
My nuutse troffee rooi duiker in Pongola geskiet met Wouter se favorite koeel 270gr Impala solid.
375 H&H 67 meter.

Ou ram met linker horing wat afgewerk is en die riwwe amper glad.
Lengte van langste horing 2 7/8"
Julie die jaar kom ek toe op die mooi duiker af.

375 H&H Safari Bullet Company koeel 300gr, 45 meter.
langste horing 4 6/8"
Laasjaar September op my leeu jag kry ek toe kans op die mooi steenbok.

6.5x55, 160gr Interlock 70 meter
Langtse horing 4 7/8"
Nou is ek opsoek na Klipspringer, vaal ribbok en kort weer 'n mooi rooi ribbok my trofee het verlore geraak.
Die ander klein bokke blou duiker, suni, oribie, sharp, kaap grysbok en dik dik raak 'n storie om te jag met finansies en waar hulle te vinde is.
