49 1/2" Kudu
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
49 1/2" Kudu
ek was gelukkig om die mooi droom Koedoe raak te loop sommer op my eerste dag op Matlabas Lodge so 3 weke terug.
Geskiet op 40m met my 375H&H met 230grein peregrine wat uitstekend presteer het met 96% gewig retensie na 'n bladskoot. 220kg uitgeslag.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gideon Burger
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Baie geluk!
Baie groot droom van my die.
Groete
Gideon Burger
Baie groot droom van my die.
Groete
Gideon Burger
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 49 1/2" Kudu
baie geluk Dawie! is 'n pragtige bul!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 49 1/2" Kudu
Mooi koedoe party bulle lyk maar net mooi al is hulle onder 50"
- henried
- Hero Member

- Posts: 2336
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Wow, baie geluk.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: 49 1/2" Kudu
Baie mooi bul!! Geluk, Dawie.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 49 1/2" Kudu
Baie geluk!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Baie geluk, maar op 40 m skiet mens hom met 'n .22 reg voor die kop, tussen die oge! 
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: 49 1/2" Kudu
nie as jy hom wil opstop nie oom PW!!PWV wrote:Baie geluk, maar op 40 m skiet mens hom met 'n .22 reg voor die kop, tussen die oge!
-
vetbeer
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Wed May 02, 2018 3:00 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Baie mooi bul daardie,baie geluk!!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Plak net die gaatjie toe met pratley puttydawiec wrote:nie as jy hom wil opstop nie oom PW!!PWV wrote:Baie geluk, maar op 40 m skiet mens hom met 'n .22 reg voor die kop, tussen die oge!![]()
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: 49 1/2" Kudu
Mooi bul! Monster lyf.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Frederik wrote:Mooi koedoe party bulle lyk maar net mooi al is hulle onder 50"
Ja hy vertoon groter as 50", baie mooi bul
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Baie geluk Dawie!
Julle Kapenaars moet darem ver reis om n mooi koedoe bul te kom skiet. As jy hierdie spesifieke bul in die Oos Kaap geskiet het was dit die grootste bul in dekades daar geskiet.
Groetnis
Wout
Julle Kapenaars moet darem ver reis om n mooi koedoe bul te kom skiet. As jy hierdie spesifieke bul in die Oos Kaap geskiet het was dit die grootste bul in dekades daar geskiet.
Groetnis
Wout
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: 49 1/2" Kudu
dankie Wouter!
ja dit was my droom om weer 'n slag in die bosveld te kom (was 20jaar + laas daar) en toe word my droom bewaarheid deur 'n vriend van my (dis sy pa se plaas)
ek het die Woensdag oggend opgevlieg en ons is direk van die lughawe deur na Matlabas toe. Ek het gereken 4 dae is genoeg tyd om 'n mooi kudu te kry...die jaar was daar sovêr nog min geskiet met gewere want dit was oorwegend boogjagters wat gejag het. Ons het afgepak en afgesit na die skietbaan om te sien of my 375H&H se zero reg is. 3 skote geskiet om te bevestig en toe sê Wimpie vir my ons moet 'n sekere bos deurstap sodat ons sommer ons rekening met 'n rooibokkie vir die pot kan oopmaak. Die bos is ook reg teen die Matlabas rivier en ons is met die wind in ons gesigte stadig die bos in te voet. ons was seker nie 20 tree in nie toe ons by 'n omgevalle boomstomp kom. Winpie loer toe so deur die takke maar trek so vinning sy kop terug ek dog 'n slang het hom gepik!! hy fluister toe vir my hier staan 'n 50 duim koedoe net agter die boom. ons moes maar vinnig besluit skiet ons of nie...mens weet nie wat die volgende paar dae gaan oplewer nie maar ja ons is hier en die koedoe staan rustig en loer so skeef na ons...nou ja die res is geskiedenis. ek was na aan trane toe die skoot klap en die bul so 10 tree hardloop voor ons hoor hoe hy in die bos neerslaan...perfekte hartskoot. my droom is beslis bewaarheid. 'n amper 50 duim bul vir my 50ste verjaardag :-) ek dank ons Skepper vir die geleentheid wat my beskore was....die volgende paar dae was ons rustig en het toe nog 2 mooi rooibokke ook kon skiet.

