Page 1 of 2
Klein bokkie trofees.
Posted: Tue Oct 11, 2022 8:22 am
by Frederik
Ek het die afgelope tyd bietjie ekstra tyd en geld spandeer om die kleiner diertjies te jag spesifiek moet se binne 13 maande kon ek 3 mooi diere plat kry.

My nuutse troffee rooi duiker in Pongola geskiet met Wouter se favorite koeel 270gr Impala solid.
375 H&H 67 meter.

Ou ram met linker horing wat afgewerk is en die riwwe amper glad.
Lengte van langste horing 2 7/8"
Julie die jaar kom ek toe op die mooi duiker af.

375 H&H Safari Bullet Company koeel 300gr, 45 meter.
langste horing 4 6/8"
Laasjaar September op my leeu jag kry ek toe kans op die mooi steenbok.

6.5x55, 160gr Interlock 70 meter
Langtse horing 4 7/8"
Nou is ek opsoek na Klipspringer, vaal ribbok en kort weer 'n mooi rooi ribbok my trofee het verlore geraak.
Die ander klein bokke blou duiker, suni, oribie, sharp, kaap grysbok en dik dik raak 'n storie om te jag met finansies en waar hulle te vinde is.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Tue Oct 11, 2022 11:37 am
by DWB
Lekker ou maat!!!
Welgedaan!!!
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Mon Oct 31, 2022 3:29 pm
by Frederik
Is daar niemand anders op die forum wat daarvan hou om die kein trofees te jag nie?
Ek bring maar net weer die draad op vir bietjie lewe.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Mon Oct 31, 2022 5:59 pm
by Thunderhead
Ek is mal oor die klein bokkies jag. Hier by ons is daar grys, rooiduikers, klippies, en Sharpies. Ek is tans agter n monster rooiduiker maar hy is baie skelm. Hy is oud, lyf soos n weightlifter met dik stomp horing.
Frederik wrote: Mon Oct 31, 2022 3:29 pm
Is daar niemand anders op die forum wat daarvan hou om die kein trofees te jag nie?
Ek bring maar net weer die draad op vir bietjie lewe.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Mon Oct 31, 2022 7:29 pm
by Frederik
Hoop jy kry daardie monster.
As jy kontak of kennis het daar by jou vir sharpe en klippie laat my weet.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Mon Oct 31, 2022 8:35 pm
by Eduard Venter
Ek is nie self vreeslik agter die klein bokkies aan nie, maar ek dink dis 'n groter uitdaging as meeste van die groot diere. Julle manne moet geniet! En hulle vleis behoort doeksag te wees.
Geluk met die mooi bokkies
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Mon Oct 31, 2022 8:44 pm
by Nico de Jager
Ek was bevoorreg om hierdie grysbok op my plaas te skiet. 4 7/16".
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Tue Nov 01, 2022 6:11 am
by Frederik
Nico de Jager wrote: Mon Oct 31, 2022 8:44 pm
Ek was bevoorreg om hierdie grysbok op my plaas te skiet. 4 7/16".
Dankie Nico, vir die deel eerste plek baie geluk met die mooi grysbok en tweede plek leer ek iets nuut ek het al baie fotos gesien van die sharpe's grysbok en nie besef die kaapse grysbok se horings baie langer is nie.
Rowland Ward minimum vir Kaap Grysbok, 3"
Rowland ward minimum vir Sharpe's Grysbok, 1 3/8"
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Tue Nov 01, 2022 5:14 pm
by Mellies
Frederik wrote: Mon Oct 31, 2022 3:29 pm
Is daar niemand anders op die forum wat daarvan hou om die kein trofees te jag nie?
Ek bring maar net weer die draad op vir bietjie lewe.
Die klein bokkies bly n gunsteling om te jag. Alhoewel ek nog net n Steenbokkie op die kerfstok het.
Volgende is seker n Grysduiker en omdat ek berge geniet n Klipspringer en Valie.
Met n vleisie...
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Tue Nov 01, 2022 5:46 pm
by Nico Harris
Hier is n paar baie mooi bokkies hier bo! Ek geniet ook die kleiner wild jag. Was gelukkig on die duiker te jag die jaar van 5 en 3/8 duim. Het hom met my .22 mauser geskiet. Aftsand was 80m.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 6:01 am
by Frederik
Geluk manne kom ons hou die draad aan die gang met die lekker jag uitdaging.
Mag ek ook vrae behalwe vir die Grysbokkies dat die jagte dan meestal deur die dag gebeur en nie met 'n lig nie.
Nico besonderse duiker daardie ek dink die gewone grysduiker is een van die moeilikste om in die boeke te kry.
Mellies wat meet daardie steenbok seker oor 5 duim?
Ander vraag die dat dik dik en suni basies onbekombaar is in Suid Afrika voel ek vaal ribbok en rooi ribbok kan ingesluit word as die kleiner trofee bokkies binne on grense.
Gehoor van suni in noord Natal maar teen R25K is bietjie ver uit my budget uit.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 7:51 am
by Mellies
Frederik wrote: Wed Nov 02, 2022 6:01 am

