Page 1 of 1

Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Wed Jun 17, 2020 9:23 pm
by Jaco vdW
So is ek besig om n klompie beesvet in blokkies te sny vir volgende week se jag en die vleiswerk wat hopelik daarop sal volg. Ek haal toe n mooi dik stuk vet uit die sak, en draai hom reg om te begin sny. Op die buite kant is daar toe die snaakse wit “stof”. Dit lyk nogal na kalk en is klip hard. Ek het in amper 15 jaar wat ons self vleis werk nog nooit so iets gesien nie. Die vet is by n baie betroubare slagter op Stellenbosch gekoop, so is afkomstig vanaf n abattoir en deur die regte kanale, en nie uit die gramadoelas nie. Ek koop seker al 8 jaar elke jaar vet by hulle, en het nog nooit probleme gehad nie.

Ek hoop werklik een van die lede kan lig hierop werp.

Image

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Thu Jun 18, 2020 8:45 am
by Plaashaas
As ek moet raai is dit n ou absess wat versteen het.

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Thu Jun 18, 2020 8:48 am
by Jaco vdW
Baie interessante idee. Dit lyk defnitief soos iets wat versteen of verkalk het.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Thu Jun 18, 2020 9:23 am
by Friedland
Plaashaas wrote:As ek moet raai is dit n ou absess wat versteen het.
Ek stem saam

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Thu Jun 18, 2020 9:51 am
by airhunter
Dink so daaraan.
As die slaghuis die vleis gewerk get, het jy al daardie stuk "wat ookal" in die wors ge eet en dit oorleef. :laugh: ++>:

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Thu Jun 18, 2020 10:04 am
by Jaco vdW
airhunter wrote:Dink so daaraan.
As die slaghuis die vleis gewerk get, het jy al daardie stuk "wat ookal" in die wors ge eet en dit oorleef. :laugh: ++>:
Ja dis n feit!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Thu Jun 18, 2020 9:34 pm
by B Five
Is dit nie maar net n stukke “harde” vet nie?

Selfde as wat mens rondom van die niere en ingewande kry?

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Thu Jun 18, 2020 10:05 pm
by Jaco vdW
B Five wrote:Is dit nie maar net n stukke “harde” vet nie?

Selfde as wat mens rondom van die niere en ingewande kry?
Die binne vet soos om die organe is hard en korrelrig, maar voel steeds vetterig as jy daarmee werk. Die wit stof was “droog”, en aan die no kant van die stuk vet, so sou direk onder die vel gewees het.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Fri Jun 19, 2020 5:20 pm
by Dirkvh
Plaashaas wrote: Thu Jun 18, 2020 8:45 am As ek moet raai is dit n ou absess wat versteen het.
Stem

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Fri Jun 19, 2020 5:56 pm
by JK
Al die mielemeel van die voerkrale. :laugh:

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Fri Jun 26, 2020 6:54 pm
by knipmes
Stem saam dat dit n "versteende" abses is Die besering word geisoleer in n soort van n kapsule . Ek het al sulke versteende absesse in spierweefsel gekry wat die gevolg was van ou skietwonde Stuk koper of lood in.

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Fri Jun 26, 2020 7:38 pm
by Dirkvh
knipmes wrote: Fri Jun 26, 2020 6:54 pm Ek het al sulke versteende absesse in spierweefsel gekry wat die gevolg was van ou skietwonde Stuk koper of lood in.
Was dit nie baie seer nie knipmes? ;)

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Sat Jun 27, 2020 12:58 pm
by Morkel
Dirkvh wrote:
knipmes wrote: Fri Jun 26, 2020 6:54 pm Ek het al sulke versteende absesse in spierweefsel gekry wat die gevolg was van ou skietwonde Stuk koper of lood in.
Was dit nie baie seer nie knipmes? ;)
Die oompje is op sy sagste deel graniet hard! Hy sny daai koele met “ knipmes” uitImageImage


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Eienaardige verskynsel in beesvet

Posted: Sat Jun 27, 2020 1:48 pm
by knipmes
Slim! Uitgevang. ;D