Art 13 / Section 13 Lisensie

Post Reply
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 484
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by saswart »

Het enigiemand onlangs 'n Art 13 lisensie ingegee wat goedgekeur was? Ek wil graag hoor watse ekstras jul ingesit mbt "crime statistics" etc?

* Ek is bewus A 16 is makliker, ek het 'n paar, maar ek verkies 'n Art 13 lisensie vir die handwapen wat ek wil lisensieer.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by OosKaapJagter »

My vrou was onlangs suksesvol met artikel 13. Kry die misdaad statistiek van die SAPD se eie webtuiste af; hulle kan nie daarmee stry nie. Enkele koerantberigte uit jou eie area werk ook.
Gee 'n motivering en beter nog, laat iemand anders 'n aanvullende motivering gee. Ek het een gegee dat my vrou en kinders dikwels alleen tuis is en dat sy weens werksverpligtinge dikwels alleen in gevaarlike areas moet ry.
Waarom artikel 13? As jy 'n lisensie onder artikel 16 kry is dit dubbel so lank geldig. Jy mag dan die wapen vir enige wettige doel gebruik. Selfverdediging is ook 'n wettige doel. Sien artikel 16(3) van wet 60/2000. ("...may be used where it is safe to use the firearm and for a lawful purpose.")
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by BenJacobs »

Mag jy 'n artikel 16 wapen ook saam jou dra?
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 484
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by saswart »

Dankie Ooskaapjagter. ek waardeer Ben, ja 'n mens mag 'n Art 16 wapen dra en ja jy mag dit gebruik vir self verdediging, maar ek is 'n wetgeleerde en ek wil myself nie moontlik oopmaak dat ek moes weet wat die wetgewer bedoel het met verskillende seksie wapens (sv/geleentheid jag/sportskiet of toegewyd), dan daarmee saam hoe jy die wapen stoor (13 gelaai vs 15&16 ongelaai - let wel ek praat glad nie van dra nie, maar van stoor van die wapen) en dan laastens die bepaling dat jy nie mag "jok" op jou aansoek nie. Sien ek wil die wapen elke dag dra vir edc. Ek is maar net nie bereid vir myself om die kans te vat nie.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1371
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by Toxxyc »

Lisensieer hom onder Section 13. Dis waarvoor die section daar is. Dit sal nogals nice wees om 'n aansoek in te dien waarin die motivering waar is, aangesien jy vorms invul waarin jy beëdig dat die inligting korrek en waar is. As jy 'n wapen koop vir selfbeskerming en jy lisensieer hom onder Sec 16, dan lieg jy op jou vorms, en jy help nie die saak nie.

Doen die ding reg van die begin af. Verder, ek is seker dat selfverdediging makliker is as Sec 16. Stuur my 'n PM met jou epos-adres, dan stuur ek vir jou 'n kopie van die motivering wat ek vir my vrou gedoen het.
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by Parker »

Soos genoem, bekom die stats van SAPS af en ook belangrik, van jou plaaslike GPF groepe af. Hulle stats is in meeste gevalle meer akkuraat as SAPS se stats. Hierdie manne sal ook n paar riglyne hê vir jou. Toxxyc praat ook glad nie die waarheid "snaaks" nie, "Doen die ding reg van die begin af"
Stoot lood!
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 484
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by saswart »

Dankie Toxxyc en Parker - iemand wat darem my kant van die munt sien ;D Ek PM jou
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Art 13 / Section 13 Lisensie

Post by Harambe »

As hulle jou Vrydagaand arresteer omdat hulle dink jy mag nie die S16 geweer dra nie, dan gaan jy eers Maandagoggend vrygelaat word. Sure, jy gaan seker lekker pond maak wanneer jy die eis teen SAPS wen, maar jy gaan 'n baie slegte naweek moet trotseer. En nee, GOSA gaan nie vir jou kom kuier nie want hulle gaan nie eens weet van jou tot na die tyd nie.
Of so iets
Post Reply