Wors Verpakking keuses

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply

Hoe verpak jy jou wors?

Poll ended at Wed Aug 04, 2021 4:23 pm

1. Spiraal.
32
89%
2. Zig-Zag.
2
6%
3. Gesnyde lengtes.
2
6%
4. Gooi dit in n sak in die vrieskas.
0
No votes
5. Ander
0
No votes
 
Total votes: 36

User avatar
JurieW
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm

Wors Verpakking keuses

Post by JurieW »

Ek sal graag wil hoor hoe jy jou wors verpak en hoekom jy die metode gebruik. Ek gebruik gesnyde lengtes, dit verpak vinnig en maklik in ziplock sakkies en ek kan eenvoudig nie aan 1 praktiese rede dink hoekom wors in n spiraal verpak word nie...? tog word dit so verpak of ek nou aan n rede kan dink of nie. Ek hoor graag van julle.
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Wors Verpakking keuses

Post by alecjohnson »

Zig zag, in foam bakkie met vleis sap "pad". ek kry op my bakkies 6"stukke" so zigzag . Ek verkies die volle lengte wors (dit braai sappiger vir my) aangesien daar net 2 oop punte is i.p.v 12 met gesnyde wors(tensy jy die wors draai, maar dis te veel werk vir my. Daai 6 word wanneer gaar gesny en jy sit met 6 reguit stukke wors vir worsrol, dis net prakties vir my; vir pak in vrieskas, gaarmaak en bediening.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Wors Verpakking keuses

Post by prohunt »

Ek verpak myne in lengtes geknak (nie gesny) sodat hulle presies in die vakuumsakkie pas....genoeg vir drie persone. Die lengtes lê maw mooi plat langs mekaar in die sakkie met die ente geknak.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Wors Verpakking keuses

Post by J le Roux »

Spirale in butcher bags, druk lug uit, spin hom en knoop. My lengtes is so 75cm vir 700g. Ek doen dit seker al in onder 20 sekondes.

Met korter stukke kan die vet en sous by die ente uitloop en die kole ook laat opvlam.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Wors Verpakking keuses

Post by Chris (vdB) »

Vir my hang dit maar af watse wors ek maak, vir gewone wors spiraal en vark bangers stukke gesny, maar ek verkies dit gevacuum in sakke.
Vir my voel dit mens kan dit baie mooier dan pak in jou deepfreeze, sodat die pakke nie van mekaar af val as jy bietjie hoog begin pak nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Wors Verpakking keuses

Post by ruaanb »

Ek maak ook soos Chris
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3606
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Wors Verpakking keuses

Post by Fanta300 »

Spiraal pas mooi in ronde pan of op rooster. Draai hom met een slag om. Werk vir my ;D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wors Verpakking keuses

Post by Capt. Yoda »

Fanta300 wrote: Wed Jul 07, 2021 8:32 pm Spiraal pas mooi in ronde pan of op rooster. Draai hom met een slag om. Werk vir my ;D
Breek ook baie minder na hy gevries was as daai wat so zig zag gepak is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply