Grootfontein se demoon-Leeujag
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Grootfontein se demoon-Leeujag
Olifantskop se demoon
So skryf ons ons storie!!!
Einde 2022 het twee pelle wat jare lank mekaar ken die stap geneem om uiteindelik in die jagveld te kom, dit is net om een of ander rede nooit die regte tyd nie en ons tye en jagte was altyd in botsing met iets. Hierdie keer gaan ons dit maak werk op een of ander wyse. Einde laas jaar reel ek n datum vir n katjag da tons sommer in die deur in val met iets anders en uniek. Die datum is vasgemaak van 28 Maart tot en met 2 April sodat daar genoegsame tyd is om twee leeuwyfies te kan jag op die regte manier (soos dit hoort)
Die opwinding was hoog en soos gewoonlik het ek video na video van hoek tot kant bestudeur (selfs al het ek dit vele male gedoen) , my 470 n paar keer baan toe gevat en geoefen op 10 tot 30 meter sodat al die nodige spiere weet wat om te doen as die geleentheid homself voordoen, gedagdroom en elke denkbare oomblik elke scenario deur my kop laat speel. Ek het n proses wat ek deurgaan om myself voor te berei vir so n jag en sonder dit sal dinge net nie reg voel nie.
Dinsdag sou ek 13h00 wegloop dat ek kan seker maak dat die kos, roere en alle ander voorbereiding getref is voor die vriend/klant opdaag. Die hele 13h00 storie was vir my heeltemal teveel en het toe sommer vroeg weggespring en was omstreeks 12h30 reeds by die laaste afdraai plaas toe. Lank en die kort is alles op sy plek gesit en die 470 het twee blaffies gegee op die skietbaan en ou OUBOET was reg vir aksie.
Ek wou nie die verigtinge laat begin voor ons voltallig is nie maar het besluit om solank die hoof paaie te gaan sleup soda tons voetwerk reg is om woensdag vroeg n spoor te kan optel. Dit het laat geraak en so met n laaste draai langs die rivier het n kat uit die bloute weggespring en kon sien dis n groot dier, sy het effe van n knak in haar linker agterbeen gehad en kon sien sy het erens in haar verlede n besering opgedoen alhoewel dit haar geensins teruggehou het nie.
Later die aand het die verdwaalde vriend (van hier af sal ons hom Stokkies noem aangesien nie alle manne daarvan hou om op openbare forums te verskyn nie en omdat daar ma altyd die groene is wat wil rondloer en twak kwyt raak) by sy bestemming uitgekom (letterlik na moerse gesukkel met sein of die gebrek daarvan en aanwysings). Daarsy nou is ons voltallig!! Vroeg vroeg woensdag oggend is daar n skoot of twee geskiet om doodseker te maak elke koeel val op sy plek en toe spring ons aan die werk en gaan soek ons katte. Die plan was om die twee katte saam te jag en op hierdie wyse kry ons n stel dubbel lekker in.
Woensdag het nie veel opgelewer op die bakkie nie maar het paar dinge vining besef……..die bos is ruig, die “pepperticks” en ou plat rooies is baie en die jag gaan n moeilike een wees. Deur die loop van die dag was ons baie hard op die spore en elke nou en dan het ons gedink dat daar binnekort ietsie gaan gebeur. Dit was n gestoot en gestoei tussen die ruigtes deur en het op n kat afgekom wat met n redelike gejuig verdwyn het, spore was moeilik en die twee yster van gidse het op haar gebly. Elke nou en dan het ek gesien hoe sy 80-100m voor ons tussen bosse kruis met haar kop en lyf lag (sy was n wakker kaaitjie). Kort voor lank kry ons haar voor die loop maar die skoot is nie aan vir Stokkies nie en sy kry rigting en verdwyn nes n leeuwyfie kan maak as sy weet die perde is op haar.
Ons het n ordentlike brunch gaan maak en die middag het nie veel opgelewer nie. Die aand het ons maar n paar versterkingtjies geneem en n goeie ete ingekry. So eindig ons eerste dag in een van die mooiste lodges waar ek nog gebly het en het intussen soos my huis begin voel.
