Die Bosveld se blouwildes

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Die Bosveld se blouwildes

Post by Mellies »

Skillie maak `n datum vas by Kareespruit Lodge net buite Zeerust. Pryse is baie billik en dis skaars twee ure se ry vir ons in die Dopper-hemel, asook die manne vanuit Petoorsdorp. Met tyd groei die aanvanklike getal jagters van drie tot sewe met jagpelle wat wil saamkom.

Aangesien ou Silwer, my Remington 700 CDL-SF in 30-06 nog net een rooihartebees op sy kerfstok het besluit ek hy sal my vergesel op hierdie egte bosjag waaraan ek nie eintlik gewoond is nie. Vooraf het ek Silwer se dieet verander van 165gr ILBT na gewone 200gr Speers teen 2520 voete. Met geluk land beide ladings op presies dieselfde plek op 100m, dus geen verstelling tussen ladings nie.

Ook Skillie se 30-06 kry dieselfde Speers vir bosjag. Die 200gr bone land slegs 20mm laer op 100m vs die gewone jaglading van 165gr IL. Perfek vir die bos.

Halfpad na Zeerust stop ons vir `n paar snye van Blue Ribbon se beste met ham en snaaks tussen-in. Die spoel ons af met egte, swart, bitter boeretroos.

By Kareespruit laai ons af en wag in spanning vir die res. Manne wat na 10:00 arriveer is vooraf gewaarsku en is later die aand ook gestraf tydens ons hofsitting.
Rondom 12:00 kry ons kans om net roere te kyk op die skietbaan en is terug kamp toe aangesien dit nog baie warm en die veld op hierdie stadium leweloos is.

Teen 15:30 is almal gelaai oppad veld toe. By die eerste stop is dit Barend en ek wat saam met Jakob, die gids afklim. Sodra Jakob van die Cruiser afklim en die skietstokke vasvat verander sy hele liggaamshouding. Sy rug trek krom soos `n vraagteken en sy kop skuif heen en weer soos `n ou Epson printer van 1989 soos hy die veld deurgaan vir enige vorm van beweging.

My opdrag aan Jakob is, groooot blouwildebeesbul, groooooot rooibokram en `n ou modderbok. My budget wil nie klop om iets anders ook te skiet nie.

Dis WARM en volgens my nie lekker vir jag nie maar ons is nou hier. Die bos is ook besonder ruig na die goeie reen. Op plekke kan ons skaars `n meter of twee voor ons sien.

`n Trop blouwildes snork voor ons en laat waai na wes en Jakob vat spoor. Onder `n koelteboom wys ek vir Jakob die trop links van ons en sluip nader terwyl ons bak van bo en onder. Op 40m sê Jakob: ‘des `n grot bêl daai”. Ek staan relatief gemaklik oor die skietstokke, maar laat die bul met rus aangesien ek vas oortuig is dat daar ouer diere is. Jakob lyk nie baie beindruk met my besluit nie…

Op met `n rant en ons verras twee jong varkies tussen die bome wat wegdraf na `n veiliger omgewing. Dit is reeds donker met die Cruiser se flou geel liggies van agter en ons is terug kamp toe. Slegs Skillie is suksesvol op dag een en het `n groot blouwilkoei geskiet op kortafstand. Die 200gr Speer het presies gewerk soos beplan. Die ou tannie het met die skoot reg van voor op haar agterpote gestaan, gaan sit soos `n brak en toe omgeval.
Volgende oggend is almal nie ewe vroeg op nie en die agterosse word in die kooi agtergelaat. Ek debs om na die groot berg aan die noorde kant van die kamp te gaan omdat die digte bosse my frusteer. Ek wil sien wat voor my aangaan. Almal is af, elk met `n gids, en ek, Skillie en die eienaar is op met die berge waar ek die vorige middag `n trop bloues gewaar het met sononder.

