'n Pel van ons het ons genooi om te kom kuier by hom die afgelope naweek en gese ek moet 'n roer saamvat want hy het surplus bokke wat moet afkom.
Ek is deesdae baie lief om my .416 oral te vat as ons jag en eerder met hom te skiet as my ander gewere wat ek week in en uit gebruik vir my jakkalsjag werk.
Ek het die goue wildebees koei met my .416Ruger geskiet op so 120m met 'n 400gr Swift A-Frame.
My vrou het die bul op 320m en ek die geel blesbok op 230m met my vriend se 6.5Sweedmoor (6.5x55Ackley) geskiet met 140gr ELDM koeels.
Die wind het gewaai teen 30km/h+ wat dit nogal uitdagend gemaak het, maar ons kon in totaal 3x goue wildebeeste 1x geel blesbok en 1x gewone blesbok skiet vir die dag.