Donderdag het ons n spoor opgetel wat in die rivier in gelei het met n skelm paaidjie en het besluit om die rivier deur te loop en te kyk wat daar bine aangaan want die spore was baie baie min buiten die een wat ons opgetel het. Daar was verskeie katte en kon nie glo dat daar so min beweging is nie. Die omgewing was pragtig nes die bosveld kan wees en elke nou end an het on seen of ander dier raakgeloop en selfs die buffels wat in die middle van die rivier le om van die bosveld son af weg te kom. Donderdag het ons op n kat se spoor gekom wat ek dadelik besef het dat dit nie woensdag se Bles was nie maar n dier van n ander kleur, hierdie kat kon draaie maak en was mal daaroor om ongesien n rigting te vat sonder om enige pad te kruis. Hierdie demoon het ons rond gelei in een bloke n het ons klaar gehad teen die einde van die dag sonder om n oog op haar te le. Wat dinge verder bemoeilik het is dat van die paaie bedek was met gras en n man kon nie rerig se of sy daar uit was of nie. Ons het die normale proses gevolg en paaie na paaie gesleup, brunch geeet en paaie gesleep en verder paaie gesleep. Die gemoed was lag en die son was warm maar ek het geweet ons sal dit maak werk soos altyd maar was net nie seker hoe nie.
Vrydag was die laaste dag vir Stokkie aangesien werks verpligtinge hom terug geroep het en dit het nog n verdere uitdaging op ons pad gegooi. Bosveld maak nie bang kinders groot nie en het hom weereens bloed en baksteen gevat………van die rivier met buffels ,damme vol krokodille, seekoeie en bosluise wat elke geleentheid vat om n stukkie van jou vleis by te kom. So loop die tyd en ons vat rigting met die boom agter die cruiser na die koppe se kant toe, elke nou en dan maak ons seker dat n spoor nie dalk n kat se spoor is nie. Met een van so sessies word daar iets vreumd gewaar wat by die pad afgestap kom……wragties dis n katwyfie met n swart ding in haar mond en kan sien sy dra swaar. Manne en gidse gryp die nodige en is soos een man agter die enigste bos langs die pad in n oop grasveld. Nou hardloop dit deur n man se kop…..gaan sy nou die swart ding los en koppe toe vlieg of is ons gelukkig en sy het ons nog nie gewaar nie.
Geluk is aan ons kant en sy kom al hoe nader en nader. Ons sal egter moet nader kom want n 500 meter plus skoot is nie n skoot of die tipe jag waarmee ons nou besig is nie. Daar is net een manier en dit is op die kniee so lag as moontlik onder die ystergras wat in die wind waai. Asof ons in die weermag is is ons in een ry en elkeen se kop sak soos een man elke keer wat sy stop, as sy beweeg dan beweeg ons!! Die proses is sstadig en sy besluit uit die bloute uit dat sy draai na die kop se kant met haar swart gevaarte in haar mond. Ek glo almal het gewag dat sy hom neergooi en snol vir haar oorlewing maar geluk by die ongeluk wil sy hom nie laat gaan nie.
Sy kom tot stilstand net voor die laaste pad onder die koppe en sy begin rondkyk en draai maar sy hol nie. Die tyd is nou en Stokkei klim op die skietstokke maar die goed wil nie so lekker staan met die sand en gras kombinasie nie, dis n vinnige stoksiel allen gespartel die die roer kry sy le…. Met n redelike knal trap die groot geweer vas en jy kan hoor hy het haar n uitklop hou gegee maar sy sny n lyn koppe se kant toe en kry toe n twede uitklop hou wat haar toe neersit vir ewig. Bles het haar moses teegekom en le doodstil in die Steenbokpan se vlagte…..dis bladskit en fotos en gekyk na die stuk blesbok wat op die grond le. Dat die dier so met gemak die half gevrete karkas kan rond dra is verstommend om te sien en te beleef. Elke keer in die veld kan n man iets anders sien en beleef en jy moet maar net kyk en inneem.
Die eerste kat is plat maar ek moet nog my helfde klaar maak maar Stokkies moet huiswaarts skiet om die nodige werks verligtinge n ate kom. Met n swear hart word daar gegroet en goeie wense word gedeel maar die lug is donker blou en blitse is nie te ver nie. In my agterkop het ek die som gemaak dat die “demoon” my baba geword het want dit is verseker nie sy wat stille agter op die Cruiser se bak nie. So spring ons weg en gaan voort met paaie sleep met die hoop dat ons erens n kruis spoor kan optel. Nou gaan daar baie baie hard gejag word en soos gewoonlik as ons as span ons koppe kan neersit dan is daar min wat ons aandag kan aflei.
