Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
-
Jacks
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Fri Oct 12, 2018 11:29 am
Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
n Bietjie agter grond.
My vrou het haar geweer vir ons seun geskenk nadat hy oud genoeg was om aansoek te kon doen vir sy lisensie.
Haar bevoegdheid het in 2015 verval en het sy nie die nodigheid gesien om dit te hernu nie omdat dit haar enigste wapen was. Die bevoegdheid was slegs om n geweer en nie vir n handwapen ensovoorts te besit nie.
Nou het sy besluit dat sy weer wil begin skiet (die gogga het behoorlik gebyt).
Hier is waar dinge deur mekaar begin raak.
Op navraag is aanbeveel dat sy haar bevoegdheid moet oordoen en het sy dit vir al die katogoriee gedoen.
Vandag by die Polisie stasie sê hulle vir haar dat sy eers die Bevoegheid wat verval het moet hernu (wat slegs vir n geweer is), dan kan sy aansoek doen vir die bevoegdheid wat sy oorgedoen wat al die katogorieë verteenwoordig.
Kan iemand lig op die onderwerp gooi, wat is die werklike prosedure (wat sê die wet), want ons kry teenstrydige inligting.
Dankie byvoorbaat vir julle insette.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk

- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Net toe ek begin dink ek het alles gehoor!! Sterkte met dié een.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Ek weet nie wat se die wet daar nie, wat ek wel kan se is probeer 'n ander DFO as jy kan, maar soos ek verstaan is die sisteem die probleem. Sy is bevoeg op sisteem maar moet hernu word, jy kan ook nie dan weer aansoek doen vir toevoeging van klasse nie; doen aansoek vir die res van die klasse deur 'n Further competency aansoek, SAPS 517(a) dan voeg hulle by, dis hoe ek moes maak.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Ek het vlugtig deur Wet 60 van 2000 en die regulasies gekyk en kan niks soiets opspoor nie.
Die wet noem dat dit hernu kan word, maar ook dat dit gekanselleer kan word (terminated).

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Jy is 100% reg met die 517(a) en dan die hernuwing van die vervalde bevoegdheid.alecjohnson wrote: Wed Feb 19, 2020 8:02 am Ek weet nie wat se die wet daar nie, wat ek wel kan se is probeer 'n ander DFO as jy kan, maar soos ek verstaan is die sisteem die probleem. Sy is bevoeg op sisteem maar moet hernu word, jy kan ook nie dan weer aansoek doen vir toevoeging van klasse nie; doen aansoek vir die res van die klasse deur 'n Further competency aansoek, SAPS 517(a) dan voeg hulle by, dis hoe ek moes maak.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Hierdie is ongelukkig een van die "gapings" in die bestaande wetgewing en nie 2 DFO's sien dit dieselfde nie.... My raad sal wees om 'n hernuwings aansoek vir die bestaande bevoegdheid in te dien, tesame met die aansoek vir die nuwe bevoegdheid, as die DFO dit so sal aanvaar.alecjohnson wrote: Wed Feb 19, 2020 8:02 am Ek weet nie wat se die wet daar nie, wat ek wel kan se is probeer 'n ander DFO as jy kan, maar soos ek verstaan is die sisteem die probleem. Sy is bevoeg op sisteem maar moet hernu word, jy kan ook nie dan weer aansoek doen vir toevoeging van klasse nie; doen aansoek vir die res van die klasse deur 'n Further competency aansoek, SAPS 517(a) dan voeg hulle by, dis hoe ek moes maak.
Aim small, miss small
-
Jacks
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Fri Oct 12, 2018 11:29 am
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Dankie vir die insette op die onderwerp, sal vandag die bul by die horings gaan pak by die DFO met die proses.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Dit is korrek ja
Doen
1) Renewal van bestaande een wat verval het
2) Furher Competency vir die waarvoor sy nie competency voorheen gedoen het nie
Die rede is omdat sy reeds n unieke competency nommer het vir die vervalde een.
Sy kan altwee saam indien beslis

