Page 1 of 1
Wors Verpakking keuses
Posted: Mon Jul 05, 2021 4:23 pm
by JurieW
Ek sal graag wil hoor hoe jy jou wors verpak en hoekom jy die metode gebruik. Ek gebruik gesnyde lengtes, dit verpak vinnig en maklik in ziplock sakkies en ek kan eenvoudig nie aan 1 praktiese rede dink hoekom wors in n spiraal verpak word nie...? tog word dit so verpak of ek nou aan n rede kan dink of nie. Ek hoor graag van julle.
Re: Wors Verpakking keuses
Posted: Mon Jul 05, 2021 4:46 pm
by alecjohnson
Zig zag, in foam bakkie met vleis sap "pad". ek kry op my bakkies 6"stukke" so zigzag . Ek verkies die volle lengte wors (dit braai sappiger vir my) aangesien daar net 2 oop punte is i.p.v 12 met gesnyde wors(tensy jy die wors draai, maar dis te veel werk vir my. Daai 6 word wanneer gaar gesny en jy sit met 6 reguit stukke wors vir worsrol, dis net prakties vir my; vir pak in vrieskas, gaarmaak en bediening.
Re: Wors Verpakking keuses
Posted: Mon Jul 05, 2021 5:23 pm
by prohunt
Ek verpak myne in lengtes geknak (nie gesny) sodat hulle presies in die vakuumsakkie pas....genoeg vir drie persone. Die lengtes lĂȘ maw mooi plat langs mekaar in die sakkie met die ente geknak.
Re: Wors Verpakking keuses
Posted: Mon Jul 05, 2021 8:12 pm
by J le Roux
Spirale in butcher bags, druk lug uit, spin hom en knoop. My lengtes is so 75cm vir 700g. Ek doen dit seker al in onder 20 sekondes.
Met korter stukke kan die vet en sous by die ente uitloop en die kole ook laat opvlam.
Re: Wors Verpakking keuses
Posted: Tue Jul 06, 2021 5:32 am
by Chris (vdB)
Vir my hang dit maar af watse wors ek maak, vir gewone wors spiraal en vark bangers stukke gesny, maar ek verkies dit gevacuum in sakke.
Vir my voel dit mens kan dit baie mooier dan pak in jou deepfreeze, sodat die pakke nie van mekaar af val as jy bietjie hoog begin pak nie.
Re: Wors Verpakking keuses
Posted: Tue Jul 06, 2021 6:07 am
by ruaanb
Ek maak ook soos Chris
Re: Wors Verpakking keuses
Posted: Wed Jul 07, 2021 8:32 pm
by Fanta300
Spiraal pas mooi in ronde pan of op rooster. Draai hom met een slag om. Werk vir my

Re: Wors Verpakking keuses
Posted: Thu Jul 08, 2021 8:07 am
by Capt. Yoda
Fanta300 wrote: Wed Jul 07, 2021 8:32 pm
Spiraal pas mooi in ronde pan of op rooster. Draai hom met een slag om. Werk vir my
Breek ook baie minder na hy gevries was as daai wat so zig zag gepak is