Gevaarlike Wild Romanse

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Ek worstel al n ruk lank in my kop met die gedagtes.Ek het n siening oor die spesifieke onderwerp en dis vir my asof nie almal dieselfde sentiment deel nie. Ek gebruik soms Jaracal as n spieel om gedagtes agter mekaar te kry en moontlik antwoorde te kry selfs al is daar geen terugvoer nie. Sommige manne mag dalk nie saamstem nie.

Beginsel:

• Is n Buffel, Leeujag, Olifantjag nie iets spesiaal nie!!!
• Wil jy nie die groot geeste op die "regte" manier jag sodat jy die maksimum ervaring en storie kan he nie!!!
• Op n sekere mate is daar ook n "ego" aan gebrek aan beter woord wat met gevaarlike wild saamgaan nie!!!

Die spesiale storie:

My siening is nog altyd dat die storie die jag maak en dat dit nie noodwendig die dood van die dier beteken nie. My eerste jagsessie agter n buffelkoei aan was van minuut een af n uitdaging en byna alles wat kon verkeerd loop het verkeerd geloop voor ek nog op die plaas aangekom het. Die oudfitter daag nie op by afgepreukde plek en tyd nie, antwoord nie sy foon nie en en. Dit daar gelaat, toe die jag begin is daardie diere so wild dat sukses nie sommer net sal gebeur nie. Lang storie kort 96km in 3 en half dae en daar was nie n enkele geleentheid vir n skoot nie. Die ervaring en die tyd in die veld was iets wat ek nooit sal vergeet nie (luiperd wat n rooibok vang minder as 300 meter van ons af, ratels, leeu spore in die rivier bedding ensovoorts). Wat het ek daar weggedra: n storie wat ek altyd sal onthou selfs al was daar nie n positiewe uitkoms van die jag van my eerste buffel nie.

Die "regte" manier

Dit kan oor geredeneer en gerenekabel word en daar is baie omstandighede waar oop vlakte jag jou nie toelaat om op enige ander wyse te jag as van n bakkie af nie (eintlik seker maar skiet van jou persoonlike ervaring en veldkuns word nie getoets nie). Bakkie jag het verseker sy plek en dink oor die algemeen dat die sogenaamde etiek vir my baie afhang van die area en die omstandighede (bv uitdunning van wild ensovoorts). Sien mens die tipe van jag/skiet as die ervaring wat mens sou wou he op gevaarlike wild? Vir my gaan dit weereens oor jou prooi uitoorle met alles wat teen jou tel, ruig bos, warm dae, wind en oor die algemeen jou veldkuns wat n enorme rol speel in jou sukses.

Die Ego

Ek het self al klomp van die gevaarlike wild uitoorlee en dit is werklik vir my n groot eer om so bevoorreg te wees. Met die jag van grootwild is daar seker n mate van ego/trots wat daarmee saamgaan. Kan jy werklik die trots he as jou eerste buffel van n bakkie af was? Kan hy oor dieselfde kam geskeur word as die jagters wat deur bloed en sweet tussen die sekelbos tussen ander gevaarlike wild sy dier "GEJAG" en suksesvol gedood het Trots gaan weereens vir my oor daai oorwinning as mens teen al die elemente en die fynere kuns wat jy ontwikkel het met jare lange jag en ervaring. In my earlike opinie boek jy nie net n gevaarlike wild jag nie, jy boek n storie,iets wat met jou sal wees totdat jy kop neerle en deel word van dieselfde aarde waarop jy gejag het.

Romanse

Daai tyd wat jy jou vrou of jou meisie hejag het die sogenaamde “thrill of the chace” het jy blomme aangedra voertuig deur oopgemaak en en en. Doen jy al daai goedjies nogsteeds of is van dit agtergelaat. Enige mens raak gewoond aan iets of iemand en dan ongelukkig word dieselfde aandag nie daaraan gegee nie. Kyk niemand kan my beskuldig van n romantiese man wees nie (daar het ek seker agter in die tou gestaan toe dit uitgedeel was), alhoewel ten opsigte van jag raak ek redelik sentimenteel en glo aan n sekere “romanse” wat moet geskiet. Daai inneem van die bos om jou, elke dingetjie wat jy beleef in die veld, die “thrill of the chace” want sodra daai dier deel vorm van die aarde is jou geleentheid verby.