Frederik,
Langste is 5.5”.
Miskien gaan dit my byt in die toekoms, maar ek weier ook om n bokkie met n haelgeweer te skiet.
Met n vleisie...
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 8:00 am
by Ockert1992
Môre manne,
Ek hou dop. Ek het al redelik steenbokke en duikers in my lewe geskiet. Dit is maar waarop ons ons jag tande gesluit het. Die klein bokkies se vleis is ook baie lekker. Meeste van hulle met 'n .22 hornet wat nou al 4 geslagte in ons familie is. Ek is bevoorreg om nou te wag vir die geweertjie se lisensie.
Sien uit om weer bietjie agter klein bokkies in die veld te loop met die roer.
Groete
Ockert
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 8:05 am
by Mellies
Frederik wrote: Wed Nov 02, 2022 6:01 am
Geluk manne kom ons hou die draad aan die gang met die lekker jag uitdaging.
Mag ek ook vrae behalwe vir die Grysbokkies dat die jagte dan meestal deur die dag gebeur en nie met 'n lig nie.
Nico besonderse duiker daardie ek dink die gewone grysduiker is een van die moeilikste om in die boeke te kry.
Mellies wat meet daardie steenbok seker oor 5 duim?
Ander vraag die dat dik dik en suni basies onbekombaar is in Suid Afrika voel ek vaal ribbok en
rooi ribbok kan ingesluit word as die kleiner trofee bokkies binne on grense.
Gehoor van suni in noord Natal maar teen R25K is bietjie ver uit my budget uit.
Indien ons rooiribbok mag insluit, hier is my grootste.
Met n vleisie...
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 8:20 am
by Nico Harris
Dankie Frederik. Ja hier by ons in zululand kry jy redelik maklik duikers tot op 4 en 1/2 duim- groter is bietjie skaarser.
Baie mooi rooiribbok Mellies. Wat meet hy?
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 8:24 am
by Nico Harris
Hier is my rooi ribbok- gejag in die ooskaap by n vriend van my- hy meet 8”.
En dan my vaal ribbok wat ek in die drakensberge geskiet het. Hy is ook n raps oor 8”. Hy was baie oud. Simetriese horings- baie skondere groei- perfekte bok om te jag in my opinie.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 9:11 am
by Lategan1
Pragtig Nico!
Al verskil is …. die een se vleis is bitter lekker en die ander sin lekker bitter.
Beste.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 9:20 am
by BenJacobs
Ek hou ook vreeslik baie van die klein bokkies jag.
Ek was bevoorreg om 'n paar mooi vaal ribbokke al te jag en te laat jag, my beste een is 'n baie mooi ram wat ek so 2 jaar terug te geskiet het. Baie ou ram, en hy het 9 en 'n kwart duim gemeet. Ek het hom met my 243 met 90gr Sierra punte geskiet op 40m na 3 weke se gesoek.
IMG_20200226_210235_449.jpg
IMG_20200226_210235_450.jpg
Die jaar daarna kon ek 'n baie mooi steenbok ram ook skiet, hy meet net oor die 5 duim. Ek het hom met my Brno 22 gesiek op so 60m.
IMG-20210322-WA0004.jpg
Volgende op my lys is 'n mooi duiker, wat my nou al vir amper 'n jaar ontwyk.
Groete Ben
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 9:22 am
by BenJacobs
Hier is 'n foto van die twee skedels langs mekaar.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 10:04 am
by Nico Harris
Baie mooi Ben!
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 10:17 am
by Frederik
Lekker Nico was dit saam Matt Dubler die ribbok.
Netjies Ben.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Wed Nov 02, 2022 1:38 pm
by Nico Harris
Nee Frederik. Dit was n jaar of wat later wat hy nie saam was nie.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Sun Nov 06, 2022 6:05 pm
by Forester
Ek het onlangs kans gehad om ‘n blouduiker oor honde te skiet. Dit was ‘n nuwe ervaring vir my en sal dit definitief aanbeveel. Ons het eers probeer uit ‘n skuiling, maar die weer het nie saam gespeel nie en het toe taktiek verander. Die enigste probleem is dat ‘n mens nie mooi die trofee kan evalueer nie omdat alles so vinnig gebeur.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Mon Nov 07, 2022 5:18 am
by Frederik
Baie geluk en lyk soos 'n mooi blou duiker daardie.
Re: Klein bokkie trofees.
Posted: Thu Feb 23, 2023 5:30 pm
by GustavSnyman1
Baie Mooi Trofee’s. Ek wil baie graag ‘n Vaalribbok jag. My oom boer op Sutherland en hulle is vollop in daai omgewing. Ek sal moet planne maak om binnekort ‘n mooi ram in die hande te kry!