Net voordat ons heelbo is met die klippad maak Danie die 4x4 se enjin dood en stap ons stadig die laaste bult uit. Gou sien ek die agterkant van `n blouwildebees langs `n bos. Hy proe rustig aan die laaste groen spuite saam met `n klein troppie blesbokke. Danie bevestig dit is `n netjies volwasse bul. Op 190m gaan lê ek plat en ruil die 200gr vir `n 165gr ILBT sodat ek die Leupold se CDS-funksie kan gebruik. Paar clicks op en ek is gereed. Soos gewoonlik is Skillie net agter my vir beeldmateriaal. Rustig verhoog ek die druk op die Trigger-tech se skoentjie terwyl die kruis net agter die blouwildebeesbul se blad rus aangesien hy effens quartering away staan. Met die skoot spat die blesbokke in alle rigtings. By bul vlieg weg, bergaf en storm omtrent reguit op ons af. Nie dat hy weet waar die skoot vandaan kom nie. Gereed vir `n opvolgskoot hou ek hom dop, maar 70 treë voor ons is sy poeier klaar en duik hy met mening in moeder aarde se boonste kors vas.

Intussen het Alwyn viinig na mekaar `n jong varkie en rooibokooi laat val met sy 25-06 en Manie kap `n groter blouwildebul met sy Sako A7 in 308 wat 168gr ELDMs met plesier spoeg. Soos verwag het die papierpunt nogal baie vleis gemors op relatiewe kort afstand.

Laat die middag hoor ons `n kleiner roertjie wat probeer saam praat en word almal nader geroep. Volgens Barend en die gids het die blouwildebees net in die rondte getol nadat die 110gr Interbond hom gekielie het en in die bosse verdwyn, te donker om spoor te vat.

Volgende oggend het ek `n baie klein spatsel bloed gekry waar die blouwildeding oor `n grondpad is en met behulp van die hondjies `n droë plas bloed gekry waar hy/sy die vorige nag gelê het. Die bloue hardloop seker vandag nog…dalk nie op aarde nie, maar waar dit baie groener is. Sonder om teveel uit te brei dink ek nie die 25-06 is die beste kaliber vir groter wild nie. Veral nie in die bos in die hande van onervaring nie.

Net voor middagete is Henco suksesvol met sy eerste en enigeste streepdonkie. Alhoewel hy ook met `n 30-06 jag het sy donkie ook `n opvolgskoot benodig.

Die laaste middag is ons rustig met van die manne wat ander verpligtinge in Gauteng het en reeds gery het…

Kareespruit sal my weer sien, maar ek sal hou by die bergatige gedeeltes wat my minder frustreer.

Met `n vleisie…
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Die Bosveld se blouwildes

Post by Mellies »

So paar pics...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Die Bosveld se blouwildes

Post by Mellies »

Nog een...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Die Bosveld se blouwildes

Post by Philip J »

Lekker Mellies

Mooi geskryf, soos altyd!

Ek het nou baie lekker gelag oor daai Epson.
In my geestesoog sien ek hom nog in my Ma se studeerkamertjie, met sy koppie wat heen en weer loop, as sy vir die kinders skoolwerk uitdruk. Ek kan my net indink hoe ou Jakob lyk as hy so soek.
Groetnis
Philip
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13513
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Die Bosveld se blouwildes

Post by Capt. Yoda »

Lekker Mellies, ek het self laas jaar n hele Saterdag na n man se 25-06 bwb gesoek.

n Epson printer en dial up internet terwyl jy in angs wag om n internet foto van Pamela te print voor jou Ma by die huis kom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2941
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Die Bosveld se blouwildes

Post by Lategan1 »

“Epson printer en dial up internet terwyl jy in angs wag om n internet foto van Pamela te print voor jou Ma by die huis kom”

:laugh: :laugh: :laugh: Size D of so iets.

Ek was al self in so situasie … die ou moes baie nek spasmas laatnag ontwikkel het.

Lekker storie Mellies.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2591
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Die Bosveld se blouwildes

Post by JohanvB »

Bitter mooi!!
Post Reply