Ons tel die duiwel se spoor op en ons is op haar en dink by myself dat dit nie so maklik gaan wees met haar soos wat ek gedink het toe ek haar die eerste keer gesien het dinsdag skemer nie (sy het mos tog n mank poot)…Ghaa so wys murphy my weereens dat dit nie sommer net so is nie. Die is nie geblikte jag nie maar n kat op 1000 plus ha wat die omgewing baie goed ken. Die demoon lees my gedagtes en daar waar ek nie wil ingaan nie daar sal sy draai maak, oor die pad vlieg en in die Tambotie ruigtes in verdwyn. Die duiwel weet nou kom dit….daai plek is donder binne, ruig en geensins n plesier om in te beweeg nie. Gaan sal ons gaan of dit nou koppigheid is of jag instink wat inskop dit sal ek nie kan se nie.
Elke man maak gereed en kry sy kop reg soos ons die ruigtes in beweeg, die spoorsny gaan stadig want die demoon is dan op haar eie spore, dan draai sy om, dan is is op ons spore waar ons 5 minute terug was en so gaan dit vir urea an. Die donder in die verte breuk die stilte en soos die bosveld maak sak die storm op ons toe, ver van die voertuig en in die alreeds donker dieptes van die Tambotie…..ons kuil vir n ruk onder die takke en maak maar eder die gatskoon voertuig toe. Nat en negatief sit ons en maak die gewere droog by die lodge en gee elkeen n olie. Die reen stort neer en lyk nie of die dag verder son gaan he nie. Om en by 14h00 mak die lug so stuk stuk oop en beweeg weer stadig na die Cruiser maar gelukkig het ons die laaste merk gemaak waar ons opgehou het. Die bos is vars en ruik skoon en ons is gou weer op haar spoor en gaan bietjie makliker met die nat grond onder ons.
Sy het ons dalk die oggend uitoorle maar vir opgee is daar nie tyd in my lewe nie. Ons vat die spoor en volg oor deur die sirkels en ruigtes en op n stadium gee ek n tree oor n vark gat en alle hel breuk los…eerste ding wat deur my kop gaan is hoekom byt n leeu op die hake….. Ek dink ek het dit dalk op video ek sal nog loer maar daai varke kop uit met koppe wat swaai en na die tyd besef ek dat een van die jonger varke my moes raakslaan met sy tande, beide die roere is dadelik op hulle en moet eerlik wees…. Ek het my koud geskrik!!! Dis in die ruigtes op n demoon se spoor en alle nerwe is klaar. Ons het so bietjie gelag en met die spoor gesien dat die kat probeer het om hulle uit die gat te haal en die varke wou seker maar die keer seker maak dat sy n hou of drie kry.
So gaan dit aan en dis n gesukkel met spore en draaie, daai kat draai as sy n oop pad sien en neuk weer terug in die ruigtes in. Sy is in die rigting van n oper deel langs die Tambotie maar die gras is lank en sien nie veel spore nie, so stuk stuk is dit n gesoek en dan is ons weer op haar. Dis teen die tyd laat middag en ons kom by n gedeelte uit waar die spore weer moeilik raak, met die is daar n oorverdowende grom skaars 3 meter lank sons en jy sien nie kat nie maar takke en grasse wat verwoed uit die pad skuif, die oomblik was groot maar die demoon vat weer rigting……met die vlieg daar weer klomp wielneuese uit n gat reg voor die bos en vermoed hulel sennuwees het ook ingegee en besluit om te vlug. Uit die aard van die saak dag on shier is sy nou weer en ons beide staan en kyk oor die visiere hoe die varkies vlug van die gat in die lang grasse in. So kom die dag tot n end en raak te gevaarlik om verder haar en haar streke agterna te sit. Redelik seer en moeg vat ons die pad huistoe en besef more is my laaste dag en kans.
Saterdag –die dag het ons besluit ons spandeur maksimum tyd in die veld en sal kyk of ons haar omkant kan betrap, dit is hond warm en het n langbroek aan aangesien daar nie veel velle meer oor is om te beskerm teen die takke en dorings nie want die vorige dag het sy tol geeis.