Dawie
Wat n voorreg is dit nie en ek is baie bly jy het van daai geleentheid gebruik gemaak al voel dit soms na die tyd n mens het dit nie verdien nie. Glo my ek het die les al baie hard geleer in die jagveld dat jy moet vat wat jy kry, n mens moet nooit n gegewe perd as te ware in die bek kyk nie en verder moet n mens ook nooit iets doen wat Diana haar rug op in die toekoms op jou sal laat draai nie. Nogmals geluk ou maat met n prag bok. As ek so na die tyd kyk het ons mekaar ook maar net-net gemis, want ek was so 4 weke terug ook daar teen die Matlabas se oewers.

- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 49 1/2" Kudu
dawiec wrote:dankie Wouter!

Baie geluk Dawie.
Ek het presies so op 'n jag 6 jaar gelede my Kudu op die middag wat ons op die plaas gekom het so net voor skemer gekry op 5m.
Het vanjaar amper 4000km gery na Nico Harris om my "eerste Zululand" kudu bul te skiet....na baie kilometers het ek nie my bul gekry nie. Sy niggie het toe 2 weke later die bul geskiet
Ek glo Kudu bulle in die bos te voet is bitter baie geluk en geleentheid, so as jy kans kry vat hom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: 49 1/2" Kudu
Jy het nie scope nodig op daai afstand nie. Great Kudu.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 384
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Baie geluk met daai bul ! Duime is nie alles nie, daai bul lyk presies !!
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Baie geluk! Ek sou hom enige dag oor die 50" geskat het.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Baie geluk met die mooi Kudu bull ,ek het so paar meer somers as jy agter die blad maar kon nog nie so mooi bull skiet nie .
Net vir interessantheid het jy die koeel onder die vel van die bok herwin ?
DD

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1616
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: 49 1/2" Kudu
Lekker Dawie! Pragbul daaidawiec wrote:ek was gelukkig om die mooi droom Koedoe raak te loop sommer op my eerste dag op Matlabas Lodge so 3 weke terug.
Geskiet op 40m met my 375H&H met 230grein peregrine wat uitstekend presteer het met 96% gewig retensie na 'n bladskoot. 220kg uitgeslag.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: 49 1/2" Kudu
dankie Wouter...ja as mens so 'n koedoe al vir 20+ jaar soek kyk jy seker nie 'n gegewe perd in die bek nie!Wouter Roets wrote:Dawie
Wat n voorreg is dit nie en ek is baie bly jy het van daai geleentheid gebruik gemaak al voel dit soms na die tyd n mens het dit nie verdien nie. Glo my ek het die les al baie hard geleer in die jagveld dat jy moet vat wat jy kry, n mens moet nooit n gegewe perd as te ware in die bek kyk nie en verder moet n mens ook nooit iets doen wat Diana haar rug op in die toekoms op jou sal laat draai nie. Nogmals geluk ou maat met n prag bok. As ek so na die tyd kyk het ons mekaar ook maar net-net gemis, want ek was so 4 weke terug ook daar teen die Matlabas se oewers.
Groetnis
Wout
mooiloop!!
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: 49 1/2" Kudu
hi Diesel Dog....soos hul sê aanhouer wen...dit het my ook 20+jaar gevat om so 'n meneer raak te loop. ek is seker joune sal een van die dae sy kop uitsteek agter 'n bos!Diesel Dog wrote:Baie geluk met die mooi Kudu bull ,ek het so paar meer somers as jy agter die blad maar kon nog nie so mooi bull skiet nie .
Net vir interessantheid het jy die koeel onder die vel van die bok herwin ?
DD
DD jy sal op die foto sien die punt steek net onder die vel uit agter die geweer...patroon het getumble na hy been geslaan het en net die mushroom gedeelte van die punt het gekeer dat hy nie dwarsdeur is nie.
Last edited by dawiec on Tue Jul 30, 2019 7:58 am, edited 1 time in total.