Page 1 of 1
Trofee vis
Posted: Mon Nov 09, 2009 6:58 pm
by MEERKAT
Nou nie seker of mens ding kry soos trofee vis , maar hierdie ding lyk bietjie anders as die wat al gesien is.
Hulle swem glo rond in Mosselbaai hawe.
Het seker windpomp tou nodig om hom in te katrol
Knou goggas af
MEERKAT
[img]http://[/img]

Re: Trofee vis
Posted: Mon Nov 09, 2009 8:08 pm
by Robert
Meerkat.
Waar is die great white gevang?
Destyds toe ek nog op Gansbaai was het een van die sardyn skuite 'n groot wit gevang wat in die nette ingekom het. Dit was in die 80's.
Die outjie was 6 meter lank en sy lewer alleen het 2 45galon dromme vol gele.
Sy kake hang nou in die viswinkel in Gansbaai hawe.
Nog een wat ek gekry het was by die 10 meter lank, ook naby die Gansbaai kus toe ek besig was om haai te vang. Die skiboot was 9 meter lank en die perd was langer as die boot. Sy oog het gelyk soos 'n sopbord. Nodeloos om te se ek het hom nie probeer vang met die handlyn nie.
Hulle is egter pragtige diere onder water en is grasieus en swem sonder moeite. Hulle is ook die ultimate preditor.
Robert
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 1:33 am
by tafjak
Meerkat
Sien die ding is met 'n 243 geskiet. Morsdood!
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 5:59 am
by Foxcreek
Manne
Daai haai was in 'n berig in die Natal Witness van, of 23, of 30 Oktober, en hy is aan die Natalse kus by Inkwasi in haainette gevang en na Mosselbaai geneem, en hulle gan hom glo stukkie vir stukkie disekteer vir allerhande ontledings en navorsings doeleindes.
Foxcreek.
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 6:42 am
by MEERKAT
Taffles
So bly jy se 243 en nie die upgraded een nie.
Miskien kan ons so enetjie soek by die "Kus van die Dood" daar is handjie wat wink in daardie rigting.
Lekker plat wereld in Mariental se omgewing kan hulle sommer in oggend by tent se deur uit gooi met remote so entjie weg.
Helaas wanneer slaap jy swaer? Post 1.33am
Knou goggas af
MEERKAT
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 8:01 am
by theterminator
HI MANNE
DIE MANNE VAN MOSSELBAAI HET LAAT WEET DATM DIT NIE EEN VAN HULLE HAAIE IS NIE, HULLE HET NIE SULKE KLEIN HAAIE NIE.
DIT IS NOU FYN BRAG
BLESSINGS
C
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 8:03 am
by theterminator
AMPER VERGEET EK
DIT KLINK AMPER VIR MY NA IETS WAT INTERCOOLER SO KWYTRAAK
DIE KEREL IS BESONDER STIL, WEET IEMAND WAT VAN HOM GEWORD HET???
DALK HET IEMAND SY MONDJIE TOEGESL.. SORRY TOEGEMAAK
STIRR NET 'N BIETJIE
C
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 8:28 am
by Freek
Sir Taffie duidelik is hy nie met 'n 303 geskiet nie anders sou net die kop aan die katrol gehang het...

Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 8:40 am
by JACQUES BOTHA
Term.
Manne soek jou op jou mail vir n knaldempertjie of drie..
Veral een INGELSMAN mac is naarstigtelik op soek na jou.
Ons het so klein demo gehou van die ou en nuwe, almal is dit eens hy is MOOI SAF...
praat weer
JB
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 11:35 am
by tafjak
Meerkatjie
As jy 'n lorrie het wat darie "Kus" toe gaan, is ek verseker in!
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 12:11 pm
by Wielie Waps
Taffie
Lyk my jou slaaptye is versteur as jy so laat in die nag nog forum lees. Ek wonder net of jy kon slaap na jy die foto van vissie gesien het. Jy weet ons Vrystaters verhuis mos oor desember na Mosselbaai se omgewing toe so ek hoop nie sy familie is daar rond nie.
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 12:36 pm
by theterminator
HI MANNE
JB MY LAPTOP IS MOEG, JULLE KAN MY SKAKEL OP 083 286 7162, EK SAL SEKER VOLGENDE WEEK WEER OP DIE NET WEES
CLARENCE
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 12:51 pm
by Christo
Ek sal daai sel nommer opsit op Gunsite.co.za. Sien my ander post by die kursus. Daar is 'n ou of 2 wat jou gaan bel.
Christo
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 1:16 pm
by tafjak
Willempie
Ek sit nie my voet in die water as dit blou en souterig is nie.
Re: Trofee vis
Posted: Tue Nov 10, 2009 2:45 pm
by JACQUES BOTHA
TERM
EK HET DIT SO DEURGEGEE DAT EK VERNEEM HET DAT JOU LAPTOP NIE WERK NIE...
SIEN LATER
GROETNIS
JB