Ons vat weer die spoor en sy is wragties weer in die Tamboties se donkerste dieptes in amper daar waar die bos haar geheul en al insluk. Ons is op die spoor maar weet dit is n vroee oggend spoor, heel per toeval sien ons n spoor aan die regterkant van die pad maar min besef ons da tons gedeelte van die spore gemis het die oggend en dood gesleep het. Dis n gesoek aan al vier kante van die spoor en loop kilos en kilos om iets op te tel maar daar is niks!!!! Uit desperaatheid loop ons oor n grasveld met ou droee bome met die hoop om iets te kry, my bene is rubber en kan voel ek is relatief stukkend, asof met n klein seining van bo kry ons n enkele spoor en toe nog een en nog een in die pad. Die kat het nou werklik die ruigte ruigste ruigste stuk bos gekies om in te black-sam maar ons glo die keer gaan ons haar kry waar sy slap aangesien dit op die hitte van die dag is. In daai ruigtes gaan dit stadig en die sekelbosse skeur die laaste stukke vel van my arms af, bosluise loop tot op my ore en die rug wil breuk van elke tien sekondes se buk en skuif deur die ruigtes. In die verte hoor ons n eetkoring en is redelik seker dis waar sy nou le en slap aangesien die man nogals baie omgekrap klink!!
Stadig skuif ons die bos deur en kom op haar leplek af, weggesteuk van die bos en enige moontlike oe en kan nie glo dat sy ons weer ore aansit nie (sy moes ons gehoor het). Ons vat die spoor met n diep sug en dit gaan nog stadiger……dis net die Tamboties en sy wet ons is daar, sy kruis nie n pad nie, sy loop sirkels en sirkels en sirkels en op ons spore en oor haar eie spore en dis senutergend en uitputtend en die ure loop. Ons het die oggend reeds met sonnop begin en nogsteed she tons nie die kat gewaar nie alhoewel die bos ons van haar in kennis gestel het deur middle van eetkorings en patryse. Die dag raak op en die lywe wil nie meer nie maar ons stoot voort. Daar is nie opgee nie en die vet tannie het nog nie gesing nie!!! So probeer ek myself oorreed!!!
Ons kry die idee om n stuk binnegoed wat al n lelike reuk opgedoen het te sleep en vir haar voor te le en sien dit as die enigste kans om haar vas te trap en uit haar roetine te kry maar waar doen n mens dit en waar is sy nou want die vet weet sy het weer soos mis voor die son verdwyn. Ons rug n rooibos stelasie op in die pad na ons gereken het die enigste moontlike plek waar sy dalk weer na toe mag terugkom is haar slaapplek wat sy deur die loop van die dag paar keer gebruik het met haar gedraai.
Net voor 16h00 na sy weer wegraak en glo oor n pad gegaan het gaan loer ons daar maar sy het letterlik weer gemik vir een kant en terug gedraai in dieselfde bos in. Net so neuk ons weer die ruigtes in maar die keer besluit ons de hel met dit….ons het net een plan en dis die sleep van die stinkgoed en sal haar moontlik naby kry. Die plan was om teen die boom n stuk vleis te hang (boom groei op 45 grade na die bos toe en weg van die pad af) want sy gaan mos nie in n pad nie en dan sal ons die derms deur die ruigtes in die algemene area van haar leplek sleep en maar hoop vir die beste.
Mense as jy nou benoude oomblikke in jou kop kry dink bietjie aan die prentjie……twee manne wat gewapen is loop in die ruigste strooi waaraan jy kan dink x10 met binnegoed wat jy as mens amper 100 meter ver kan ruik met die hoop om die demoon te kan uitoorle. Kan julle een ding belowe jy probeer vining loop en loor oor jou skouer en links en regs sover jy beweeg want waar is daai kat?
