Page 1 of 2
MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Wed Nov 25, 2009 1:26 pm
by Robert
2 brakkies wat so 'n ruk terug lus was vir bakkie ry.
Die groukat het saam met hulle ingekom en deur 'n driedoring bos vir my geloer , jammer katjie. Ek is ook feilbaar.
Robert
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Wed Nov 25, 2009 2:30 pm
by Freek
Mooi Robert, ek hou van jou jakkals mobiel. Ek neem aan dit is die Bolero daai...
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Wed Nov 25, 2009 2:59 pm
by JACQUES BOTHA
VERGEET DIE BALERO DIS 2 MOOI HONNE DAAI... HULLE SAL KAN KRAGTE MEET MET N ROTWEILER....
ROBERT DALK MOET EK EN JY GESELS OOR DIE BALERO'S, EK HET OOK EEN AANGESKAF...
KAN NOG NIE KLA NIE, 2006 MODEL, 70000KM OP.WAG NOG VIR DIE PYNE....TAS NOG NET N PLESIER....
DALK NIE DIE REGTE BAKKIE NIE, MAAR DIE PRYS WAS REG EN DIE KLEUR NIE.....
GROETE
JB
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Wed Nov 25, 2009 4:39 pm
by Robert
Jacques
As ek jou kan raad gee met jou Blerry ero {bolero} VERKOOP of ry 5lt petrol saam as hy verseker is.
Ek het ook die 2006 mdel in 4x4. Myne het die peugute engin in. Ek het nog net probleme gehad met myne.
1. ratks lek olie soos n mandtjie
2. op 54000 pak ratkas op en claim by mahindra 'n nuwe
3. diff lek olie
4 4x diesel tanke ingesit
5. nou die 3 keer die top laar doen
6. 3de verkoeller
7. diesel pomp
altenator, Upper controler arm vervang.Tierod ends wat uitval.ens. e.ns.ens
Ek maak nie 'n ander man se rygoed, geweer, vrou of kinders sleg nie maar ek is om gesukkel met die bakkie. Hy het nou 107 000km op.
Die bakkie werk hard tussen skaapwerk, jagters uit vat en ongediertes.
Die besigheid is nou besig om 'n ander bakkie te soek wat minder sal kos om te onderhou as die een.
Ek weet van mense wat sweer by hull Indier Cruiser, maar ek het my lus en humor verloor met myne.
Sterk wees en maak solank vriende met jou agent.(spot net)
Robert
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Thu Nov 26, 2009 8:19 am
by Francois Marais
JB
Daai linkerkantste een lyk soos n COYOTE.
Mooi loop
Francois
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Thu Nov 26, 2009 9:49 am
by JACQUES BOTHA
Robert.
Dalk moet ek verkoop voor ek probleme kry...Dankie
Myne het nie daai Pegeot enjin in nie. dalk hy te oud ..
Maar enjin loop mooi ratkas mooi maar dif is vervang voor ek gekoop het.
Hanteer darem lekker en ry nogal sag in die veld...
Dalk praat ek te vroeg...Maar ek het hom in die mark?
Groete
Jacques
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Thu Nov 26, 2009 1:19 pm
by Robert
Jacques
Die Pegeot engin was die eerste modelle wat uit gekom het. Die Mahindra engins gee blykbaar minder probleme.
Die bakkie loop werklik lekker in die veld en stamp nie jou niere op 'n knop nie. Hy is ook nie bang vir klipgrond en ongelyke terein nie.
As dit nie was vir die probleme met die engin en moeilik verkrygbare onderdele, wat vrek duur is, sou ek hom seker nog lank wou hou. maar soos ek gese het het ek my smaak vir hom heel verloor.
Hopelik is joune een van die beter tipe en ek het die maandag oggend bakkie gekry.
Robert
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Mon Dec 07, 2009 11:09 pm
by Danie Lombard .243
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Mon Dec 07, 2009 11:11 pm
by Danie Lombard .243
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 7:19 am
by JACQUES BOTHA
Danie.
Mooi man jy vattie nonsens van die vleisvtreters daar op soutpan nie..
Danie ek wil nou nie sommer namens jou gesels nie,maar aan al die manne as julle probleme het met vuurwapens aansoeke en wette en ordonansies en al die admin probleempies ek dink gooi vir danie n PM hy sal graag help. Hy is nogal kundig op die gebied en het verskeie talente behalwe jakkals skiet waarmee hy ons van hulp kan wees. Hy het my sommer so paar goedjies in een sin gese wat ek nie geweet het nie.Sorry dat ek sommer namens jou hulp aanbied vir die manne maar ek weet jy sal graag help..
Dankie Danie jy gaan jouself nog baie geniet op die forum..
