Page 1 of 1

Springfontein 2023

Posted: Tue May 23, 2023 4:12 pm
by Gian_dP
Verlede Woensdag het 7 van ons die pad Graaff-Reinet toe aangepak. 3 van ons het al vantevore op Springfontein gejag, die ander 4 sou die pragtige plaas en gasvryheid vir die eerste keer ervaar.

Pad het lekker vinnig gegaan, en middagetetyd stop ons op die plaas. Gou gewere gaan check op baan, en toe is ons veld toe vir laatmiddag jagsessie. Wihan het paar weke gelede onder die mes deurgeloop en is nog in boot en semi op krukke, maar het vir niks teruggestaan nie.

Image

Image

Bennie kans gekry om sy eerste rooihartebees te jag. 300WM die bul vinnig platgetrek.

Image

Wihan is afgelaai om te kyk wat kom verby, 6.5CM het die jong blouwildebeesbul sy brieke vinnig laat vasskop.

Image

Ek en Flippie, die boer by wie ons gejag het, het troppie rooihartbeeste voorgelĂȘ. Hulle het rustig oor randjie aangestap gekom en ek kon die ou koei met my 375Ruger plattrek.

Image

Sy het amper reguit na my toe gestaan net onder 200m. Skoot is net voor linkerblad in, het die koeel onder die vel in die regterlies gevind. Sal later die 300gr Norma weeg.

Image

Die volgende dag is na een van die buurplase om springbokke en blesbokke voor te sit. Dag het vriesend koud begin, maar later warmer geword toe die son uitkom.

Image

Image

Vrydagoggend is ons bergkamp toe agter swartwildebeeste aan.

Wicus met sy Tikka 6.5

Image

Andre met sy Howa 6.5

Image

Wihan, ook met 6.5

Image

Die middag en Saterdagoggend is ons na ander kampe toe agter blouwildebeeste aan. Paar los springbokke, hartbees en n takbok ook saamgery terug koelkamer toe.

Image

Image

Oom Herman se BWB, Howa 6.5.

Image

Haldane se takbok met sy Sako 270

Image

Andre aka Nick White, met sy eerste rooihartbees.

Image

Tussen die jag deur het ons lekker ontspan en is tot in die grond in bederf deur Flippie en Liesl.

Image


Image

Image

Image


Was diep lekker! Kan nie wag vir volgende keer nie.

Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Springfontein 2023

Posted: Tue May 23, 2023 5:17 pm
by Capt. Yoda
Te lekker. Ek proe al daai springbok worsie

Re: Springfontein 2023

Posted: Tue May 23, 2023 9:16 pm
by JGZ
Ai jinne hoe mis ek dit om by Flippie op Springfontein te jag. Is die naweek daar verby Middelburg toe en het lelik heimwee gekry.

Re: Springfontein 2023

Posted: Wed May 24, 2023 5:39 am
by Mellies
Lekkerte!!

Met n vleisie...

Re: Springfontein 2023

Posted: Wed May 24, 2023 6:52 am
by ruaanb
Lekker manne!

Re: Springfontein 2023

Posted: Wed May 24, 2023 7:25 am
by Frederik
Netjies manne julle het mooi bymekaar gemaak.