Page 1 of 1

Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 7:31 am
by Geno
Ok, dalk 10 jaar gelede.... :laugh:


'n Pel van ons het ons genooi om te kom kuier by hom die afgelope naweek en gese ek moet 'n roer saamvat want hy het surplus bokke wat moet afkom.
Ek is deesdae baie lief om my .416 oral te vat as ons jag en eerder met hom te skiet as my ander gewere wat ek week in en uit gebruik vir my jakkalsjag werk.
Ek het die goue wildebees koei met my .416Ruger geskiet op so 120m met 'n 400gr Swift A-Frame.
My vrou het die bul op 320m en ek die geel blesbok op 230m met my vriend se 6.5Sweedmoor (6.5x55Ackley) geskiet met 140gr ELDM koeels.
Die wind het gewaai teen 30km/h+ wat dit nogal uitdagend gemaak het, maar ons kon in totaal 3x goue wildebeeste 1x geel blesbok en 1x gewone blesbok skiet vir die dag.

Image

Image

Image

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 8:07 am
by Capt. Yoda
Lekker Geno, proe goues soos kerrie?

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 8:09 am
by Geno
Hulle proe soos die trane van ouens wat geld geleen het om te belê in skaarswild.

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 8:22 am
by tripodmvr
++>: ++>: ++>:

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 8:24 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Thu Oct 28, 2021 8:09 am Hulle proe soos die trane van ouens wat geld geleen het om te belê in skaarswild.
++>: ++>:

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 8:35 am
by henried
Te lekker!
Ek laaik daai BB, te mooi.

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 10:06 am
by sako 30-06
Mooi man, ek dink n paar manne het groot geld verloor en n paar het groot geld gemaak.

Daai bul sou n mooi shoulder mount gemaak het.
Ek dink jou vrou skiet beter as die meeste van ons mans ++>:

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 10:56 am
by Frederik
Netjies lekker om so gelukkie of twee te kry die dag.

Re: Jag vir die miljoenêr...

Posted: Thu Oct 28, 2021 11:09 am
by Dirkvh
Dave se Sweedmoor gooi bitter mooi, hy het al 'n hele paar langes gegooi met die roer! Laat weet my asb volgende keer as jy hier op my stoep kom kuier, sal graag weer 'n koue een saam jou wil geniet.