Maak alles van jou grootwild jag en neem elke klein korreltjie denkbeeldige sand in en koester dit.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Capt. Yoda »

Ek het in die kalahari groot geword en het in daai rooi duine van die bakkie af gejag/geskiet vandat ek begin tande wissel het en dit is nog vir my die lekkerste manier om n naweek saam pelle om te kry maar ek kan vir die dood nie sien laat jy n buffel of Leeu van n voertuig af skiet nie. Soos Wouter vertel hoe jy daai Buffel ruik voor jy hom sien is hoe ek darem dink mens hulle moet soek en jag, die kans laat hy jou kan veras om elke hoek en draai en die tafels kan draai is darem net spesiaal. Mense sal seker se wat maak hom beter as die 25 blesbokke wat jy gou oor n naweek van n Cruiser af haal en elke ou kan hom jag en skiet net soos hy wil, as my tyd eendag kom sal ek verseker agter hulle aan loop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Diesel Dog »

Ai as ek maar meer van Ruark se boeke gelees het pleks van Ruiter in Swart foto verhale,dalk sou ek meer nostalgies oor die groot vyf gevoel het. :laugh: :laugh:
DD
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

Diesel Dog wrote: Mon Oct 03, 2022 5:51 pm Ai as ek maar meer van Ruark se boeke gelees het pleks van Ruiter in Swart foto verhale,dalk sou ek meer nostalgies oor die groot vyf gevoel het. :laugh: :laugh:
DD
Ek moet nog by daai lees uitkom, boeke n geneigtheid om baie baaaaie moeg te maak
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by DWB »

Kobus, jy vat raak.

Ek sê altyd die manne steel van hulleself as hulle nie die vol ervaring benut nie.

Dis voorwaar ñ voorreg!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by BeesBreet »

Hoor hoor! Soos Deon sê, jy vat beslis raak. Ek was bevooreg om n buffel te kon jag, en alles het voldoen aan jou “vereistes”, en dit was elke sent en druppel sweet die moeite werd.

My probleem nou is dat ek alewig droom en beplan, aan die volgende “bucket list” gevaarlikke wild jag. Ek wil die res almal ook ‘reg’ doen.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Frederik »

Dit is 'n groot vooreg om die gevaarlik wild te jag.
Dit begin by die idee en dan die beplaning as jy uiteindleik langs daardie dier sit en jou hand op die dier het is dit emosioneel dit is soos om 'n berg uit te klim en daar jou vlaggie te kan neersit op die piek.

En so begin dit om die ander pieke te klim of weer te doen.

Om gou die naweek deur te ry en 'n buffel te kap is soos kortpad vat en met 'n chopper op die piek afgelaai te word.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Ockert1992 »

Kobus, dankie vir jou skrywe. Ek stem 100 % saam. Dit moet meer gaan oor die reis en minder oor die bestemming. Soos Frederik sê dit begin by n idee. My gevoel is dat ek jag eerder n buffelkoei in sy natuurlike habitat as om n bul in iemand se agterplaas te skiet. Ons moet leer om meer op die kleiner dingetjies te fokus en elke oomblik te geniet.

Ek is nou op die deel waar ek wag/soek vir die regte roer.

Ek lees ook graag boeke oor hoe die manne voor ons dit gedoen het. Dit maak die storie, reis en uitsien net nog lekkerder.

Lekker jag/droom
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

Ockert1992 wrote: Mon Oct 03, 2022 8:47 pm Kobus, dankie vir jou skrywe. Ek stem 100 % saam. Dit moet meer gaan oor die reis en minder oor die bestemming. Soos Frederik sê dit begin by n idee. My gevoel is dat ek jag eerder n buffelkoei in sy natuurlike habitat as om n bul in iemand se agterplaas te skiet. Ons moet leer om meer op die kleiner dingetjies te fokus en elke oomblik te geniet.

Ek is nou op die deel waar ek wag/soek vir die regte roer.

Ek lees ook graag boeke oor hoe die manne voor ons dit gedoen het. Dit maak die storie, reis en uitsien net nog lekkerder.

Lekker jag/droom
Om die regte roer te soek is self ook n proses van huiswerk en al die lekker dinge wat daarmee saam gaan (gee my gerus n lui as jy sommer net n geselsie wil he oor gewere, ek het self n liefde vir die groot goete). Dis soos ek gese het "thrill of the chace" dis al daai klein goedjies terwyl jy voorberei en wat jy in die veld beleef wat die "droom" bewaarheid en in jou geheue sal bly vir die res van jou lewe.

Laas jaar ongeveer die tyd was ek saam n klient op sy buffeljag, met n drafstappie trap ek toe in n gat wat nie sigbaar was nie en verskoon my frans ma "slet neer sonder enige styl" net die flater sal ek vir res van my lewe onthou en het seker 9 uit die 10 rugwerwels helemal uit hulle plek geval. Hierdie oopsie maak ook deel van die storie en ook al die bloed wat geloop het tussen die sekelbosse deur.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
symmo
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Oct 03, 2012 1:15 pm

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by symmo »

Dankie vir die skrywe Kobus. Ek het nou vreeslik lekker gelag - ek sal daai val van jou ook nooit vergeet nie - lanklaas 'n groot ou so hard sien val - en dit nogal agter my buffel aan. Dankie van my kant af ook dat jy my op die regte wyse bekend gestel het aan gevaarlikke wild jag. Van die regte geweer kry tot die regte plaas identifiseer ens. Alles was 'n belwenis vir my.

Ek sal vir altyd onthou hoe ons deur die veld gestap het opsoek na 'n leeu wyfie en mannetjie - die kopkrap en "slim" planne wat ons gemaak het om die groot katte op die ou einde uit te oorlê. Die opwinding en ook angstigheid as mens so in die ruigtes invaar met die wete dat hier iets in die bos is wat nie bang is vir jou nie, inteendeel, die ding sal jou skraap as hy 'n halwe kans kry....

Ook die vreugde, verligting en dankbaarheid as mens uiteindelik een van die groot katte platgetrek het. Daardie eerste 2 of wat minute wat mens langs daardie pragtige dier staan en in stilte hom net bewonder.

Ek sal ook nie daai 60km vergeet wat ons agter my gekweste buffel moes aanloop nie - bene rou gekrap deur die sekelbos. Waardevolle les hier geleer - maak seker van jou ammo en hoe dit presteer as jy gevaarlikke wild jag - dit kan die verskil wees tussen 'n vinnige of "baie" lang buffeljag - nie eers om te noem dalk die verskil tussen lewe en dood nie...

Hierdie is lesse en geleenthede wat ek hopelik eendag met my seun ook sal kan deel as hy reg is daarvoor!

Sent from my SM-S906E using Tapatalk

User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

symmo wrote: Tue Oct 04, 2022 8:59 am Dankie vir die skrywe Kobus. Ek het nou vreeslik lekker gelag - ek sal daai val van jou ook nooit vergeet nie - lanklaas 'n groot ou so hard sien val - en dit nogal agter my buffel aan. Dankie van my kant af ook dat jy my op die regte wyse bekend gestel het aan gevaarlikke wild jag. Van die regte geweer kry tot die regte plaas identifiseer ens. Alles was 'n belwenis vir my.

Baie dankie. Dit was werklik n eer en groot voorreg om jou eerstes met jou te deel selfs al het ek nie geskiet nie was dit n onsaglike groot ervaring en verseker iets wat my sal bybly vir die res van my lewe. Behalwe vir die lekker eet, die min slaap, die aand se sit om die vuur en net twak praat is daar twee prentjies wat in my kop sal vassteek en ongelukkig het ek net een van die twee op video vasgevang:

1. Daai laat middag toe die son begin sak en die leeuwyfie eweskielik ons verras het op 10 tree(selfs al het ek so vermoede in my agterkop gehad). Toe die 450/400 praat op dalk 6 meter en die brul wat sy gee en seker twee meter in die lug in opvlieg (waar ek bang was sy kom op ons telande). Toe die skoot klap toe weet ek daai was RAAK en geweet sy gaan nie ver gaan nie. Maksimum 20 tree verder het sy haar laaste le gekry in die rivierbedding
2. Die groot mannetjie wat wegspring reguit op ons af van die wal af na waar ons in die droee rivierloop staan, daai omblik wat hy draai teen die hang van die rivierbedding wat alles op video vasgevang is. Daai is n prentjie mooi oomblik waar die dubbel op sy blad vassuig............

Laas jaar die tyd en voel soos gister en elke liewe oomblik is amper soos n storie in my geheue inge-ets.....

