Page 1 of 1

Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Mon Jun 01, 2020 3:15 pm
by Quinna
Middag manne van Jaracal

Ek het so lank laas gepost voel asof ek my self eers weer moet gaan voorstel

Anyway. Ek is besig om in die langer afstand skiet en jag in te beweeg. Ek is op die soek na n scope wat vir die doel goed sal werk

Ek kyk na die Vortex Viper PST GenII en dan ook na die Strike eagel. Ek ken Vortex en ek het self al met die PST te doen gehaad.
Met my soek en huiswerk doen toe kom ek nou op die Vector scopes af.
Dit wat die specs se lyk heel goed, wat ek wil weet is daar iemand op die groep wat n Vector het en wat ook al met n Vortex tedoen gehaad het.

Ek kyk na n vergroting in die lyn van 5-25x50 daar rond in FFP met Zero stop en in MOA verstelling

Groete

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Mon Jun 01, 2020 5:41 pm
by tripodmvr

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Mon Jun 01, 2020 7:55 pm
by willemw
Wie is die verspreider van Element in SA?

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Mon Jun 01, 2020 9:21 pm
by tripodmvr
Matt Dubber is 'n Suid-Afrikaner en deel van die ontwerpspan.

https://l.facebook.com/l.php?u=http%3A% ... _QJr7DUJpk

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Mon Jun 01, 2020 11:21 pm
by Leon Crous
Ek stem saam met Tripod. Element se scopes lyk tops.
Ek al kontak gemaak (om een aan te skaf).
Lyk my net ons gaan bietjie wag vir die Titan en Helix reekse wat eers later kom.
Eerstes wat beskikbaar gaan wees is Nexus.
So ek wag maar bietjie, want alles wat ek al gekyk en gelees het, dui daarop dat dit puik produkte is.
Cheers.

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Fri Jun 12, 2020 10:30 am
by Quinna
Dankie almal sal bietjie na die ander scopes ook kyk

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Fri Jun 12, 2020 1:56 pm
by J le Roux
Daar het so paar manne tydens 'n 500m skiet deur 'n vriend van my se Vector gekyk, almal was verbaas oor die 'no-name' se optiese kwaliteit.

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Fri Jun 12, 2020 4:34 pm
by Koos Barnard
Optiese kwaliteit kan misleidend wees. As jy in Ford en 'n Land Cruiser sit en jy kyk deur die voorruite sien jy ewe goed... maar vat 'n bietjie die bergpaaie met hulle dan kom jy die verskil agter.

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Fri Jun 12, 2020 4:41 pm
by Ranger
Koos Barnard wrote: Fri Jun 12, 2020 4:34 pm Optiese kwaliteit kan misleidend wees. As jy in Ford en 'n Land Cruiser sit en jy kyk deur die voorruite sien jy ewe goed... maar vat 'n bietjie die bergpaaie met hulle dan kom jy die verskil agter.
Ja it's much more comfortable in the Ford. :laugh:

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Fri Jun 12, 2020 4:46 pm
by dehacked
Ranger wrote:
Koos Barnard wrote: Fri Jun 12, 2020 4:34 pm Optiese kwaliteit kan misleidend wees. As jy in Ford en 'n Land Cruiser sit en jy kyk deur die voorruite sien jy ewe goed... maar vat 'n bietjie die bergpaaie met hulle dan kom jy die verskil agter.
Ja it's much more comfortable in the Ford. Image
And you get to enjoy the scenery much longer...

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Fri Jun 12, 2020 5:23 pm
by Wouter Roets
dehacked wrote: Fri Jun 12, 2020 4:46 pm
Ranger wrote:
Koos Barnard wrote: Fri Jun 12, 2020 4:34 pm Optiese kwaliteit kan misleidend wees. As jy in Ford en 'n Land Cruiser sit en jy kyk deur die voorruite sien jy ewe goed... maar vat 'n bietjie die bergpaaie met hulle dan kom jy die verskil agter.
Ja it's much more comfortable in the Ford. Image
And you get to enjoy the scenery much longer...
;D ;D ;D ;D

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Fri Jun 12, 2020 6:19 pm
by Basjan123
Koos Barnard wrote: Fri Jun 12, 2020 4:34 pm Optiese kwaliteit kan misleidend wees. As jy in Ford en 'n Land Cruiser sit en jy kyk deur die voorruite sien jy ewe goed... maar vat 'n bietjie die bergpaaie met hulle dan kom jy die verskil agter.
Agter watter stuur lyk dit die benoudste??

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Sun Jun 14, 2020 8:00 pm
by Eugene
Quinna, ek gebruik self ‘n “budget” teleskoop of 2. Ek ken egter nie die Vector nie. ‘n Belangrike ding om te onthou met goedkoper teleskope, is dat die helderheid en glas dalk nou baie goed vergelyk met die duurder teleskope, maar gaan daardie helderheid “bly” na byvoorbeeld 5 jaar of langer? Ander ding wat belangrik is, veral op langer afstande waar jy gaan “dial” vir elke afstand, is die konstante betroubaarheid van die teleskoop se verstellings. Self met duurder teleskope, is 1 click nie noodwendig 1/4 moa nie (en dis maklik om dit te bepaal en in te reken), maar met erkende fabrikate is dit elke keer konstant. As dit nie elke keer dieselfde is nie, gaan dit ‘n lang dag raak op die baan en ‘n duur dag in die veld.....

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Mon Jun 15, 2020 7:06 am
by Quinna
Eugene ek stem met jou 100% saam dis hoe ek ook dink.
Ek vra ma net omdat ek self nie ondervinding met die scope het nie. Daar is van die Vector scopes wat by die R17 000 draai is nie goedkoop nie maar ek kry niemand wat vir my n vergelyking kan gee tussen die vectors en die vortex of enige ander groot naam

Dis 1 ding om deur die scope te kyk en als lyk nice maar soos jy se daar op die baan of in die veld waar dit saak maak is n ander storie.
Ek het nou ma besluit ek gan vir die Vortex.

Re: Vector Optics doe they hold there own?

Posted: Tue Jun 16, 2020 12:23 pm
by Grenslyn
Goeie besluit!