MOOI SPANNETJIE WAT JY DAAR BYMEKAAR GEMAAK HET
mooi loop
Jacques
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 8:48 am
by Freek
Geluk Danie, ek is sommer jaloers dat jy sulke vol talle kry. Hier by my sukkel 'n mens maar en skiet normaalweg nie sommer meer as 2 op 'n aand nie, tensy jy op die kinderkrans afkom. Baie mooi man, gee hulle gas!

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 9:29 am
by Raven
Mooi man Danie, roer hulle!!!
Raven
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 9:59 am
by Robert
Danie.
Jy lyk vir my na 'n man van min woorde.
Sit sulke mooi foto's op wat vanself praat. Geen kommentaar by nie. Net feite.
Se bietjie waar , wat ,hoe ver en al die lekker dinge.
Is jy betrokke met opleiding in vuurwapens of die invul van die forms? Ek hoor die manne praat dt jy help met motifeerings.
Ek gee opleiding volgens die nuwe
ontwapens wet hier op Kenhardt en omgewing.
Robert
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 12:05 pm
by Danie Lombard .243
Dag se ou Robert.
Ja, ek is verbonde met geakrediteerde opleiding t.o.v. vaardigheid, dit is alles wat te doen het met lisensies in terme van wet 60 van 2000, asook bekwaamheid opleiding. Dit het betrekking tot die die bekom van status soos toegewyde jag en of toegewyde sprot skiet.
Ek is lid van SA Jagters se Sandveld tak.
By die motiveering kant hou ek my neus uit. Dit kan vir 'n ou nogal vars moeilikheid op die hals haal, veral as die lisensie aansoek afgekeur word, vir welke rede ookal. Soms, het ek al agter gekom dat lisensies afgekeur is weens foute met die invul van aansoeke, al is die motiveering juis en korrek.
Moet erken, ek al 'n paar van my ou groot pelle gehelp het met motiveerings vir hul aansoeke. Die aansoeke is posetief oorweeg en die ouens het hul lisensies gou-gou gekry. Ek gee my dus nie uit vir die skryf van motiveerings nie, maar sal raad gee aan jul ouens hier op die forum met betrekking tot nuwe aansoeke, asook ander verwante vrae.
Jou vraag oor die jakkals fotos. Ons Soutpan battleship het 'n bemanning van drie. Yolandi, my vrou, bestuur, Hendrik lig en ek gooi lood.
Soms gebruik ons die doedelkas(FOXPRO) soms blaas ek die beul (FLUITJIE) en ander kere, meeste van die tyd vaar ons rond in die veld en skiet.Meeste rooikatte word op die vaar manier gekap.
Die foto van die 7 jakkalse se storie loop so. Daar kort 'n jakkals op die foto. No 8 is in baie lang rooigras gekap, op 'n ver afstand. Die pil het lekker hert geklap. DOEP!! Ons kon hom nie opspoor in die lang gras daardie aand nie. Het hom 'n paar dae later wel raak geruik. Voor die bors geterf. Ons het daai 8 jakkalse in twee ure geskiet. 7 Geroep, en met die huisotgaan slag die laaste een in 'n pan geky. Die lang gras een het ek geroep, wou nie nader kom nie.
Die ander foto is sommer so 'n rondry aand gewees.
Nou ja dit is dan eers al.
As die manne wil vrae en raad soek, laat weet en ek sal help waar ek kan.
Dankie dat jul my laat tuisvoel op jul blad. Ek genit dit sterk hier.
Groetnis
Danie
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 12:33 pm
by Dawie
Danie .243 wrote:
...meeste van die tyd vaar ons rond...Meeste rooikatte word op die vaar manier gekap.
Hou nogal van die uitdrukking

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 2:30 pm
by Raven
Danie,
Jy het lekker oefening gekry met daai groepie, ek kan nie meer wag om 'n slag pen en papier te los en weer veld toe te gaan...
So ek "oefen" maar tot 15 December wanner ek my afsprakie het met 'n paar jakkies. Die plaasboer belowe mos ek is die eerste een wat die jakkies kom roei by hom so ek hoop die nag gaan suksesvol wees.
Vir nou maar eers op 200 meter gespeel, die wind is nie so lekker op die skietbaan nie.
Raven
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 2:57 pm
by Raven
Ek terg maar net, ma ek dink die groenes gaan meer laaik as ons die jakkies skiet..
Rave
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 5:36 pm
by MEERKAT
Danie
Waar in die wye wereld is Sandveld , hoekom ek vra die jakkalse se kleure is so helder, lyk of hulle gesjampoo is.
Die goggas in ons wereld is duidelik nie so helder van kleur.
Knou goggas af
MEERKAT
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 7:22 pm
by Danie Lombard .243
RAVEN
Jou skote lyk vir my kookwater. Hou so aan. Ek spuit hul maar gewoontlik aan die dikste kant. Hul is gewoontlik nie met papierplaktape aan die gras halms vas geplak nie, staan ook nie altyd mooi vir 'n pil nie. Ek sal self rond spring en duck en dive as 'n ou met 'n gifspuit beklee met 'n GROOT vergroot glas bo op vir my wil inspuit.