Hopelik maak ons weer so, dink die keer mag ek dalk ook n jagter wees!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

JAGTERSREG-JRM wrote: Tue Oct 04, 2022 9:20 am

NB!!! Die ammunisie was ook heel moontlik gedeeltelik my skuld, het werklik nie twyfel in die rak ammunisie gehad tot ek gesien het wat hulle doen nie. Moes ook onraad vermoed het toe hy nie deur die leeumannetjie gaan met eerste skoot nie. My 470 (aka Ouboet) het nog nooit n penetrasie probleem gehad met die lading kombinasie nie
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Stephan86 »

Jammer dit is dalk nou so 'n bietjie off-topic maar sal jul deel watse ammunusie dit was?
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

Stephan86 wrote: Tue Oct 04, 2022 10:00 am Jammer dit is dalk nou so 'n bietjie off-topic maar sal jul deel watse ammunusie dit was?
Eder maar nie op n forum nie, sal jou kontak
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Ockert1992 »

JAGTERSREG-JRM wrote: Tue Oct 04, 2022 8:19 am
Ockert1992 wrote: Mon Oct 03, 2022 8:47 pm Kobus, dankie vir jou skrywe. Ek stem 100 % saam. Dit moet meer gaan oor die reis en minder oor die bestemming. Soos Frederik sê dit begin by n idee. My gevoel is dat ek jag eerder n buffelkoei in sy natuurlike habitat as om n bul in iemand se agterplaas te skiet. Ons moet leer om meer op die kleiner dingetjies te fokus en elke oomblik te geniet.

Ek is nou op die deel waar ek wag/soek vir die regte roer.

Ek lees ook graag boeke oor hoe die manne voor ons dit gedoen het. Dit maak die storie, reis en uitsien net nog lekkerder.

Lekker jag/droom
Om die regte roer te soek is self ook n proses van huiswerk en al die lekker dinge wat daarmee saam gaan (gee my gerus n lui as jy sommer net n geselsie wil he oor gewere, ek het self n liefde vir die groot goete). Dis soos ek gese het "thrill of the chace" dis al daai klein goedjies terwyl jy voorberei en wat jy in die veld beleef wat die "droom" bewaarheid en in jou geheue sal bly vir die res van jou lewe.

Laas jaar ongeveer die tyd was ek saam n klient op sy buffeljag, met n drafstappie trap ek toe in n gat wat nie sigbaar was nie en verskoon my frans ma "slet neer sonder enige styl" net die flater sal ek vir res van my lewe onthou en het seker 9 uit die 10 rugwerwels helemal uit hulle plek geval. Hierdie oopsie maak ook deel van die storie en ook al die bloed wat geloop het tussen die sekelbosse deur.
Kobus, dankie ek sal defnitief nog met jou gesels. Ek kyk eintlik maar wat die geluks godin vir my oplewer. Die kaliber sal heel moontlik met 'n .4... begin en hopenlik n ouer tipe Ruger geweer wees. Maar die tyd sal leer.

Ek geniet ook die ouer boeke van jagters in afrika. Soos Harland, Capstick ens. Dit laat leef jou so in hulle stories in en help net die drome aan.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Wouter Roets »

Hallo Almal

Kobus, baie dankie vir die skrywe en jy weet ek deel jou sentiment 100% met die dinge. Iets wat ek dalk net wil ingooi vir die ander manne aangesien ek hierdie al met jou gedeel het. Jou jagbestemming en hierdie raak al hoe meer vir my belangrik moet werklik hoog op jou lysie wees. So absoluut fantasties dit is om agter die groot spore op n plaas aan te loop so verdubbel die hele ondervinding as dit gebeur op n oop konsessie. Om te weet jy is die enigste persoon saam jou span op n 100 000 of 300 000 hektaar wat daar mag wees, maak hierdie ondervinding net soveel meer spesiaal. Wat dit verder verbeter is dat die persone wat dit saam jou doen gewoonlik absolute meesters op hulle gebied is. Nie n PH of spoorsnyer wat 80% van sy tyd agter blou wildebeeste aan drentel nie maar amper 100% van sy tyd op die groot spore spandeer.

