Dis hoe jy jou 40ste vier!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by Gian_dP »

So paar maande gelede kry ek 'n kriptiese kalenderboodskap wat sê "WJ beplan iets. Hou oop!"

Wihan word 40 in November, hy is nie lus vir 'n groot partytjie nie, maar wil eerder 'n laaste jag vir die jaar inwerk. Hy wil al die laaste 3 jaar 'n eland skiet, so hierdie is 'n ideale kans. Hy het stil-stil jagplek naby Hopefield opgespoor en die eerste naweek in September bespreek.

Vrydagmiddag na werk vat ons die pad, vierde lid van join op die plaas ons van Langebaan af.

Witkruis Safaris word deur Hennie en Abelines bedryf. Hennie het ons Vrydag verwelkom en gou laat gewere inskiet voor dit donker was. Res van die aand baie lekker om die vuur gekuier.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/8c6165b2084b04141ea38ef87b020b05.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/a7871904e76118ddc451805e5e6e210c.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/f66b56ad89fb2e4a90bd121f9272311d.jpg

Saterdag is ons vroegoggend al aan die gang. Verwagte temperatuur gaan by die 35 draai, wil die koel oggendweer benut so ver ons kan. Was net-net lig, toe loop die Cruiser al.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/78095baab3adb19de1764eac964b9953.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/2fd9c1b088b84a8781e0ccc7c716d2ab.jpg

Die plan was om die verjaarsdagman eerste op sy eland te kry, daarna sou die res van ons elkeen 'n blouwildebees/gemsbok skiet.

Na bietjie rondry het ons die troppie elande gekry. Ons het verskeie kere naby genoeg gekom vir 'n skoot, maar diere het of nie reg gestaan nie of te gou weer begin beweeg.

Met die rondryery, kom ons toevallig af op 'n gemsbok. Hennie sê ek kan maar gems skiet, dan kan ons verder eland soek daarna.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/5e5d33d6965d21876a7dc61f09e86a9c.jpg

Skoot 200m, bok skuins na ons toe gedraai. Tussen blad en kuiltjie gevat, 180gr Accubond deur bopunt van hart. Bul so 35m gehardloop voor hy geval het. Karkas 82kg.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/b29c4432c5d2d914e738bb29bf18855c.jpg

Gou gelaai en verder gery. Voordat ons eland kon opspoor dop daar 'n troppe rooibokke uit die bosse. Kollega het gevra ek moet een vir hom skiet as daar kans is.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/259fa02c49acb252d15586d61ccdb0ff.jpg

Skoot net oor 200m, bok gestaan met kop weggedraai van my af. Agter nek in, net onder oog uit. 33kg karkas.

Nadat ons die twee bokke by slagplek gaan aflaai het, is ons weer after elande aan. Selfde stories as van tevore. Kry hulle, soek geskikte bok, kry nie skoot nie, bokke draf wag, ry.....

Hennie het n funksie aan die aand, sy vennoot Abelines neem toe oor by hom. Taktiek verander so bietjie, Wihan en hy te voet voort. Cruiser draadlangs om bokke in hulle rigting aan te por.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/af801549b58b2517a58f56db0ca4fb4e.jpg

Na drie siklusse van stap, wag, bokke sien, geen skietkans, oplaai , ry,aflaai besluit ons om die elande te los en bwb's te gaan soek.

Wihan se vrou het him so ruk gelede met n Swaro DS bederf. BWB maak selfde as elande, maar toe hulle op net kort van 500m staan kon hy die DS/TRG kombinasie tot sy reg laat kom.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/5b8a82a5eb8e1968fbb470968aa38b07.jpg

Hierna het Wicus skietkans gekry met sy 300WSM op 310m. Eerste skoot effe te vêr voor, bok stadig aangeloop terwyl res van trop laat spaander het. Opvolgskoot het bok laat omdop.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/6e02143719c77084277dd628a0ecfeac.jpg

Tussendeur het ons elke nou en dan die elande, steeds kan Wihan nie sy eland onder skoot kry nie.

André kry kans op 210m en skiet mooi bladskoot op 210m. Bok hardloop so 20m, slaan morsdood neer.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/8c1db8754696737ad1f6b51f8aefc0c6.jpg

Nadat André se bok gelaai is, moet ons eers 'n draai ry om die verjaarsdagman se hoed te gaan haal. Jaghof het beslis dat ons te veel male díe hoed moes gaan haal het!

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/449707b722f4173fb0e14417afeabe36.jpg

Net na die hele hoedsoek affêre, kry hy uiteindelik sy kans.

Styf agter die blad op 190m met 210gr VLD Hunter en Wihan het sy eland.
164kg karkas.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/ee119cce5375a8fb4cd3180f87deea28.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/d620fc5d4286a7bbd9855be3b726670d.jpg

Die aand verder om die vuur gekuier, veral lekker geluister na Abelines se stories. Hy en Hennie het albei 'n groot bydrae tot die sukses van die naweek gemaak met hulle kennis, stories en manier van jagters hanteer.

Voorwaar 'n fantastiese manier om jou 40ste te vier!

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190909/72f22cf43fdf1b2077de341835ff35dd.jpg

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by Mellies »

Lekkerte!!!

Met n vleisie...
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by alecjohnson »

Jis man klink soos'n fees!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2591
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by JohanvB »

Ag fantasties, en baie geluk Wihan!!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by ruaanb »

baie geluk Wihan, dit is nou 'n lekker verjaardag viering!
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by toelie »

Aitsa, klink soos n lekker trippie.
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by FHM »

Ja nee dis hoe mens n verjaarsdag moet deurbring as jy n jagter is. Lekker manne en mooi gekiet. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by Jake1 »

Klink of dit baie lekker was, geluk
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by Frederik »

Lekker man mooi gedoen.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Dis hoe jy jou 40ste vier!

Post by Malan123 »

Netjies. Wens my vrou wil my met 'n DS bederf
Post Reply