"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Jammer vir die hijack, maar hoe lank is die bevoegdheid geldig?
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
My antwoord op die vraag wat ek by DFO gekry het is dat jou lisensie en bevoegdheid loop saam,BenJacobs wrote: Thu Feb 20, 2020 12:53 pm Jammer vir die hijack, maar hoe lank is die bevoegdheid geldig?
Bv:
een handwapen onder seksie 13 en jou bevoegdheid is 5 jaar geldig, kry nog 'n handwapen en dis onder seksie 16 is jou handwapen bevoegdheid 10 jaar geldig anders gestel is die bevoegdheid wat die polisie uitreik geldig solank as wat nuutste lisensie in die klas geldig is. Daar is geen vervaldatum op die een wat die polisie uitreik nie en daarom maak die verduideliking sin. Ek weet egter nie wat die wet presies se nie...
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Alec, daar is nie 'n verval datum op nie, maar volgens my plaaslike DFO is alle bevoegdhede net geldig vir 5 jaar. Punt.
Hy seg daai datum dui aan wanneer jy die bevoegdheid bekom het en na 5 jaar moet jy weer aansoek doen. Ek het die laaste paar jaar omtrent elke 3 jaar 'n roer vervang of by-gekoop met die bevoegdheid wat volgens hom reeds 8 jaar terug moes verval het.
Toe ek hom daarop wys was hy sonder woorde.
Ek het daai wet loop deurlees en dit sê wel dat alle bevoegdhede net geldig is vir 5 jaar, tensy jy in daardie tyd 'n nuwe wapen bekom. In so 'n geval "begin" die bevoegdheidstydperk weer van voor totdat vyf jaar verloop het.
Dit kos my onnodig aansoek doen vir bevoegheid saam met my .22 se lisensie aansoek. Ek sê onnodig, want my lisensie is twee weke voor my bevoegdheid goedgekeer volgens die sms'e wat ek gekry het. Ek het ook my lisensie kaart 'n week voor my bevoegdheids kaart gekry.
.....en hier is die "Wenner"; my DFO seg die CFR moes 'n fout gemaak het, want dit is nie soos hy dit verstaan het nie.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Jacks
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Fri Oct 12, 2018 11:29 am
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Weer net so bietjie terugvoer.
Jake1, jy het my amper hoop gegee met jou verduideliking.
My vrou was vandag by die DFO vir die hernuwing van haar vervalde bevoegdheid (geweer). Die DFO weier volstrek dat sy haar nuwe bevoegdheid vir die handwapen ens. saam in stuur.
So ja, dit is die pad wat ons gaan moet loop hierdie rondte. As haar geweer bevoegdheid na hopelik 90 werksdae afgehandel is, kan sy aansoek doen vir die res, nog plus minus 90 werksdae voor sy sal kan aansoek doen vir haar handwapen, nog plus minus 90 werksdae. Wat n pynlike proses.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Jake1, jy het my amper hoop gegee met jou verduideliking.
My vrou was vandag by die DFO vir die hernuwing van haar vervalde bevoegdheid (geweer). Die DFO weier volstrek dat sy haar nuwe bevoegdheid vir die handwapen ens. saam in stuur.
So ja, dit is die pad wat ons gaan moet loop hierdie rondte. As haar geweer bevoegdheid na hopelik 90 werksdae afgehandel is, kan sy aansoek doen vir die res, nog plus minus 90 werksdae voor sy sal kan aansoek doen vir haar handwapen, nog plus minus 90 werksdae. Wat n pynlike proses.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
EINA DANKIE! ek moet maar begin werkmaak van my status!Gawie(13mm) wrote: Thu Feb 20, 2020 4:36 pm Alec, daar is nie 'n verval datum op nie, maar volgens my plaaslike DFO is alle bevoegdhede net geldig vir 5 jaar. Punt.
Hy seg daai datum dui aan wanneer jy die bevoegdheid bekom het en na 5 jaar moet jy weer aansoek doen. Ek het die laaste paar jaar omtrent elke 3 jaar 'n roer vervang of by-gekoop met die bevoegdheid wat volgens hom reeds 8 jaar terug moes verval het.
Toe ek hom daarop wys was hy sonder woorde.
Ek het daai wet loop deurlees en dit sê wel dat alle bevoegdhede net geldig is vir 5 jaar, tensy jy in daardie tyd 'n nuwe wapen bekom. In so 'n geval "begin" die bevoegdheidstydperk weer van voor totdat vyf jaar verloop het.
Dit kos my onnodig aansoek doen vir bevoegheid saam met my .22 se lisensie aansoek. Ek sê onnodig, want my lisensie is twee weke voor my bevoegdheid goedgekeer volgens die sms'e wat ek gekry het. Ek het ook my lisensie kaart 'n week voor my bevoegdheids kaart gekry.
.....en hier is die "Wenner"; my DFO seg die CFR moes 'n fout gemaak het, want dit is nie soos hy dit verstaan het nie.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Jacks, ek kan jou waarborg die hoofkantoor 012 353 6111 sal nie n probleem hê met gelyktydige indiening van beide applikasies, hernuwing en further competency nie.
Skakel hoofkantoor, kry n persoon wat saamstem met jou by navrae se naam en van en kontaknommer. Sit jou versoek op skrif met alle details en gee aan stasiebevelvoerder en bespreek dit met hom, aangesien die DFO jou nie kan/wil help nie, sodat hy DFO kan opdrag gee.
Mens is nie lus vir moelikheid maak nie, maar die probleem lê nie by die aansoeker nie.... Punt
Skakel hoofkantoor, kry n persoon wat saamstem met jou by navrae se naam en van en kontaknommer. Sit jou versoek op skrif met alle details en gee aan stasiebevelvoerder en bespreek dit met hom, aangesien die DFO jou nie kan/wil help nie, sodat hy DFO kan opdrag gee.
Mens is nie lus vir moelikheid maak nie, maar die probleem lê nie by die aansoeker nie.... Punt
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
JCR
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Sat Aug 02, 2014 10:33 pm
Re: Bevoegdheid vraag en wat die wet sê
Stem heeltemal saam hier. Kry dit onder die SB se aandag. Wat hierdie DFO jou vrou vertel is nie korrek nie.Jake1 wrote:Jacks, ek kan jou waarborg die hoofkantoor 012 353 6111 sal nie n probleem hê met gelyktydige indiening van beide applikasies, hernuwing en further competency nie.
Skakel hoofkantoor, kry n persoon wat saamstem met jou by navrae se naam en van en kontaknommer. Sit jou versoek op skrif met alle details en gee aan stasiebevelvoerder en bespreek dit met hom, aangesien die DFO jou nie kan/wil help nie, sodat hy DFO kan opdrag gee.
Mens is nie lus vir moelikheid maak nie, maar die probleem lê nie by die aansoeker nie.... Punt
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk