se stilsit loop ons al met die bloedspoor agter die rooibok aan. Na so 100m se stormloop deur die ram in die bosse le die massiewe rooibok ram morsdood met 'n perfekte long skoot. Ek het die Rooibok ram gejag met my 30-06 gelaai met 180gr Nosler Accubonds gelaai teen 2,600 Ft/s. Die ram het 39kg uitgeslag en meet 24 en 2/8 links en 23 en 7/8 regs. Sowaar is dit een jag wat by my sal bly vir 'n leeftyd en ek dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te kan jag!
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:23 pm
by sako 30-06
Baie mooi Ram, baie geluk.
Hoe was die vleisskade met die Accubonds?
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:24 pm
by henried
Baie geluk, mooi bok.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:32 pm
by Brno308 jagter
sako 30-06 wrote:Baie mooi Ram, baie geluk.
Hoe was die vleisskade met die Accubonds?
Dankie Kerels
Die vleis skade was bitter min omrede ek slegs long en ribbes getref het, maar hy het 'n lekker tonnel gemaak en baie donder rooi / pienk bloed gegooi op die spoor.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:36 pm
by Basie2

. Netjies, nie aldag wat jy so een raakloop nie.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:43 pm
by alecjohnson
Baie geluk, baie mooi ram daai!
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:45 pm
by FrancoisW
Baie mooi ram.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 3:51 pm
by ruaanb
Geluk met 'n baie mooi ram.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 4:07 pm
by Frederik
Geluk baie mooi ram.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 4:11 pm
by JohanvB
Baie geluk,prag dier daai!!
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 4:13 pm
by sako 30-06
Brno308 jagter wrote:sako 30-06 wrote:Baie mooi Ram, baie geluk.
Hoe was die vleisskade met die Accubonds?
Dankie Kerels
Die vleis skade was bitter min omrede ek slegs long en ribbes getref het, maar hy het 'n lekker tonnel gemaak en baie donder rooi / pienk bloed gegooi op die spoor.
Ek is self baie tevrede met die Accubonds, maak lekker skade en los n goeie bloedspoor.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 09, 2019 4:22 pm
by PWV
Brno 308jagter, baie geluk met 'n baie mooi trofee!! Dit laat 'n mens se hart warm klop.
Ek glo egter die spoed van jou geweer se projektiel was eerder 26,000 vt/sek. en nie 2600 nie. Maar wat is 'n tikfoutjie nou as mens so opgewonde is!!!

Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Wed Jul 10, 2019 6:23 am
by Eduard Venter
Dis 'n pragtige ram daai baie geluk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Wed Jul 10, 2019 7:04 am
by Klein Chris
Geluk. Regtig n mooi ram
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Wed Jul 10, 2019 8:07 am
by Chevvy SS
Mooi bok, mooi herinneringe.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Wed Jul 10, 2019 9:12 am
by DWB
Baie geluk
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Wed Jul 10, 2019 11:32 am
by vetbeer
Baie geluk met daardie mooi bok!!
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Wed Jul 10, 2019 12:03 pm
by Smitstertjies
Mooi ram. Geluk.
Re: My Droom Rooibok Ram
Posted: Mon Jul 29, 2019 7:28 am
by dawiec
baie geluk met jou droom rooibok ram! voorwaar 'n mooi rammetjie!