Ek het so paar jaar terug my eerste SA buffeljag gehad en om alles te kroon was dit op een van die beter plase, maar die hele ondervinding was vir my n werklike let down. Ek wil glad nie afbreek maak aan enige persoon se droom nie, maar spaar eerder net so bietjie langer en gaan doen dit behoorlik. Ek kan nie genoeg stres hoe groot verskil die twee tiepe jagte verskillend van mekaar is nie. Die safari ondervinding dink ek is die naaste wat ek in my lewe aan die hemel gekom het.

Groetnis
Wouter
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

Wouter so krap ek bietjie deur my postings vanmore net so voor n einde van nog n jaar. Naaste aan die hemel kom…..ek kan nogals daai ding indink. Ek verstaan en deel jou sentiment. Wil egter noem dat meeste manne nie finansieel die ervaring van SA buffeljag kan bykom nie wat nog van Safari ervaring (dit is egter n jammerte). Een van my groot wense is om so n Safari te ervaar en om een of ander rede steek Tanzania in my kop vas van kleintyd af.Probleem is egyer indien jy dit finansieel kan maak en eens in n leeftyd is hoe skiet jy net een dier? Op die stadium wil ek soveel moontlik gevaarlike wild jag op die mees “etiese” manier denkbaar, indien moontlik elke jaar maar weet nie of ek ooit by daai tipiese Tanzania Safari ervaring sal kan uitkom nie
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by Frederik »

Die wildste plek wat ek al was in Afrika en ondervind het was Niasa Noorde van Mosambiek en ek moet se ek het dit meer geniet as die Selous in Tanzania.

Die swamps is interesant en heel ander jag op buffel maar ek verkies om spore of stof te vat.

Mens moet ook gad nie aanvaar dat as jy na die juweel plekke gaan soos Tanzania dat die jag maklik gaan wees nie.
Weer en beweging van wild omdat daar geen grense is nie is groot oorsaak dat jy 7 dae lank duisende buffels kan sien maar geen ou bulle nie.
Vekeerde tyd van die jaar waar die diere vroeg lam en kalf en jy gaan sukkel om luiperd of leeu op bait te kry.

Met ons geld eenheid maak mens groot besluit om daardie roete te stap en so groot jag aan te pak en dit kan teleurstel of droom jag wees.
Zimbabwe met goeie kontakte en geld wat jy kan spaar vir Oktober/November maand einde van seisoen diere kan mens nogal ver kom.
Selfs in Caprivi kan mens as jy kan spring lekker jagte optel einde van die seisoen.

Ek sal maar nog lekker in SA jag en uitkyk waar ek dit doen en huiswerk doen want daar is juweel plekkies binne ons grense.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by JAGTERSREG-JRM »

Frederik

Ek hou van daai werk vir n dier, ek bly glo jy waardeur die ervaring baie meer as daar baie bloed en sweet betrokke is. Hopenlik eendag kan ek daai 300 000 ha jag ervaar al loop en jag ek my gat af..... Dis die storie en die ervaring en nie altyd die dier op die grond nie (tussen die tyd deur wat jy een dier jag is daar duisende ander ervarings wat die man in die kantoor nie ervaar nie. Jag bly flippen lekker
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Gevaarlike Wild Romanse

Post by saswart »

Wouter Roets wrote: Mon Oct 10, 2022 1:43 pm Hallo Almal

Ek het so paar jaar terug my eerste SA buffeljag gehad en om alles te kroon was dit op een van die beter plase, maar die hele ondervinding was vir my n werklike let down. Ek wil glad nie afbreek maak aan enige persoon se droom nie, maar spaar eerder net so bietjie langer en gaan doen dit behoorlik. Ek kan nie genoeg stres hoe groot verskil die twee tiepe jagte verskillend van mekaar is nie. Die safari ondervinding dink ek is die naaste wat ek in my lewe aan die hemel gekom het.

Groetnis
Wouter
Stem 100% saam, daar is iets heeltemal anders aan 'n "safari", veral buiteland. Dit gaan vir my oor die ervaring rondom dit, ja jy kan dit seker kry in SA, maar om deur grens te gaan, ure te ry na jou bestemming, geen drade of mensgemaakte goed te sien nie, die gesing van kampmense as daai dier suksesvol gejag was ens ens. Veral as jy buiteland toe gaan, verg dit meer beplanning, meer beplanning verg meer tyd dink aan wat jy wil he of gaan doen...en dit is amper die lekkerste
Post Reply