Ons kry ons sit agter die rooibos skuiling en besef daar dat die dubbel nou nie die beste keuse is vir n skoot in die laatmiddag/skemer op 70-80m nie maar dit sal moet doen. Ons kry ons sit en elke been en spier in ons lywe is in spanning na die wilde dag en voel of ek bietjie oe kan rus maar daarvoor is daar ook nie tyd nie. Letterlik binne 5 minute vandat ons ons sit kry sien ek die geel lyf skaars 30 meter voor ons uitkom maar dis meer van n vinnige twee tree lanks die pad en sy verdwyn weer, die gids (Werner) kry n ligte bevlieging langs my en wys mny daars sy daars sy. Ek kry hom tot ruste maar ek voel die demoon het my nou beut en ek begin n helse opgewondenheid beleef. Sy kom stadig uitgestap byna soos in n rolprent en sy maak haar bek oop asof om te proe of dit weld it is wat sy ruik, Werner se wag wees geduldig maar ek sien hoe sy weer soos n regte demoon in die flieks sal verdwyn en Ouboet my 470 se visiere suig agter haar blat vas…….sy staan 45 grade weg van my af maar met Ouboet se gedreun vlieg sy op en tol in die rondte en maak summies en met een beweging is ek van n sittende posisie oor die rooibos wegkruipplek en steek nog een deur die lyf soos sy oor die pad gaan. Manne ek kon nie my oe glo en dat alles soos n rolprent sal uitwerk nie……..die bloed en sweet was alles die moeite werd en letterlik 10 minute voor donker oorwin ons die demoon en stuur haar na n ewige plek van rus.
Baie opgewonde stap ons na haar toe maar nogals redelik versigtig maar da le sy n uitmintunde leeuwyfie met helder geel oranje hare en n lang lyf. Die twee tonnels sit in haar lyf maar sy is nog nie klaar nie, soos sy haar kop optel steek ek twee koele deur haar bors (genoeg is nou genoeg)!!! Die eerste skoot het sy doel gedien en sy sou nie opstaan nie maar toe daai kop lig kan ek sien hoe verdwyn die kat soos sy vele male gedoen het oor die jag. Sy is nou tot ruste gele en is asof daar n berg van ons skouers afval en die naggeluide begin die stilte na die skote breuk.
Hierdie was die grootste jag van my lewe en ek het my storie geskryf soos ek hom wil skryf…. Met harde werk kan jy enigiets regkry selfs die demoon van Olifantskop uitoorle!!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by JAGTERSREG-JRM on Tue Sep 10, 2024 11:48 am, edited 2 times in total.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Olifantskop se demoon
Fotos is te groot, ons kon net fotos in die Cruiser se ligte neem
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Olifantskop se demoon
Lekker Kobus!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Lekker Kobus, mooi storie en baie mooi kat daai!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Lekker gelees hieraan! Mooi geskryf Kobus!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Geluk mooi kat.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Great storie op kolle was ek saam jou daar. Baie geluk
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Baie geluk, dit is 'n besonderse mooi kat daai Kobus.
Dankie vir die lekker storie.
Dankie vir die lekker storie.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Dankie dit was n verskriklike uitdagende jag en dink nie ek kon vir beter vra nie. Die kat het my bietjie gebreuk maar net aanhou kop neersit en werk
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Lekker vertel Kobus, en dis n moewiese kat met nog n groter storie saam.
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
-
partner
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Dankie Kobus.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Baie geluk Kobus! Jy laat mens amper deel voel met hoe jy dit vertel!
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Kobus! Ons is jaloers. Baie mooi en hard jag is altyd lekker jag.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
As enige iemand so lekker wil leeu jag op voet in RSA moet julle begin plan maak hulle gaan dit een van die dae stop sit met te veel druk van die stupid groenes.
So doen jouself die guns dit is regtig 'n belewenis met die regte operateurs wat dit aanbied.
Ek gaan glad nie mind om weer so jag te doen nie.
So doen jouself die guns dit is regtig 'n belewenis met die regte operateurs wat dit aanbied.
Ek gaan glad nie mind om weer so jag te doen nie.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Dis verseker n kopseer daai, hulle sal oral hulle neuse indruk tot alles verdwyn. Feite van die saak is as n dier nie waarde het nie sal niemand hom aanhou nie en die diere se getalle sal verminder tot daar niks oor is nie. Ek sal solank dit fisies en finansieel moontlik is jag want dit dra by tot die bedryf asook die oorlewing van diere.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
Dankie Kobus ek het jou storie baie geniet. N kat het net n ander manier van deur die veld beweeg, hy is tussen die gras en bos waar n bok bo uitsteek.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Olifantskop se demoon-Leeujag
En n wyfie kan n black-sam wees ….sak haar kop en sy is weg in die gras waar n mannetjie se maanhare hom weggee. My opinie is n wyfie baie meer uitdagendThunderhead wrote: Wed Apr 05, 2023 7:41 pm Dankie Kobus ek het jou storie baie geniet. N kat het net n ander manier van deur die veld beweeg, hy is tussen die gras en bos waar n bok bo uitsteek.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za