Die SA Jag teiken is in my opinie 'n puik oefen medium. Lyk net soos ou witrug. Kap hom, DOEP!! 200 meter is goeie afstand vir oefen, en jou group lyk deftig en giftig. Doen so voort.
MEERKAT
Sandveld is die naam van ons SA Jag tak. Die tak se skietbaan en klubhuis is gelee aan die oostekant van die nedersetting/dorpie Soutpan, Vrystaat. Hier is 'n kerk,polisie stasie, 'n boere diens en 'n paar inwoners. Die tak bedien die dorpe Soutpan, Dealesville, Brandfort, Glen en alles wat in, om en naby le of val, of die wat wil inskakel. Ons het selfs lede van sover as Pta noord.
Die jakkalse blink so van skaap vreet. Tans roer die vlekkeis die springbok lammers. (JAKKIE MIXED GRILL

) My mond blink self as ek van die vet dorperskaap ribbetjie eet wat van die koole af kom, en na so 'n rib en vol magie le ek ook op my sy, net so stil soos die vlekkies op die foto.
Groetenis en soet wees. Danie.
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Tue Dec 08, 2009 9:37 pm
by Louis102
Ou Raven
Raven wrote:
Vir nou maar eers op 200 meter gespeel, die wind is nie so lekker op die skietbaan nie.
Op 200m in die wind is daai groepering giftig! As dit egter my groepering was sou ek moes stel, want op daai afstand sou ek nie vir die kop gemik het nie, selfs nie op papier nie. Te bang my selfvertroue kry 'n knou.
In elk geval, baie mooi. Moet nou net nie die loop gaan staan en uitskiet voor ons bietjie die manne van oorkant die Gariep aangevat het nie. Met jou, Francois en Fox Driver aan die voorpunt, sal ek en Boeta maar koelboks oppas.
Groete
Louis
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Wed Dec 09, 2009 1:20 am
by Francois Marais
Raven
Ja nee, soos die manne reeds gese het, met daai groepe, met fabrieks ammo, inni wind...... UITSTEKEND!!
Bly vir jou pard alles het mooi uitgewerk. Nou moet jy net in die veld kom. Laat weet asb hoe die nes ding uitgedraai het.
Mooi loop
Francois
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Wed Dec 09, 2009 8:33 am
by Raven
FM,
Ek ry 3 uur plaas toe, die voorman se hulle het nie veel gekarring naby die nes nie. Kleintjies moet nog daar wees.
Die nes is baie tussen die bosse se hy, en die area is baie vol bos.
Ek hoop is alles loop goed uit.. Een van my ander werkers het Maandag nag ook 'n jakkals met slagyster so 2km van nes gevang, maar ek weet nog nie wat die geslag van die jakkals is nie.
Ek is Vrydag terug, laat weet dan.
Groete Raven
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Wed Dec 09, 2009 6:10 pm
by Ambessa
Hallo Danie .243
Danie .243 wrote:...Jou vraag oor die jakkals fotos. Ons Soutpan battleship het 'n bemanning van drie. Yolandi, my vrou, bestuur, Hendrik lig en ek gooi lood...
Gee bietjie meer info tov:
* hoe ver uitmekaar is die 'pakkie' rooijakkalse geskiet?
* Wat was die geslagte?
* Is een van die drie bemanningslede dalk toegerus om ten minste die rooijakkalse te weeg? of ook te meet?
Plaas die info elders onder 'n ander toepaslike post (Net vir Lede... ...Liggaamsmates (rooikatte & rooijakkalse) op die forum.
Dankie.
Ambessa
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Thu Dec 10, 2009 8:58 am
by GREYHOUND
HELLO ROBERT
WAT HET DAAI MAN AAN DIE LINKERKANT GEWEEG, SAL GRAAG WIL WEET.
GROETE GREYHOUND
Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES
Posted: Thu Dec 10, 2009 12:36 pm
by Robert
Greyhound
Ek het nie die brakkies geweeg nie maar ek moes nuwe shoks insit en weer die bladvere laat reset en temper.
Ek het nie gedink aan weeg nie, net te bly dat ek die skaapdiewe kon dood kry. Ek het nou 'n hang skaal by my stoor op die plaas en ek sal die nuwe jakke weeg, foto grafeer, tande kyk en disect. Ek leer stadig maar seker as ek die ander se detail sien.
Hou maar dop. daar loop nog 'n paar diewe rond wat ek gaan pak gee sodra ek terug kom van die groot blou af. Man kan mos nie net van vleis alleen lewe nie. Gaan bietjie slaai soek (vis) by Alexanderbaai se dam.
Robert